Cornelis Broeksma

Nog 'n onbekende held uit ons verlede is Cornelis Boekstra. Gebore op 13 Augustus 1863 in Assen, Nederland. Hy gaan skool in Holland en immigreer na Suid-Afrika gedurende 1882 toe 19 jaar oud. In die Oranje Vrystaat werk hy as 'n klerk in die Bloemfonteinse kantoor van die staats prokureur. Hy leer regte en kwalifiseer in 1886. Hy verhuis na Dewetsdorp en begin sy eie prakryk. In 1891 trou hy met die sewentien jarige Francina Vionel. Hul eerste kind word in 1892 gebore.

In 1895 na die geboorte van hul tweede kond woon hulle in Pretoria, daarna verhuis hulle na Johannesburg. Teen hierdie tyd was hy Staats aanklaer. Broeksma was 'n Republikein en 'n groot Ghristen wat homself teen die gebruik van drank uitgespreek het.

Gedurende die Anglo Boere Oorlog hoor hy van die konsentrasie kampe en gaan besoek die kampe in en om Johannesburg. Hy maak notas van die sterfte syfers en stuur dit in kode vorm na koeranta in Londen via Amsterdam, maar dit beland in die hande van die Engelse.

Hy word gearresteer en van hoogverraaad aangekla. Kitchener het aangedring dat hy in die publiek terreggestel word en Broekstra sterf voor 'n vuurpelleton by die Fort in Johannesburg op 30 September 1901. Hy word daar begrawe maar sy graf is op Nederlandse versoek opgegrou en hy is in die Braamfonteinse grafplaas begrawe.

 

   

 

Sarie Marais.Com Tuis
Forum
Kontak Ons
Tuis
Die Begin
Groot Trek
Eerste Vryheids Oorlog
Tweede Vryheids Oorlog
Veldslae
Konsentrasie Kampe
Boere Generaals
Boere Helde
Fotos
Klank en video
Vlae
Nog Intrerresante feite