Teken asb ons gasteboek


Geskiedenis - Webblad

Die webblad www.sariemarais.com het op 19 Julie 2004 die lig gesien.

Ons gesels Forum begin op 12 Julie 2004

Radio Sarie kan op 23 Desember 2004 die eerste keer gehoor word. Die lewendige uitsendings het 28 Desember 2004 begin.

Eerste lied vir SM geskryf op 26 Februarie 2005.

Op 19 Maart 2005 het ons die mylpaal bereik om die grootste en besigste expat gesels forum te wees.

Op 10 Augustes 2006 bereik ons die 350 000 ste pos op die forums en het 400 gerigestreerde lede.

Gedurende 2007 het die forum te groot geword om alleen te hanteer en het ek besluit om die forum bestuur aan iemand anders te oorhandig, Dit het ongelukkig nie die resultaat gehad wat ek verwag het nie en die forum is gestaak. Gedurende Oktober 2007 het ons 'n nuwe forum loods. Kom gesels gerus daar saam.

Geskiedenis - Radio Sarie

Radio Sarie kan op 23 Desember 2004 die eerste keer gehoor word. Die lewendige uitsendings het 28 Desember 2004 begin.

Ek het n hele paar jaar gelede Radio Sarie begin as deel van die Sarie Marais.Com webblad. Die radio was n groot sukses, maar ek het te besig geraak om dit te bestuur en het die radio oorgegee aan iemand anders om daarmee te maak soos hulle goeddink. Ek is bly en trots om te kan se hulle het baie goed gedoen,maar tragedie het veroorsaak dat hulle die radio moes staak. Ek hou egter van die formaat wat ek gebruik het op Radio Sarie en ek voel ook dat daar baie mense is wat graag hulle stokperdtjies is idees met ander wil deel. Daarom het ek Radio Sarie weer begin. Ons saai uit vanaf Engeland,maar dit maak nie saak waar jy is nie jy is welkom on deel te wees en jou eie program te begin. Dit is ons doel om ons Suid Afrikaanse kunstenaars en hoofsaaklik Afrikaanse kunstenaars te bevorder. Dit terwyl ons nie ons velede vergeet nie. Ons speellys bevat ook heelwat ou musiek. Radio Sarie is n tweetalige radio stasie. Die rede daarvoor is eenvoudig. Baie van ons is met Engels sprekende persone getroud, so waarom sal ons hulle wil uitsluit? Sit terug en luister of kom gesels op Faceboek en wees deel van ons. Kom gesels ook saam op ONS FORUM

Susara Margaretha (Sarie) Maré
Die eerste dogter van Jacob Philippus Maré en Cornelia Susanna Jacoba Erasmus was Susara Margaretha. Sy is op die plaas Eendraght, Suikerbosrand, distrik Heidelberg, gebore op 15 April 1869. Haar pa was Jacob Maré, wat later 'n lid van die uitvoerende raad van die Transvaal geword en na wie 'n straat in Pretoria genoem is.

Hierdie is dié Sarie Marais (eintlik Maré) wat in die wyk van die Mooirivier gewoon het, ook bekend as Tant Mossie, volgens die SA biblioteek se katalogus-inskrywing AP.1998-227.

Haar ouers was Voortrekkers, en het hulle in die omgewing van die Suikerbosrand gevestig. Die dorpie Heidelberg het toe nog nie bestaan nie. Die grootste konsentrasie Voortrekkers het hulle in die wyk Mooirivier bevind, waar die dorp Potchefstroom aangelê is.

In hierdie tyd was daar vyf wyke in Transvaal:

Mooirivier (Potchefstroom)
Magaliesburg (Rustenburg)
Marico (Zeerust)
Ohrigstad
Zoutpansberg (Pietersburg).
Suikerbosrand was in die wyk van Mooirivier geleë, wat gestrek het vanaf Potchefstroom tot die huidige Wolmaransstad en Makwassie.

Toe sy 16 jaar oud was, het sy vir Jacobus Petrus Toerien, 'n verslaggewer van Di Patriot van die Paarl, ontmoet. (Hy was toe in Pretoria om 'n onderhoud met haar pa te voer). Hy het onder die skuilnaam Jepete in "Ons Kleintje" geskrywe in sy hoedanigheid as subredakteur van "Di Patriot". Hulle is getroud en het 16 kinders gehad, van wie net 8 grootgeword het.

Hy het by Amerikaners wat in Transvaalse myne gewerk het die liedjie Sweet Ellie Rhee gehoor, wat sy oorsprong in die Amerikaanse Burgeroorlog gehad het en deur Septimus Winner (Alice Hawthorne) geskryf is. In die tydperk tussen die Eerste en Tweede Vryheidsoorloë het Jepete die woorde vertaal en só sy vrou, Sarie Maré, verewig. Die lied het ook nie aanvanklik al die versies en presies dieselfde woorde gehad het as wat ons vandag ken nie. Maré het later weens 'n drukfout Marais geword.

Die nuwe liedboek Kommandeer, Kommandeer wil dit egter hê dat nie een van die twee waar kan wees nie omdat die liedjie Sarie Marais lank voor enige een van hulle gebore was reeds gesing is ( in Afrikaans) Sal die datum vir jou deurgee, my boek lê nou by die ateljee

Teen 1899 was Sarie Marais reeds 'n treffer in Pretoria. In die Anglo-Boereoorlog het dit nie net gewild by die Boeremag geword nie, maar ook by ander soldate. Dit het later wêreldbekend geword omdat duisende Suid-Afrikaanse soldate dit in die Eerste en Tweede Wêreldoorlog gesing het.
Die gewildheid het het só gegroei dat die Britse Royal Marines dit as regimentsmars aangeneem het. Hul opleidingskip heet ook Sarie Marais. Dit is ook die regimentsmars van Paraguay se seinerskorps.
Die eerste Suid-Afrikaanse seiljag se naam was ook Sarie Marais en duisende besoekers het al in die Durban-hawe op die Sarie Marais-plesierboot gevaar.
Die eerste Suid-Afrikaanse rolprent se naam was Sarie Marais. Sarie, sustertydskrif van Die Volksblad, heet ook na haar. Tot hotels en woonstelblokke is na haar genoem.
Op die eerste internasionale radio-uitsending tussen Suid-Afrika, Brittanje en Amerika op die verjaardag van mev. Isie Smuts, vrou van die destydse premier, generaal Jan Smuts, het die sangeres Gracie Fields Sarie Marais gesing.
In die Tweede Wêreldoorlog het 'n buitestasie van soldate in Noord-Afrika die naam "Sarie Marais Calling" gehad.
Die Suid-Afrikaanse weermag is steeds lief om die mars op parades te speel, terwyl die Franse Vreemdelinge-legioen dit ook gebruik.
Dit is ook die amptelike lied van die Girl Guides in Sri Lanka (Ceylon) wat dit aan die begin van die vorige eeu by die Boerekrygsgevangenes daar gehoor het.
In die jare dertig van die vorige eeu is dit verkeerdelik op die Olimpiese Spele in Amerika as Suid-Afrika se amptelike volkslied gespeel.
Duitsers het 'n pienk roos met die naam Sarie Marais gekweek, waarvan voor die Pantserskool in Tempe, Bloemfontein, geplant is.

Sarie Marais Roos en haar graf

Sarie Marais

My Sarie Marais is so ver van my af
En ek hoop om haar weer te sien
Sy het in die wyk van die Mooirivier gewoon,
Nog voor die oorlog het begin

KOOR

O bring my terug na die ou Transvaal
Daar waar my Sarie woon
Daar onder in die mielies by die groen doringboom
Daar woon my Sarie Marais

Ek was tog so bang dat die Kakies my sou vang,
En ver oor die see sou stuur
Toe vlug ek na die kant van die Upingtonse strand,
Daaronder by die Grootrivier 

Verlossing het gekom en die huistoegaan was daar
Terug na die ou Tranvaal
My lieflingspersoon sal seker ook daar wees
Om my met 'n kus te beloon

 

Geskiedenis - BOERE

Afrikaner of Boer - Die Begin - Groot Trek - Eerste Vryheidsoorlog - Tweede Vryheidsoorlog - Veldslae - Konsentrsiekampe - Boere Generaals - Boere Helde - Foto's - Klank en Video - Vlae - Nog Feite

Afrikaner of Boer

lhoewel ek sover my kennis strek korrek is met my stellings / feite is daar wel 'n moontlikheid dat ek verkeerd kan wees, indien so, of indien u iets het wat kan bydra tot die ontwikkeling van hierdie webblad kontak my asb.

Hierdie deel van die webblad gaan oor ons geskiedenis, ons soos in die Boere Volk. Dit beslaan slegs 'n klein deel daarvan, maar ek hoop u vind dit van nut.

Wie is die Afrikaners?

Deur H Labuschagne
Noem vandag die woord "Afrikaner" in enige land in die wêreld, en die kanse is goed dat 99% van die aarde se inwoners nie mooi sal weet waarvan mens praat nie – en dit mag ‘n groot persentasie Afrikaners self insluit!

In oorsese lande, neem baie mense onmiddelik aan dat "Afrikaner" verwys na die swart mense van Afrika – omtrent soos "Mexikaan" verwyse na iemand wat in Mexico woon. Noem die woord in Suid-Afrika, en baie liberaal-denkendes sal die woord met "rassis" vereenselwig – of andersins dan, bloot met iemand wat die taal "Afrikaans" praat. Maar tog sal nie een van hierdie antwoorde korrek wees nie. Selfs Afrikaners stry oor presies wie en wat ‘n regte Afrikaner is. Om die antwoord op hierdie vraag te vind, mag dit dalk nuttig wees om vir ‘n oomblik terug te kyk na die geskiedenis van die mense wat vandag oor die algemeen as "Afrikaners" beskou word."

Afrikaners in die sewentiende eeu

Die vroegste grondlegger van die Afrikaner nasie, was ‘n Nederlandse mediese dokter, genaamd kommandeur Jan van Riebeeck. In die jaar 1652, het Van Riebeeck opdrag ontvang om ‘n halfweg-stasie by die Kaap van Goeie Hoop te stig, aan die suidpunt van Afrika. Die gedagte was om ‘n voorrade basis daar te stel vir die enorme vloot Nederlandse skepe wat op daardie stadium die belangrike handelsroete om die Kaap na die Ooste, gemonopoliseer het. Saam met Van Riebeeck het ‘n aantal Nederlandse werknemers gekom in diens van die Hollands-Oos-Indiese Kompanjie. Baie van hierdie persone sou nooit weer na Nederland toe terugkeer nie, en hulle vorm vandag die vroegste stamvaders van wat later die Afrikaner volk sou word.

Met verloop van tyd, het die "Kaap de Goede Hoop," soos dit toe bekend gestaan het, gegroei totdat dit ‘n besonderse belangrike strategiese kol op die wêreldkaart uitgemaak het. Daar was ‘n voortdurende toestroming van Nederlandse burgers na die Kaap, en soos getalle uitgebrei het, het hierdie vroeë koloniste geleidelik al dieper die binneland in begin trek op soek na lewensruimte en bewerkbare landbougrond. Later is na hierdie binnelanders as "Vryburgers" verwys, aangesien hulle geleidelik vry geraak het van Nederlandse beheer. Indien hierdie normale uitbreiding ongestoord voortgegaan het, sou mens seker kon verwag dat die "Afrikaner" van vandag, ‘n betreklik suiwer Nederlandssprekende sou gewees het. Aardskuddende wêreldgebeure sou egter spoedig anders bepaal...

Koms van die Franse Hugenote

In 1685 gebeur daar egter iets wat die wêreldgeskiedenis dramaties sou beïnvloed. Die wel-bekende Edik van Nates word in Frankryk herroep, en oornag verdwyn die geloofsvryheid wat sedert 1598 deur Hendrik van Navarre gewaarborg was. Na dekades van relatiewe vrede word Protestantse Franse regoor Frankryk skielik deur die Katolieke meerderheid gejag, gemartel, van skole en besighede verbied en op groot skaal verdruk en vervolg. Hoewel die Protestantse burgers in die minderheid was, het ongeveer twee derdes van die land se aristokrasie aan die Protestantse geloof behoort. Ten spyte daarvan dat dit onwettig was om die land te probeer verlaat, het ‘n enorme golf van emigrasie skielik gevolg. Tot-en-met die draai van die eeu, is daar bereken dat Frankryk ‘n miljoen van sy beste burgers sou verloor. Reuse getalle het gevlug na ander lande in die vry wêreld – onder andere na Amerika, Duitsland, Brittanje en Nederland, en uiteindelik na die groen berge van die Kaap van Goeie Hoop.

In Nederland het omtrent 75,000 tot 100,000 Franse vlugtelinge, oftewel Hugenote, aangekom. In Nederland was hulle gulhartig ontvang, maar die groot invloei van vreemdelinge het die land wel onder druk geplaas. In die Kaap van Goeie Hoop was daar egter op daardie stadium ‘n tekort aan koloniste. Veral geskoolde koloniste wat oor waardevolle kundigheid beskik het. Dit is hier waar die Franse Hugenote skielik as ‘n bestiering beskou is, aangesien baie Franse vlugtelinge van die Franse wynbou streke afkomstig was. Baie was goed opgevoed en het oor ervaring en kennis beskik wat in die Kaap brood nodig was – veral aangesien die nuwe goewerneur, Simon van der Stel, erg begerig was om ‘n wynbou kultuur in die nuwe Nederlandse kolonie te vestig.

Die golf Franse Hugenote wat uit-eindelik na die Kaap gestuur was, het Van der Stel nie teleurgestel nie. Die nuwe koloniste het spoedig die Nederlandse sukkelende wynbedryf in ‘n sukses verander en ‘n nuwe klimaat van kultuur en voorspoed na die Kaap gebring. Van Suid-Afrika se prominentste en beroemde familiename het onder die Franse Hugenote hul oorsprong gehad. Name soos Marais, De Villiers, Joubert, Retief, Le Roux en Rousseau sou oor die komende eeue onveranderd bly. Ander sou met verloop van tyd egter verander word na ‘n meer Nederlandse spelling en uitspraak. So bv., sou Cronier verander na Cronjé, en Jourdaan sou Jordaan word, terwyl Pinard, Pienaar geword het, en Villon, Viljoen.

Hoewel daar aanvanklik konflik tussen die Franse emigrante en die Nederlandse owerhede was, het die Franse Hugenote en Nederlandse onderdane goed klaargekom. Aangesien beide groepe dieselfde geloof en grondstreke gedeel het, het integrasie maklik en gou plaasgevind. Teen die agtiende eeu reeds, het die Fransman Le Vaillant, opgemerk dat die Franse karakter al grootliks uit die Kaapse samelewing verdwyn het.

Britse okkupasie en vreemde invloed

Die Franse invloed het egter nie heeltemal verdwyn nie. Hoewel almal aan die Kaap Nederlands gepraat het, was die taal self al reeds besig om te verander. Die Franse invloed op die taal was merkbaar, terwyl woorde, idiome en uitdrukkings van ander inheemse tale hier-en-daar ook geleen en in die taal geïntegreer is. Die woord "gogga" is bv. ‘n ou Hottentot woord wat na enige tipe insek of kruipende gedierte verwys, en het spoedig deel van die nuwe spreekvorm geword. Teen hierdie tyd het die eens magtige Nederlandse teenwoordigheid op die wêreldtoneel egter gaandeweg begin verswak en toe verkrummel. Brittanje was gou om die Kaap se strategiese waarde in wêreldhandel te besef, en dit was nie lank nie, of die Kaap de Goede Hoop is ingelyf by die nuwe, groeiende Britse Ryk. Daar sou twee Britse okkupasies volg aan die Kaap terwyl Europa in vlamme sou opgaan tydens die Napoleontiese oorloë. Vanaf 1795 tot 1803 het Brittanje die bewind aan die Kaap oorgeneem. Vanaf 1803 tot 1806 was die Kaap onder die bewind van die Bataafse Republiek, en vanaf 1806 tot 1814, was die Kaap weer in Britse hande.

Die 1820 setlaars

Onder elke tydperk van Britse bewind, sou die Britse invloed in die Kaap al sterker word. Groot getalle Britse koloniste is ingevoer na die Kaap om in die staatsdiens werksaam te wees. Die grootste toestroming, was natuurlik die wel-bekende groot invloei van Britse Setlaars in 1820. Na afloop van die ontwrigting van die Napoleontiese oorloë, het grootskaalse werkloosheid in Engeland geheers. Daar is toe besluit om 1,000 Britse gesinne vanaf Engeland na die Kaap te verplaas, en uit-eindelik sou 1,000 mans en 3,000 vroue wel in die Oos-Kaap aanland. Hierdie koloniste was bedoel om ‘n buffer te vorm tussen die veglustige inheemse swart stamme van die binneland, en die Kaapse koloniste. Daar het egter spoedig ‘n redelike vermenging van Britse koloniste en Nederlands-Franse inwoners van die Kaap plaasgevind. Weereens het die Engelse teenwoordigheid ‘n subtiele, maar sigbare merk op die taal en kultuur van die inwoners gelaat.

Teen die 1830's was die taal wat in die volksmond aan die Kaap gepraat was, lank nie meer dieselfde as ware Nederlands nie. Die nuwe dialek wat intussen so informeel gebore was, was dikwels sommer spottenderwyse "Kombuis-Hollands" of "Kitchen-Dutch" genoem. Hoewel die spreektaal nou "Kombuis-Hollands" was, het die geskrewe woord steeds opregte Nederlands gebly. Onder die nuwe Britse bewind was daar was egter grootskaalse onrus gewees in die Kaap en die Britse setlaars, sowel as die ou Kaapse inwoners het ‘n stormagtige tydperk van oorlog, moord en verwoesting beleef.

Die Groot Trek Begin

‘n Hele reeks bloedige grensgevegte teen die aanliggende stamme het gevolg, en regdeur hierdie tydperk het die Kaapse inwoners gevoel dat daar op gruwelike wyse teen hulle gediskrimineer was deur die Britse owerhede. Gemoedere het dikwels opgevlam, sodat daar teen 1836 reeds ‘n groot aantal koloniste was wat al dieper die binneland ingetrek het om van Britse oorheersing vry te kom. Die probleem was egter dat die Britse owerhede telkens die Kaap se grens aangeskuif het om die koloniste weereens in te sluk. Dit het uiteindelik daartoe aanleiding gegee dat die koloniste die situasie nie langer kon duld nie. Tussen die jare 1836 tot 1840 het ‘n enorme volksverhuising skielik plaasgevind. Gedurende hierdie tydperk sou ongeveer 15,000 Kaapse inwoners hul waens pak en die wilde, onbekende binneland van Afrika binnetrek om vir hulself ‘n heenkome te gaan vind wat so ver weg van Britse oorheersing sal wees as moontlik. Sedert hierdie tydperk is daar na die verhuisende Kapenaars as "Boere" of "Voortrekkers" verwys, en na die volksverhuising self as "Die Groot Trek."

Die binneland van Afrika was ‘n wonderbaarlike wêreld vol wrede woestheid, onbeskryflike skoonheid, baarbaarse wreedheid, en ongekende oorvloed. Op die vlaktes van die sentrale binneland het die Voortekkers wilds-migrasies van miljoene der miljoene diere gevind. Verstom het die Voortrekkers gestaan en kyk na troppe wild wat vir drie dae lank van horison tot horison gestrek het. Die Voortrekker het die binneland ‘n uiters vreemde plek gevind. Sedert die draai van die eeu het ‘n reeks verwoestende stam-oorloë onder die swart inwoners van die land gewoed soos nog nooit tevore in die geskiedenis van Suider-Afrika nie. Onder veral die wrede heerskappy van die Zulu koning Shaka, en ook Dingane en Mzilikazi is die laaste van die oorspronklike steentydperk se volkere finaal uitgewis. Daarna het die Nguni stamme mekaar uitgemoor op ongekende skaal. Shaka self het ‘n totale "verskroeide aarde" beleid gevolg, waartydens enorme gedeeltes van die Suider-Afrikaanse binneland totaal ontvolk is. Duisende en tien duisende Nguni mense is uitgemoor en hulle nedersettings is in die grond in verbrand. Reuse gebiede op die suidelike Hoëveld, Transvaal en Natal is heeltemal skoongemaak van inheemse stamme. Die enkele klein groepies oorlewendes het in baie gevalle in vrees geleef en ‘n mensvreters-bestaan in die onherbergsame berg-streke gevoer. Voor hulle het die Voortrekkers slegs oop vlaktes gevind sonder teken van menslike inwoners. Die Voortrekker leiers het in enkele gevalle gemeld dat hulle slegs af-en-toe lank-verlate krale gevind het waarin slegs die as en beendere van die land se vroeëre volkere hulle begroet het. Die Voortrekkers het nooit werklik besef hoe enorm die skaal en omvang van hierdie moordproses was nie. Die plaaslike stamme sou later na hierdie tydperk wat minstens twee dekades geduur het, verwys as die Difeqane of Mfecane – die "gedwonge verhuising" of "verplettering in totale oorlog." Tydens hierdie proses sou ganse nasies die terrein van Suid-Afrika in geheel verlaat en baie van hulle sou uit-eindelik hulleself hervestig tot sover as Sentraal- en Oos-Afrika, waar hulle nasate vandag nog woon.

Alhoewel die binneland van Suid-Afrika dus grootliks ontvolk en onbewoon was, was die Voortrekkers nogtans versigtig om die magtige bewindhebbende plaaslike swart stamme se grondgebied te vermy. Hulle het veral probeer om slegs deur die leë, oop streke trek, maar nogtans het etlike bloedige gevegte gevolg soos die bewindhebbende Nguni volkere met die Voortrekkers gebots het. Die Voortrekkers was herhaaldelik aangeval, maar ten spyte van reusagtige oormagte was hulle tog meerendeels in staat om hulleself suksesvol te verweer. Die Voortrekkers het uiteindelik verdeel in verskeie streke en hulleself gevestig as suksesvolle landbouers. Vrede sou egter nie vir ewig duur nie.

Boere verloor nogmaals hul grondgebied

Nie lank na die Groot Trek nie, is steenkool in die Boere se Republiek van Natalia ontdek. Gevolglik het die Britse owerhede Natal geannekseer. ‘n Kort veldslag het gevolg, en uit-eindelik is die Boere oortuigend verslaan deur ‘n sterk Britse mag. Vir die tweede keer het baie Boere hul waens gepak om nogmaals te trek – dieper die binneland in. Die gees van verset en koppigheid wat later so kenmerkend van die Boerenasie sou word, was toe al te bespeur toe die Boere vroue luid verklaar het dat hulle eerder "kaalvoet en sonder hoed oor die Drakensberge sal trek" as om weer onder Britse vlag te staan. Weliswaar het ‘n gedeelte van die Boere in Natal agtergebly, maar die meerderheid het ‘n tweede Groot Trek aangepak.

Op die vlaktes van die Oranje-Vrystaat en die nuwe Zuid-Afrikaansche Republiek (algemeen bekend as "Transvaal") sou die Boere ongehinderd voortleef as landbouers totdat daar in die vroeë 1870's diamante in die Vrystaat, en goud in die Transvaal ontdek is. ‘n Toestroming van buitelandse fortuinsoekers het gevolg. Eers het die Kaap sy eie grense uitgebrei om die nuwe diamantvelde van Kimberly in te sluk, en toe, in 1877 word die Transvaal deur Brittanje ge-annekseer. Vier jaar later het die Boere egter weereens die jeuk van Britse oorheersing eenvoudig te veel gevind, en breek die Eerste Anglo-Boereoorlog uit. Tydens vedslae soos dié by Skuinshoogte en Majuba is die Britse leër deur die Boere kommandos verslaan, en uiteindelik is daar in 1881 teësinnig selfbeskikking aan die Boere toegestaan.

Die volgende moeilikheid het egter gekom toe daar in 1886 die grootste goudreserwes in die wêreld ontdek is in Johannesburg, Transvaal. Die ou Boere was hoegenaamd nie verbaas toe daar weer oorlog uitgebreek het in 1899 nie. Hierdie keer sou die Tweede Anglo-Boereoolog duur tot 1902, en sou die Boere nasie as ‘n volk ‘n reuse slag toegedien word waarvan hy eers dekades later volledig sou herstel. Dit was ook nie ‘n wonder nie, want teen hierdie tyd was Brittanje die grootste en magtigste Ryk in die geskiedenis van die wêreld. Die Transvaal en die Oranje-Vrystaatse republieke was twee van die kleinste en swakste nasies op aarde, en nogtans het hulle bereid gestaan om alleen in ‘n oorlog uit te vaar teen die grootste ryk in wêreldgeskiedenis. Hierdie oorlog was die bitterste wat nog ooit tussen blanke volke in Afrika geveg was, en hoewel die Boere ‘n besonderse eervolle militêre rekord nagelaat het, sou die enorme oormag hulle nogtans breek. Die Tweede Anglo-Boereoorlog was in baie opsigte ‘n besonderse bittere en harde oorlog wat die wêreld se geskiedenis sou verander. Hierdie oorlog wat almal verwag het sou minder as drie maande duur, het drie jaar geneem voor die Boere se hardnekkige teëstand verbreek was. Selfs dan, was dit nie voordat die Transvaal en Vrystaatse Boere ongeveer 38 persent van hulle bevolking verloor het in militêre aksie en die Britse konsentrasiekampe nie. Vir Brittanje sou dit die duurste oorlog wees sedert 1815 – duurder as selfs die Napoleontiese oorloë en die Krim-oorlog! ‘n Oorwinning teen ‘n enorme koste van 200 miljoen pond, wat die Britse staatskas tot op die bodem gedreineer het, en wat 22,000 Britse menselewens uit ‘n totaal van byna ‘n half miljoen sou kos.

Met die einde van Tweede Anglo-Boereoorlog in Mei 1902, het die nasie wat aan die wêreld bloot as "Boere" bekend was, se naam finaal en klaarblyklik spontaan verander. Van daardie tyd af, was die Boere volk bekend as "Afrikaners."

Ekonomiese en nasionale her-opbou, en Uniewording

Die na-oorlogse tydperk was besonder moeilik vir die Afrikaners. Met die meerderheid plase en klein dorpies op die Transvaalse en Vrystaatse platteland totaal verwoes, was die Afrikanervolk in relatiewe armoede gedompel. Maar onder leiding van hul oorlogtydse leiers soos generaals Louis Botha en Jan Smuts, het die verpletterde nasie vinnig weer begin opgang maak. In 1906 en 1907 is aan die Transvaal en Vrystaat "Verantwoordelike Selfbestuur" toegestaan, en dit was spoedig duidelik dat die Afrikaner-politieke leiers besig was om die politieke inisiatief in die land oor te neem. Onder nie nuwe Britse administrasie, is die vier provinsies van Suid-Afrika uiteindelik verenig as "Die Unie van Suid-Afrika." As leier van die Afrikaners van Suid-Afrika het die beroemde generaal Louis Botha verkies om ‘n beleid van "versoening" na te streef met sy voormalige vyande. Hierdie beleidsrigting was sodanig effektief, dat hy spoedig ‘n aansienlik Britse ondersteuning ook sou geniet.

Maar te midde van al hierdie politieke groei en ontwikkeling, was daar al reeds krake sigbaar in Afrikanergeledere. Daar was ‘n groeiende element wat nie Louis Botha se "versoenings" beleid wou navolg nie, en wat gevoel het dat Botha en sy volgelinge te na aan hul voormalige vyande begin beweeg. Tydens die Eerste- en Tweede Wêreldoorloë van 1914-1918 en 1930-1945 respektiewelik, het hierdie verdeeldheid verder gegroei. Veral toe Botha se regering aangekondig het dat Suid-Afrika die Britse Ryk sou steun in sy stryd teen Duitsland en die Spilmoondhede. Tydens die Eerste Wêreldoorlog het ‘n Afrikaner rebellie uitgebreek onder leiding van etlike belangrike Boere leiers wat verkies het om Duitsland te steun, en die geleentheid te gebruik om te veg vir hulle onafhanklikheid vanaf Groot Brittanje. Hierdie rebellie is egter geweldadiglik deur die Uniemagte onderdruk en uitgewis. Die Afrikaner Rebellie sou spore van verdeeldheid in Afrikaner midde laat wat nog vir dekades sou voortduur, want dit was vir alle praktiese doeleindes niks anders nie as ‘n kort, maar bitter burgeroorlog.

Tydens die na-oorlogse jare het tydperke van droogte en ekonomiese swaarkry gevolg, en terselfdertyd het die Afrikaner as politieke wese stelselmatig al meer met ‘n ontwakende swart politieke bewuswording begin bots. ‘n Tydperk van ontwakende Afrikaner nasionalisme het in 1938 begin, en die Afrikaner se dominering van die politieke terrein in Suid-Afrika het voortgegaan totdat ‘n groot dag in 1961 aangebreek het. Minder as sestig jaar na die verlies van sy politieke vryheid, het die Afrikaner weer die politieke teuels in Suid-Afrika oorgeneem toe die land volle politieke onafhanklikheid van Groot Brittanje ontvang het. Sedert hierdie datum sou die Republiek van Suid-Afrika ‘n vrye en outonome land wees. Onder die nuut-verkose Nasionale Party, het die nuwe geslag Afrikaner leiers voortgegaan om die na-oorlogse bloeitydperk ten volle te benut. Die land se infrastruktuur is opgebou en ontwikkel totdat Suid-Afrika tereg beskou kon word as ‘n model van sukses in Afrika. Tesame hiermee, het daar egter voortdurend rooi ligte geflikker. Daar was voortdurend moeilikheid aan die broei, wat voortgespruit het uit die beleid van Aparte ontwikkeling, wat die Nasionale Party nagestreef het. Steeds-ontwakende swart politieke bewuswording het al groter probleme in die land veroorsaak. Stelselmatig het Suid-Afrika as ‘n geheel onder enorme wêrelddruk gekom vir die afskaffing van sy beleid van "Apartheid." ‘n Tydperk van relatiewe ekonomiese en politieke isolasie het gevolg toe die meeste lande van die wêreld uit protes, handels- en politieke sanksies teen die land ingestel het.

Die einde van Afrikaner heerskappy

Die einde van hierdie era het in 1994 aangebreek, toe die land sy eerste totaal gelyke politieke verkiesing gehou het. Vir die eerste keer in dekades is die Afrikaner se ferme politieke houvas op die land finaal verbreek toe die swart meerderheid kiesers die Nasionale Party beslissend verslaan het in ‘n algemene verkiesing. In die jare sedert die 1994 het dit duidelik geword dat die spore van verdeeldheid wat lank reeds in Afrikaner midde bestaan het, steeds teenwoordig is. In die ná-Apartheidse Suid-Afrika, vorm Afrikaners nou ‘n relatiewe klein minderheidsgroep, hoewel hulle nog ‘n taamlike sterk greep op die land se ekonomie behou. As ‘n politieke instrument, is dit ook duidelik dat die Afrikaner homself tans relatief leierloos bevind, en dat Afrikaner kieser vir die eerste keer op merkbare groot skaal sy lojaliteit aan ander politieke groepe toesê.

Quo vadis, Suid-Afrika?

In ‘n land wat gepla word deur toenemende armoede, verval van infrastruktuur, enorme korrupsie en misdaad, is die vraag wat op die lippe is van die moderne Afrikaner, ‘n ou een. Dit is dieselfde vraag wat herhaaldelik deur ‘n verslae volk gevra was na die Anglo-Boereoorlog. Dieselfde vraag wat homself telke male daarna herhaal het. Die vraag wat Afrikaners hulself vra is: Quo vadis? – Waarheen nou? Die Afrikaners van vandag besef dat die tyd van ‘n "Groot Trek" vir hulle as ‘n volk finaal verby is. Vir die eerste keer ooit, is daar vir die Afrikaner geen ander keuse as om vas te staan en die bedreigings wat hom in die gesig staar, vierkantig aan te gryp nie. Die Afrikaner van vandag is dikwels verdeeld, mismoedig en pessimisties oor die toekoms. Meeste besef dat die konsep van ‘n Afrikaner wat gou weer in ‘n posisie van ‘n vrye, onafhanklike nasie sal wees met volle self-beskikking, waarskynlik nie baie naby is nie. Elke jaar is daar ‘n uitstroming van duisende meestal jong en goed geskoolde Afrikaners wat die land verlaat op soek na veiliger en vryer lewensomstandighede. Terselftertyd kom dit voor asof baie Afrikaners besig is om hul eiesoortige identiteit, kultuur en volkstots geleidelik te verloor, soos al groter vermenging met Engelstaliges en volksvreemdes plaasvind.

Maar ten spyte hiervan, bestaan daar nog steeds ‘n sentrale kern van Afrikaners wat nog so uniek en kenmerkend uitstaan onder die see van nasionaliteite, as wat hulle voorvaders gestaan het. Die Afrikaner van vandag is versprei deur die land, verdun deur vreemde volkere, en dikwels gesaai oor die aarde. Die vraag of Afrikaners en Afrikaans in die toekoms nog as ‘n aparte entiteit sal bly voortbestaan, is een wat dikwels gevra word. Dit is ‘n vraag wat telkens groot debat uitlok, en waaroor die laaste woord nog nie gespreek is nie. Daar is diegene wat sê dat die toekoms van ‘n volk uiteindelik in sy eie hande lê. Dat net ‘n volk self, homself kan vernietig. Of dit so is, sal die tyd leer. Tot die tyd dan die antwoord op hierdie groot vraag gee, sal nog baie water in die see vloei en baie kan verander.

Die Afrikaner en sy toekoms

Waar mens vandag ookal deur die wêreld reis, kan Afrikans in vreemde stede en lande gehoor word. Miskien sal die dag eendag aanbreek dat die Groot Trek inderdaad weer sal aanbreek – maar miskien sal dit hierdie keer nie ‘n uittog wees nie, maar ‘n terugtog. Die Afrikaner was nog altyd van nature ‘n opgeruimde mens met ‘n skerp sin vir humor. ‘n Volk met ‘n sterk selfbeskermingsdrang. Een wat hardkoppig en buitengewoon selfstandig was. Hierdie is almal goeie eienskappe vir ‘n volk wat wil oorleef en bly voortbestaan. Die Afrikaner was oor die eeue heen ook ‘n volk wat bitterheid en lyding goed leer ken het, maar wat nog nooit hoop en moed opgegee het in die stryd nie. Byna ‘n honderd jaar gelede het die Boerestryders ‘n gedeeltelike antwoord gegee op die vraag van Quo vadis? – waarheen nou? Miskien was dit nie soveel van ‘n antwoord nie, as wat dit ‘n vlam van hoop was, want dit het nie probeer voorspel wat in die toekoms sou gebeur nie, meer eerder net ‘n versekering gegee van iets beters. ‘n Aanmoediging, so eie aan die Afrikaner as wat die ou-ou gesegde van "Alles sal regkom," nog altyd was. Dit was ‘n boodskap wat tot vandag toe in die Afrikaner poësie verewig is. Wat ookal in die toekoms met die Afrikaner sal gebeur, weet ons miskien nie nou nie, maar een ding staan so seker as wat dit toe gestaan het:

"Voor in die wapad brand ‘n lig...."

Boer of Afrikaner - Geskryf deur Adriana Stuut.

Die familiegeskiedenis word herhaal deur elke huidige Boergesin in die land.So wie is hulle -- Eers Voortrekkers, toe Boere, toe Afrikaners - en nou "Wittes" ?

Baie mense in die nuusmedia maak my nog steeds belaglik as ek skryf en praat van "Boere" of "Voortrekker-nasate" op ons weberf http://www.censorbugbear.com -- so asof die Boere nou nog steeds nie die reg het om selfs hul eie stamnaam meer te mag gebruik nie.

Die geskiedenis hoekom mense opgehou het om na hulself as Boere te verwys is aan Oom Swart heelwaarskynlik baie beter bekend as die jonger generasie mense wat hulself nou (taamlik skamerig) nog "Afrikaners" noem maar ook al hoe meer na hulself begin verwys in die ANC-term, naamlik " wittes ".

Kyk dus wat nou besig is om te gebeur - op daardie wyse verloor immers selfs die mense wat hulself nog "Afrikaners" noem, nou ook hul identiteit en word hulle almal tot "wittes" afgewater: iets wat die ANC sal verwelkom omdat hulle liewers die hele geskiedenis van die Voortrekkertyd - af wil "wegskryf" of "oorskryf", so asof dit nooit bestaan het nie... sodoende kan hulle ook doodeenvoudig naderhand van al die "wittes" eis dat hulle die kontinent Afrika liewers sal moet verlaat omdat hulle immers nie "Afrikane" met stamagtergronde is nie, maar doodeenvoudig geskiedenislose "wittes" geword het.

Daarteenoor egter -- het die Boere nou nog steeds 'n baie ryk geskiedkundige erfenis wat deur die Afrikaner-Broederbond van hulle afgeneem was tussen 1933 en 1994 -- verbasend genoeg begin hierdie ou Boeregeskiedenis weer orals nuwe vorme aan te neem, met herdenkings en met 'n heropvoeding van die jeug oor hul eie vergete agtergrond... Die huidige verandering van straatname vanaf Voortrekkerstraat na byvoorbeeld Chris Hani straat bewys vir my veral ook hoe bitter min die huidige ANC-leierskap eintlik vir die volledige geskiedenis van hul eie land omgee -- en dit weer, nes die Afrikaner Broederbond dit so doelbewus gedoen het vanaf 1936 tot 1994, doodeenvoudig wil begin doodswyg.

In daardie opsig bewys die ANC leierskap vir my veral dat hulle 'n inherent-fassistiese organisasie is, nes die AB, want hulle doen presies dieselfde... hulle ontneem mense van hul eie geskiedenis. Selfs die dramatiese Voortrekkergeskiedenis gee nou skynbaar ook al aanstoot vir die ANC leierskap -- anders sou hulle erkentenis wil gee aan die feit dat al die Voortrekkerstrate in Suid-Afrika vernoem is sodat die Voortrekkerroete nie vir die nageslag in die vergetelheid sal versink nie.

Elke Trekleier het immers hul eie paaie platgery en hul eie dorpe begin bou -- en soms is daar nog strate in die ou Voortrekkerdorpe vernoem na die leiers van daardie familietrekke, soos byvoorbeeld 'n mens baie Bezuidenhoutstrate kry veral daar naby die grens van Zimbabwe, waar die Bezuidenhouts uiteindelik beland het.

Wat my veral nog baie bitter maak, is die feit dat mense nog steeds op die ou Broederbond-manier na die Vrouemonument verwys as die "Afrikanervrouemonument". Die vrouens en kinders en bejaarde mans wat daar doodgemartel is in die kampe orals was Boere. Hulle was NOOIT Afrikaners nie en het NOOIT na hulself verwys as Afrikaners nie -- en selfs hul vyande het na hul verwys as Boere. Van al die mense wat daar beland het, soos byvoorbeeld Dr Albert Hertzog as baba en sy moeder, was daar wel Kaapse rebelle wat by die Boerestryders aangesluit het en wie se families ook onderdak verskaf het aan die Boerekommandos in die veld -- hulle het hulself dus gevoeg by die Boere -- maar die geskiedskrywing uit daardie dae wys baie duidelik op twee verskillende kultuurstromings, naamlik dat in daardie dae onder die Afrikaanstalige Kapenaars meestal na hulself verwys is as "Afrikaners" wat "Afrikaans" gepraat het (maar hoog-Nederlands van hul bybel geskryf het) -- terwyl al die Burgers van die Boererepublieke na hulself altyd verwys het as "Boere".

Doodeenvoudig het hulle ook na hul taal as die Taal verwys. Boereburgers het die Taal gepraat, en die Engelse joernaliste van daardie tyd, soos Winston Churchill, het na hulle ook assulks verwys. Dit was Boere waarmee die Engelse gestry het, nie Afrikaners nie. Daar is dus vanaf daardie tyd al aan mense 'n keuse gestel: as hulle hulself geïdentifiseer het met die Boerevolk in die Transvaal en Oranje Vrystaat, het hulle OF soontoe getrek, saam met hulle baklei, en hulself Boere begin noem. - OF agterGEBLY in die Kaap, EN het hulle meestal na hulself verwys as Afrikaners. Dis 'n baie duidelike kultuurverskil wat nog steeds ook in die stede na die Tweede Vryheidsoorlog bly bestaan het: die brandarm Boervrouens wat vanaf die verwoeste platteland na die stede soos Johannesburg getrek het, het daar begin werk as kleremaaksters in die nuwe mechaniese fabrieke wat deur die eerste Jodesmouse uit Pole opgerig was -- en juis hierdie brandarm, hardwerkende vrouens en kinders het altyd na hulself verwys as "Boere" - nooit iets anders nie. Hulle het hul eie toneelstukke opgevoer en geskryf toe Johanna en Hester Cornelius van Thabazimbi hul eie Klerewerkstersvakbond opgerig het -- en saam met die Boere-mynwerkers in die stede het hierdie hardwerkende, brandarm mense nog altyd na hulself in hul eie toneelstukke na hulself verwys as "Boere".

Die geskiedenis navorster Elsabe Brink het pragtig oor heirdie geskiedenis geskryf in die tagtigerjare. Toe die Afrikaner Broederbond opgerig is, is dit die eerste ding wat daar deur hulle besluit is om die Boerevolk se geskiedenis te verander: Hierdie welaf, deftige Afrikaners het hulself doodgeskaam vir die die brandarm Boervrouens wat "soos meide in die fabrieke moes werk" in die stede, en die brandarm Boer-mynwerkers -- hulle was immers die "nuwe armblanke probleem in die stede" soos daar na hulle verwys is in 'n Rooi Kruis verslag oor hul ellende in die twintiger en dertigerjare. Dit was egter Boervrouens en kinders, nie "arm-blankes" nie -- : lees 'n mens die Rooi Kruis onderhoude wat met hierdie mense gevoer is en ook deur die geliefde Emily Hobhouse -- in die verslag, is dit duidelik dat hulle altyd na hulself verwys het as Boere, wat vanaf die verwoeste platteland na die stede moes trek om te kan oorleef. Tydens die mynwerkersopstande van die twintiger- en dertigerjare het hierdie Klerewerksters en Mynwerkers almal aktief saamgestaak en saamgemarsjeer in die strate teen die groot ryk Engelse mynmagnate - en hoekom het hulle dit gedoen? Omdat hulle lede was van die verslane Boerevolk, nie juis omdat hulle "Kommuniste" was soos die Afrikaner Broederbond en die mynmagnate se koerante hulle almal genoem het nie... Daar was kommunistiese leiers onder hulle, en baie van die mynwerkers was inderdaad ook Engels, dit is hoekom hierdie groepe almal onder die versamelnaam van "blankes" die geskiedenis ingegaan het.

Maar tragies genoeg was dit dus veral die Boerestakers wat op geskiet is by Cottesloe Koppie deur Jan Smuts se soldate (wat uit Brits se omgewing gekom het) . Hulle is selfs met masjiengewere vanuit 'n vliegtuig beskiet. Baie Boervrouens en Boermans is tydens hierdie stakingsopstand deur Jan Smuts se polisie en soldate doodgeskiet -- en baie van hierdie polisie en soldate het nooit vooraf geweet dat die mense wat hulle geskiet het, Boermense was nie. Hulle is vertel dit was kommunistiese Britse mynwerkers.

So is daar gevalle gemeld waarin 'n broer van Brits ontdek het dat hy sy eie susterskind doodgeskiet het in Cottesloe. Dit is wat dus kan gebeur as 'n volk sy eie geskiedenis en selfs sy stamnaam verloor het. Gaan kyk maar na die name op die Cottesloe koppie se monument, as dit nog daar is: dit is Boere wat daar gesneuwel het. Gaan kyk ook maar na die ou grafte in die mynwerkersdorpies rondom Johannesburg van daardie tydperk en lees die name van die mense wat tydens die onluste gearresteer is: dit is grotendeels Boerevanne.

As joernalis, het ek het self dikwels rondgedwaal tussen die grafte van daardie myndorpies en die name opgeskryf: en die grootste deel van die vanne van daardie tydperk op die dikwels powere grafstene was Boervanne. Dit is maar net 'n klein deel van die Boeregeskiedenis wat eintlik nooit werklik in die Broederbond se geskiedenisweergawe baie "duidelik gestel"is nie. Trouens is groot dele daarvan of weggelaat of selfs moedswillig verkeerd geskryf.

Ek het al die bekende toneelstukke wat destyds deur die Kleremaaksters self geskryf is, hier in my besit, asook baie van hul artikels in hul eie tydskriffies. Dit is 'n tragiese hoofstuk van die Boervrouens se geskiedenis wat eintlik ook langsaan die Boervrouemonument geplaas sou moes word -- om mense te laat weet dat baie van hierdie dapper Boervrouens die konsentrasiekampe oorleef het deur soos "fabrieksmeide" in Engelstalige stede te gaan werk. Hulle stryd het voortgeduur maar niemand het hulle gehelp nie, en hulle is selfs deur Afrikaners "terugbetaal" vir hul moed deur selfs hul stamidentiteit en hul eie geskiedenis van hul af te neem.

Die huidige mense wat hulself nog steeds "Afrikaners" wil noem -- moet besluit watter deel van die geskiedenis hulle die sterkste oor voel, en of hulle trots daarop kan wees om liewers na hulself as Boere te begin verwys i.p.v. wat die ANC nou vir hulle begin noem, naamlik die "wittes". Ek is 'n gebore Nederlander wat toevallig 'n taamlik ligte vel het, maar ek het nog nooit aan myself gedink as 'n "witte" nie en ek moet eerlik se dat hierdie rassistiese verwysing my altyd besonder onaangenaam in die ore klink! Ek identifiseer myself as lid van 'n Dietstalige volk -- nie as 'n "witte" nie. Wat van julle?

Groete - Adriana Stuijt -----

Wel, ek, Piet Smith is 'n Boer en trots daarop !

Die Begin

Kom ons begin by die begin :Hoeveel van ons is nog daarvan bewus dat Jan van Riebeeck ook 'n Gelogte afgelê het ?

Jan Van Riebeeck Gelofte.

6 APRIL 1654

Aangesien dit vandag twee jaar gelede is dat ons met God’s hulp en leiding met die skepe Drommedaris, Reiger en Goede Hoop veilig hier geland het, om hierdie fort en kolonie in opdrag van ons here en meesters op te bou, en ons gemerk het dat God die Here al die sake tot vandag toe met baie seëninge, goed en na wens laat verloop het, het ons besluit, en ook vanjaar dasarmee begin, om hierdie dag, 6 April, tot God’s eer met danksegging te vier, en dit vir altyd as ’n dank- en biddag in te stel, sodat ons nakomelinge nooit die weldade wat God aan ons bewys het, vergeet nie, maar dit altyd in gedagte mag hou.

Onthou, en eerbiedig ons nog hierdie Gelofte ?

Geskiedenis van die Kaapkolonie

Die geskrewe geskiedenis van die area bekend as die Kaapkolonie (en later as die Kaapprovinsie) in Suid-Afrika het begin toe Bartolomeas Dias, 'n Portugese ontdekkingsreisiger, die Kaap die Goeie Hoop in 1488 ontdek het. Later het Vasco da Gama in 1497 langs die hele kus van Suid-Afrika gevaar tewyl hy onderweg na Indië was. Die Portugese, wie deur die rykdom van Asië aangetrek was, het geen permanente nedersetting in die Kaap gemaak nie. Die Nederlanders het wel besluit om 'n nedersetting te stig waar hul skepe weer water en ander voorrade kon aanvul.

Eerste nedersetting

Die Nederlandse nedersetting van die area begin in Maart 1647 met die stranding van die Nederlandse skip Nieuwe Haarlem. Die skeepswrak se oorlewenes bou 'n klein fort wat hulle die "Sand Fort van die Kaap die Goeie Hoop" noem. Hulle bly vir amper 'n jaar, todat hulle deur 'n vloot van 12 skepe onder leiding van W.G. de Jong gered word.

Ná hul terugkeer na Holland probeer van die oorlewendes die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie oortuig om 'n handelsentrum in die Kaap te open.

'n Nederlandse ekspedisie van 90 Calvinistiese setlaars, onder leiding van Jan van Riebeeck en die Politieke Raad, stig die eerste permanente nedersetting naby die Kaap die Goeie Hoop in 1652. Jan van Riebeeck was op een van die reddingskepe wat die gewrakte seevaarders gered het, en ná hy die land gesien het, het hy besluit om terug te keer. Hulle kom in die hawe van die moderne Kaapstad aan op 6 April 1652 met vyf skepe: die Reijer, die Oliphant, die Goede Hoop, die Walvisch en die Dromedaris. Die Kolonie self begin in 1671 met die eerste aankoop van land vanaf die Khoikhoi buite die grense van die fort wat deur Van Riebeeck gebou is.

Die eerste koloniste was, vir die groter deel, vanuit die laer werkersklas en het min omgegee vir die ontwikkeling van die Kolonie, maar ná 'n Kommisaris in 1685 aangestel is om meer settelaars aan te trek, het 'n meer getroue groep immigrante begin aankom. Franse vlugtelinge begin ook in die Kaap aankom nadat hulle Frankryk verlaat het na die opsegging van die Edik van Nantes. Hierdie klein groep immigrante het 'n merkbare invloed op die karakter van die Nederlandse settelaars gehad. As gevolg van die instelling van 'n beleid deur die VOC wat eksklusiewe Nederlandstalige onderrig verplig het, asook streng wette van samekoms, het die Franse Hugenote teen die middel van die 18e eeu nie meer 'n aparte identiteit gehandhaaf nie, en die kennis van Frans het verdwyn.

Verdere uitbreiding

Die Kaapse koloniste het uiteindelik al die land na die noorde en ooste vanaf hul basis by Kaapstad van die Khoikhoi in besit geneem. Groot hoeveelhede Khoikhoi is deur die koloniste vermoor; behalwe díé wat in oorloë gesterf het, is hele Khoikhoistamme uitgewis deur pokke-epidemies in 1713 en 1755. 'n Paar oorblywende stamme het hul onafhanklikheid behou, maar die oorgrotere meerderheid van die Khoikhoi het as tropbewaarders begin werk vir die koloniste. Die Nederlandse regering het in 1787 'n wet in plek gestel wat die nomadiese Khoikhoi aan sekere beperkings onderhewig gemaak het. Die direkte gevolg van hierdie wet was om die Khoikhoi nóg meer afhanklik van die koloniste te maak, of om hulle te dwing om noordwaarts, heeltemal verby die koloniale grens te migreer. Díé van hulle wat weggetrek het moes wees die vyandigheid van hul ou vyande, die San, in die gesig staar, wie op die vlaktes van die Nieuwveld- en Sneeuwberge tot by die Oranjerivier gewoon het.

Soos die Europese koloniste aanhou voordruk het in Sangebied in, het hulle met mekaar in kontak gekom. Die boere se vee, wat net deur Khoikhoi tropbewaarders beskerm was, was baie aanloklik vir die San om te steel. Wraakaanvalle het gevolg, en die situasie het só erg geraak dat die totale uitwissing van die San vir die regering as die enigste veilige manier om vorentoe te beweeg voorgekom het. Kommandos is bymekaargeroep om die San uit te wis; binne 'n periode van ses jaar het die kommandos blykbaar meer as 3000 San gevang of gedood. Buite die organisasie van hierdie kommandos, met hul veldkommandante en -kornette, het die stelsel van plaaslike regering in die Suid-Afrikaanse distrikte van Nederlandse settelaars gegroei.

Die Nederlandse koloniste het ook slawe vanaf Indië, Indonesië, Madagaskar en Mosambiek ingevoer; vanaf hierdie slawe het nie alleen die Kaapse Kleurlinge ontstaan, wat tans die meerderheid van die bevolking in die Wes-Kaapprovinsie uitmaak, nie, maar ook wit Afrikaners kan 'n beduidende gedeelte van hulle oorsprong terugtrek na slawevoorvaders.

Probleme met die VOC

Nie die stryd met die inheemse bevolking of die gesukkel om landbou winsgewend in die Karoo of veld te maak het die vooruitgang van die koloniste sóveel teruggehou as die noue en tiranniese beleid wat die VOC ingeneem het nie. Die Kompanjie het die kolonie se beleid van ope immigrasie gestop, die handel gemonopoliseer, die administratiewe, wetgewende en geregtelike magte in een liggaam saamgesnoer, die boere voorgeskryf watter gewasse om te verbou, groot persentasies van elke oes opgeëis en hulle lewe moeilik gemaak; dit het gelei tot verminderde verdere ontwikkeling van industrie en ondernemings. Vanuit hierdie wortels het 'n afkeer van georganiseerde regering gegroei, en 'n vryheidsgesinde uitkyk het ontwikkel wat die boere gekenmerk het vir baie geslagte. Hulle strewe om te ontsnap van die onderdrukking van die VOC het die boere genoop om verder en verder weg te trek van die regeringsetel. Die Kompanjie, in 'n poging om hierdie emigrante te beheer, het 'n magistraat (Drostdy) op Swellendam in 1745 gesetel, en nóg een op Graaff-Reinet in 1786. Die owerhede het die Gamtoosrivier as die oostelike grens van die kolonie bestempel, maar die trekkers het dit binnekort oorgesteek. In 'n poging om botsing met die 'Swartstamme' (die Xhosa) te verhoed het die Nederlanders ingestem om in 1780 die Groot Visrivier die grens van die kolonie te maak. In 1795 het die swaar-belaste boere van die grensdistrikte, wat geen beskerming teen die Xhosa geniet het nie maar self onderwerp is aan streng reëls deur die owerhede in Kaapstad en in Europa, die amptenare van die VOC uitgedryf en onafhanklike regerings by Swellendam en Graaf-Reinet opgestel.

Nederland is deur die Franse Weermag oorwin onder die leierskap van Napoléon Bonaparte in 1795. Groot-Brittanje het dadelik op hierdie swakheid van die Nederlandse grondgebiede reageer, en die Britse weermag, onder Generaal Sir James Henry Craig vaar na Kaapstad om die kolonie te beskerm namens die Stadhouer Prins Willem V van Oranje teen die Franse. Die goewerneur van Kaapstad het eers geweier om enige instruksies van die prins te gehoorsaam, maar na die Britte gedreig het om kragdadig op te tree het hy ingestem. Wat sake nóg vererger het was die feit dat die Khoikhoi hulle vorige meesters verlaat het en na die Britte gestroom het. Die boere van Graaff-Reinet het nie oorgegee tot 'n weermag teen hulle gestuur is nie, en in 1799 en weer in 1801 het hulle in opstand gekom. In Februarie 1803, as gevolg van die Vrede van Amiens, het die kolonie onder die beheer van die Bataafse Republiek gekom, wat vele nodige veranderings gebring het, net soos die Britte gedurende hul agtjarige regering van die kolonie gemaak het: een van Generaal Craig se eerste optredes was die afskaffing van marteling tydens regstoepassing.

Die derde Grensoorlog

Verdere probleme het op die oosgrens tussen die regering en die Xhosas ontstaan. Die regering in die Kaap se beleid oor die aangeleentheid is aanvanklik gekenmerk deur heelwat sloerdery. Op 11 Desember 1834, het 'n kommando 'n hoofman met 'n hoë rang doodgemaak wat die Xhosas ontstoke gemaak het: 'n leër van 10 000 manskappe gelei deur Macomo, 'n broer van die hoofman wat dood gemaak is, het oor die grens gestroom, plaashuise geplunder en aan die brand gesteeken die wat weerstand gebied het dood gemaak. Onder die slagoffers wat die ergste lyding ondergaan het was 'n kolonie bevryde Khoikhoi wat in 1829 deur die Britse owerheid in die Katriviervallei gevestig is. Hoewel daar nie baie soldate in die kolonie beskikbaar was nie het die goewerneur sir Benjamin D'Urban vinnig opgetree en alle beskikbare magte onder Kolonel Sir Harry Smith saamgesnoer. Die het Grahamstad op 6 Januarie 1835 bereik, ses dae na nuus van die opstand Kaapstad bereik het. Die Britte het vir nege maande lank teen die Xhosas geveg tot vyandighede op 17 September 1838 beëindig is met die ondertekening van 'n nuwe vredesverdrag in terme waarvan al die grond tot by die Keirivier as Brits erken is en die inwoners as Britse onderdane verklaar is. Die regeringsetel is gekies en King William's Town gedoop.

Die Groot Trek

Die Britse regering het nie die aksies van d'Urban goedgekeur nie en die Britse Sekretaris vir die Kolonies, Lord Glenelg, het in 'n brief aan die Koning verklaar dat "the great evil of the Cape Colony consists in its magnitude" en daarop aangedring dat die grens teruggeskuif word na die Visrivier. Hy het d'Urban ook in 1837 uit sy posgeskop. Lord Glenelg se dispatch van 26 Desember het gemeen dat die Xhosas meer as genoeg gronde gehad het om oorlog te voer en dat alle wou wraak neem vir die 'n reeks in grondoortredings. Die houding teenoor die Xhosas was een van die baie redes wat die Trek Boere aangevoer het vir die verlating van die Kaapkolonie. Die Groot Trek het van 1836 tot 1840 geduur. Die trekkers, wat omtrent 7 000 getel het, het gemeenskappe met 'n republikeinse regeringsvorm anderkant die Oranje en Vaalriviere en in Natal gestig. Van toe af was die Kaapkolonie nie meer die enigste Europese gemeenskap in Suid-Afrika nie – dit het egter vir baie jare die vernaamste gebly

Bronne:

http://af.wikipedia.org/wiki/Kaap_die_Goeie_Hoop

 

Groot Trek

Staan 'n oomblik stil en dink aan dit wat ons voorouers deurgegaan het om aan hulle nageslag, ons, 'n beter toekoms te gee. Vra jouself die vraag af, sal ek dit vandag doen ?

Trekboere en die Groot Trek

Twee groepe emigante het die Kaapkolonie in die tweede kwart van die 19de eeu verlaat. Die eerste hievan was die Trekboere wat opsoek na beter weivelde oor die grense van die kolonie getrek het. Die tweede groep was die Grensboere in die Oos-Kaap, wat 'n sterker politieke dryf gehad het om die kolonie te verlaat, wat die Groot Trek onderneem het en wat later as die Voortrekkers sou bekend staan. Die Voortrekkers se migrasie het in 1835 begin as gevolg van ontevredenheid met die Britse koloniale owerheid, aanhoudende grensoorloë, gebrek aan grond, arbeidsprobleme en 'n gevoel dat hulle polities gemarginaliseer is. (Vandag in 2010 is ons in dieselfde bootjie )

In 'n geskiedkundige konteks kan die term "Boer" verwys na 'n inwoner van een van die Boere Republieke of na diegene wat kulturele Boere was.

Van die vernaamste leiers was Piet Retief, Gerrit Maritz, Andries Pretorius, Louis Trichardt, Hendrik Potgieter, Sarel Cilliers en Pieter Uys.

Onder leiding van Gerrit Maritz en Piet Retief het 'n groep voortrekkers na Natal gekom waar hulle die hoofstad, Pietermaritzburg gevind het. Hulle het onderhandel met die leier van die zoeloes, die regerende stam in daardie gebied, om 'n stuk grond te verkry. Die leier van die Zoeloes, Dingaan, het hulle hulle toe om die bos gelei en het 'n groot groep voortrekkers asook Piet Retief, uitgemoor. Later is die oorblyfsels deur 'n oorweldegende zoeloemag aangeval te Bloed rivier (vandag Nacome rivier) en het hulle die Slag van Bloedrivier gewen en kon hulle die Republiek van Natalia stig. Dié is later deur die Britse Ryk oorgeneem.

Die volgende kom vanaf Die Groot Trek webblad. Daar is baie meer inligting.

Die aanloop en die Groot Trek in kronologiese orde

Verkenning
Ter voorbereiding van die Groot Trek word drie kommissies in 1834 afgevaardig om die binneland te verken. Die eerste, onder Pieter Lafras Uys, vergesel van Karel Landman, Johannes de Lange en Jacobus Moolman, reis deur "Kaffrarië" na Port Natal. Die tweede, onder Scholtz, besoek die Soutpansberg en 'n derde, onder Johannes Andries Pretorius, ondersoek die Dorsland.1 Die voornemende trekkers versamel ook inligting oor toestande in die binneland en moontlike trekroetes van handelaars, reisigers, jagters, sendelinge en trekboere.

Redes vir die Trek
Piet Retief se Manifes

Voor sy vertrek uit die Oos-Kaap stuur Piet Retief sy Manifes aan die Grahamstown Journal wat die geskrif op 2 Februarie 1837 publiseer. Terwyl die Trekkers verskeie redes aanvoer vir hulle besluit om die Kolonie te verlaat, verskaf die Manifes 'n goeie opsomming van die mense se gevoelens.
Anna Steenkamp se gedenkskrif

Anna Elizabeth Steenkamp, oudste dogter van François Retief, en suster van die Voortrekkerleier, Pieter Retief, verstrek haar redes vir die Trek na die binneland in haar bekende gedenkskrif.

Die ossewa

Die Vootrekkers se vervoermiddel die binneland in was die ossewa wat vir lang tye as tuiste moes dien.

Louis Tregardt se trek

Louis Tregardt stuur reeds in 1829 sy seun, Carolus, met 'n groot kudde vee na Xhosaland; in 1833 huur hulle grond by die Xhosaleier, Hintsa.2 In 1835 trek die Tregardts met 'n klompie ander gesinne noordwaarts oor die Grootrivier (Oranjerivier) en deur die huidige Vrystaat.

"Lang Hans" van Rensburg sluit naby die Vaalrivier met sy trek by die Tregardts aan, maar die twee trekke beweeg voort as aparte eenhede. Hulle bly in voeling en reis tot by die huidige Standerton waar hulle rus, en toe oor die huidige Middelburg en albei vertoef by die Strydpoortberge. Hier skei die twee geselskappe terwyl die Van Rensburgs noordwaarts deur Pienaarspoort reis om in Mei 1836 by Soutpansberg aan te kom. Tyding bereik Tregardt dat al die lede van die Van Rensburg-trek deur swartes vermoor is, maar pogings om hulle oorblyfsels op te spoor, misluk.

Tregardt se groep bereik die soutpan wes van die Soutpansberg teen die einde van Mei 1836 en word in Junie besoek deur Hendrik Potgieter wat op 'n verkenningstog is. Vanaf September 1836 tot Mei 1837 staan Tregardt se trek eers suid van die Soutpansberg, toe naby die latere dorp Schoemansdal, 'n rukkie later in die gebied van die huidige dorp Louis Trichardt en uiteindelik by die samevloeiing van die Dorpsrivier en die Brakspruit. Na 'n aantal sterftes onder mens en dier, bereik Tregardt se trek Delagoabaai (Lourenço Marques - huidiglik Maputo) in 1838. 'n Aantal van die geselskap doen malaria op en eers sterf sy vrou en ander lede van sy familie en daarna Tregardt self.

Hendrik Potgieter se trek

Teen die einde van 1835 verlaat Potgieter sy plaas op trek na die noorde. Families soos die Steyns, Krugers, Liebenbergs, Bothas en die familie Robberts sluit by hom aan sodat sy trek teen die tyd dat dit die Oranjerivier bereik, uit 'n aansienlike aantal waens bestaan. Met behulp van vlotte word hulle in Februarie 1836 by Winterhoekdrif, naby die huidige Bethulie, net onderkant die samevloeiing van die Caledon- en Oranjerivier, deur die rivier gebring. Sodra die trek buite die koloniale grense is, word 'n algemene vergadering gehou en word hy tot kommandant gekies om orde op die trekpad te handhaaf.

Volgens oorlewering sluit 'n groep Colesberg-Trekkers onder Sarel Cilliers by Boesmansberg, ongeveer twintig myl reg wes van die huidige Smithfield, by Potgieter aan. Die trek is iewers tussen die huidige Bloemfontein en Thaba Nchu deur, tot aan die Vetrivier ten suidweste van die huidige Theunissen. Daar vertoef die Potgietertrek 'n geruime tyd, en met die oog op weiding vir die groot troppe klein- en grootvee verdeel dit nou reeds in kleiner trekke, een waarvan reeds in Mei 1836 by Bloudrif aan die Sandrivier laer opslaan.

Op 24.5.1836 vertrek Potgieter met elf man te perd en vergesel van een of meer ligte ossewaens hiervandaan om die binneland vir nedersettingsdoeleindes te verken, en om met 'Lang Hans' van Rensburg en Louis Tregardt se geseslkappe in aanraking te kom. Die kommissie verlaat die laers aan die Sandrivier en reis effens noordoos en daarna op die waspore van Tregardt en Van Rensburg oor die Vaalrivier, verby Suikerbosrand (die huidige Heidelberg), tot aan die boloop van die Olifantsrivier. Van daar gaan hulle deur Strydpoort tot by die soutpan aan die westelike punt van die Soutpansberg, waar hulle teen die einde van Junie 1836 Tregardt met sy trek aantref.

Enige dae later sit die kommissie die reis oor die Limpopo, oor die Nuanetsi, en deur die uiterste suidoostelike hoek van die teenswoordige Rhodesië voort. By 'n kraal van 'n Knopneuskaptein draai hulle om en keer teen die einde van Julie by die standplaas van Tregardt terug, waarvandaan in Augustus die terugreis aanvaar word. Waarskynlik is suidwaarts oor die terrein van die latere Pretoria gery.

Sommige trekkers Trekkers versprei oor die grasvlaktes tot aan die Vaalrivier - twee groepe trek selfs die rivier deur. Die Liebenbergs vestig hulle reg teenoor die huidige Parys waar hulle op 25 Augustus onverwags deur 'n Matebele-impie aangeval word en bykans uitgewis word. Die ander trekgroepe, vroegtydig gewaarsku deur Stephanus Erasmus wat met sy jaggeselskap nog verder noord staan, slaag daarin om die Matebele by die sogenaamde Vaalrivierslag terug te slaan. Die oorlewendes trek oor die Vaalrivier terug. 'n Gedeelte vat na Blesberg (Thaba Nchu) koers, maar die res, aangevul deur sommige Trekkers suid van die rivier, trek hulle in 'n laer by die latere Vegkop, ietwat ten suidooste van die teenswoordige Heilbron, saam. Hier sluit Potgieter en sy kommissie aan die begin van September by hulle aan.

Die slag by Vegkop 
Potgieter plaas die laer strategies op die stygende terrein aan die suidelike voet van die rand en versterk dit behoorlik. Teen die middel van Oktober 1836 vind hier die slag van Vegkop plaas. Onder die bekwame en kalme leiding van Potgieter slaan 'n veertigtal trekkers 6 000 Matebele-krygers van Mzilikazi, met groot verliese terug. Die oorwinning kom egter die Trekkers, en veral die kommandant, duur te staan. Die enigste gesneuweldes was sy broer, Nicolaas Johannes Potgieter, en 'n skoonseun van hom, Pieter Johannes Botha, terwyl sy 400 beeste en 5 600 skape saam met al die Trekkers se vee weggevoer word.

Beroof van hul voedsel en trekdiere, stuur Potgieter sy broer, Hermanus Philippus Potgieter, om hulp suidwaarts. Van Thaba Nchu stuur Moroka, die Rolonghoof, en James Archbell, die Wesleyaanse sendeling by hom, osse en melkkoeie om hulle daarheen terug te bring.

Gert Maritz se aankoms
Verkiesing van `n Trekkerregering

Gert Maritz se trek kom uiteindelik uit Graaff-Reinet aan. Op 2.12.1836 word 'n openbare vergadering in Potgieter se laer gehou. 'n Bestuursliggaam van sewe lede, wat uitvoerende, wetgewende en regsplegende magte sou uitoefen, word met geslote stembriefies gekies. Maritz word tot 'president' en 'regter' gekies en Potgieter word 'laerkommandant'.

Strafekspedisie teen Mzilikazi 
Na deeglike voorbereiding word 'n strafekspedisie teen Mzilikazi gestuur. Die kommando bestaan uit 107 blankes en 'n honderdtal nie-blankes. Op 16 Januarie word ongeveer vyf myl van Mosega afgesaal en vroeg die volgende oggend val die kommando die Matebele aan. Teen halftwaalf was vyftien statte van Mosega in puin gelê en 7 000 beeste gebuit. Die kommando ag dit gerade om so gou doenlik die terugreis te aanvaar. Hulle neem met hulle die buit en op 28 Januarie is die voorste burgers reeds op Thaba Nchu terug.

Wrywing tussen Potgieter en Maritz 
Op die terugreis of onmiddellik na die terugkeer van die ekspedisie ontstaan daar onenigheid tussen Potgieter en Maritz. Hierdie onmin, die gebrek aan weiveld en die feit dat Potgieter hom na die verdeling van die buit weer ekonomies selfstandig voel, laat hom besluit om in Maart 1837 na die bolope van die Klein Vetrivier in die onmiddellike omgewing van die huidige Winburg te verskuif. In April versit ook Gert Maritz en sy mense noordwaarts.

Aankoms van Piet Retief 
Piet Retief se trek arriveer aan die begin van April 1837 en die hersiening van die bestuursreëlings van Thaba Nchu word nodig. Retief word op 17 April tot 'goewerneur' verkies en Maritz behou sy posisie as voorsitter van die politieke raad ('Raad van politie') en regter. Potgieter word nie herkies nie. Die rede hiervoor was waarskynlik dat hy hom doelbewus afsydig gehou het omdat hy in teenstelling met Retief nie ten gunste was van Natal met sy hawe Port Natal as eindbestemming van die Trek nie.

Retief en Maritz in konflik
Potgieter en Maritz trek noordwaarts
 
Meningsverskil of daar reg ooswaarts oor die Drakensberge of noordwaarts 'om die punt van die berg' getrek moet word, ontstaan nou tussen Retief en Maritz. Na 'n openbare vergadering (13.9.1837), beweeg die trek van Retief ooswaarts, terwyl die trekke van Maritz en Potgieter noordwaarts koers vat. Die terrein van Vegkop word verbygetrek, oor die Vaalrivier en tot aan die Suikerbosrand waar hulle voorlopig tot stilstand kom.

Hierdie trek, wat geografies eintlik weg van Natal beweeg, vind plaas om 'n makliker roete te soek en om uitvoering aan Potgieter en Maritz se besluit te gee om verder met die Matebele af te reken. Hiervoor het hulle reeds al aan die Sandrivier die steun van Petrus Lafras (Piet) Uys gekry.

Die Matabele word verslaan en verdryf 
Die tweede Voortrekkerkommando van 330 man (sonder Maritz, wat siek was) onder aanvoering van Potgieter en Uys beweeg eers weswaarts en toe noordwaarts oor die Gatsrand na Mosega waar die Matebele van 4 tot 12 November totaal verslaan en verdryf word.

Intussen herstel Maritz en gaan die kommando tegemoet. Naby Gatsrand word by Deelkraal besluit om die buit te verdeel. Hieroor ontstaan bittere onenigheid. Gesteun deur Uys, dring Potgieter daarop aan dat die mense wat aanvanklik sulke swaar verliese gely het, eers vergoed moet word alvorens enige verdere verdeling gemaak word, terwyl Maritz van mening is dat hulle reeds na die eerste ekspedisie skadeloos gestel is en dat die buitvee dus nou gelykop verdeel moet word. Gesteun deur die meerderheid seëvier Potgieter se standpunt. Maritz moet hom daarby neerlê, en die tweedrag was blykbaar ook nie so diepgewortel nie, want die drie leiers kom weldra ooreen om met hul trekgroepe na Natal te gaan.

Maritz en Potgieter beweeg na Natal 
Terug aan die Suikerbosrand begin Maritz die trek na Natal. Potgieter en sy mense volg sonder geesdrif, eers suidwaarts en toe op Maritz se spoor met die De Beerspas ooswaarts oor die Drakensberge tot hulle teen die helfte van Januarie 1838 aan die boonste lope van die Tugela tot stilstand kom, verder wes as die ander trekke wat intussen aan die Tugela gaan staan het. Hier op die agterhoede is Potgieter onbewus van die ontsettende moorde wat die Zoeloe-impies op 16 en 17 Februarie op die Voortrekkers onmiddellik ten ooste van hom aan die Bloukrans- en Boesmansrivier pleeg. Toe Maritz se oproep om hulp hom egter bereik, verskuif hy dadelik sy laer na Doornkop, naby die huidige Chieveley-stasie, om daar by die laers van die vermoorde Retiefen van Maritz en Uys aan te sluit. 'n Algemene vergadering gehou (28.3.1838) om 'n kommando teen die Zoeloes te organiseer. Daar word besluit dat Potgieter en Uys gesamentlik die bevel sal voer.

Die Slag van Italeni
Potgieter trek binneland toe
 
Die kommando van 347 man verlaat die laers (6.4.1838) in twee groepe en trek noordooswaarts oor die Tugela en die Buffelsrivier om Dingane se stat uit die weste aan te val. Op die vyfde dag word die kommando aan die suidekant van die Italaberg deur die Zoeloes in 'n hinderlaag gelok en in 'n lopende geveg oor die Italeninek sneuwel Piet Uys, sy jong seun, Dirkie, en nege ander terwyl die 'Vlug-kommando' na die laers terugtrek (11.4.1838). Potgieter word vir die ramp verantwoordelik gehou en selfs van lafhartigheid beskuldig. Hy trek, in weerwil van al Maritz se pleidooie om hulle nie in die steek te laat nie, oor die berge na die binneland. Hy staan op 16 Mei reeds met sowat 160 gesinne twee dagreise wes van die Drakensberge op pad na die Sandrivier. 'n Maand daarna ruil hy van die baTaunghoof, Makwana, die sogenaamde Vetriviergronde tussen die Vet- en die Vaalrivier vir 'n dertigtal beeste. Hy sluit vredesverdrae in Transoranje met Moroka en ander hoofde.

Potgieter vestig naby die huidige Potchefstroom 
Potgieter se laer staan vir ses maande lank langs die Sandrivier. Hy verken die Oorvaalse gebied wat hy kragtens verowering op Mzilikazi as Voortrekkerland beskou. Baie van sy mense verbrei hulle noordwaarts en teen die einde van 1838 versit hy self noordweswaarts na die Mooirivier en vestig hom sowat sewe myl noord van waar Potchefstroom later aangelê sou word. Bygestaan deur 'n verkose krygsraad voer hy hiervandaan bevel oor wat aangedui kan word as die gebied Winburg-Potchefstroom wat van die Vetrivier noordwaarts tot aan die Magaliesberg strek.

Potgieter besoek Delagoabaai 
Soos alle Voortrekkerleiers, is Potgieter daar deeglik bewus van dat 'n hawe vry van Britse beheer onontbeerlik is vir die staatkundige onafhanklikheid en die ekonomiese selfstandigheid van 'n Voortrekkerstaat. Daarom vertrek hy met 'n geselskap in Junie 1840 na Delagoabaai om met die Portugese in Lourenço Marques handelsbetrekkinge aan te knoop. Hy word deur die Portugese goewerneur aangeraai om met die oog op doeltreffender handelsverbindinge 'n nedersetting nader aan die kus te stig.

Die Republiek van Natalia
Adjunkraad te Potchefstroom
Intussen kry die Voortrekkerrepubliek van Natalia sy beslag met 'n grondwet wat die hoogste uitvoerende en wetgewende gesag aan 'n gekose volksraad toevertrou. Die Natalse volksraad stuur A.W.J. Pretorius na Potchefstroom om met Potgieter en sy raad te onderhandel om die Trekkergemeenskappe ten ooste en ten weste van die Drakensberge met die nuwe republiek te verenig. Op 16.10.1840 word alhier op 'n vergadering van tussen 300 en 400 man tot so 'n vereniging besluit. Terselfdertyd wys die vergadering Potgieter aan as 'commandant en bestierder van Potchefstroom'.

Britte onderwerp Port Natal 
Met die oog op die besetting van Natal plaas sir George Napier reeds teen die einde van 1841 'n Britse troepemag naby die suidgrens van hierdie Boererepubliek. Die volksraad maak 'n opnamevan die weerbare manne en versoek Potgieter om dit in die Winburg-Potchefstroomgebied te doen. Hieraan gee hy gehoor. Terselfdertyd egter berei hy hom weer op 'n tog teen Mzilikazi voor, want daar was gerugte van nuwe bewegings van die Matebele. Aan die begin van April 1842, toe 'n Britse troepemag juis met sy opmars na Port Natal begin het, vra Potgieter van die Natalse volksraad verlof om met 'n kommando teen die Matebele op te trek. Die volksraad weier egter toestemming. Hy self word siek. In antwoord op Pretorius se noodkreet om hulp, gee hy dus alleen aan die landdroste van Potchefstroom en Winburg opdrag om soveel burgers as moontlik op te kommandeer en die Natallers te hulp te snel. Die reaksie was egter onbenullig en die Voortrekkers in Natal moes hulle aan die Britse gesag onderwerp.

Winburg-Potchefstroom word vry en onafhanklik 
In die daaropvolgende maande maak Potgieter en die adjunkraad, wat geleidelik deur die burgerraad vervang is, die republiek Winburg-Potchefstroom los van die Natalse volksraad en verklaar dit formeel vry en onafhanklik (9.4.1844).

Potgieter besoek weer Delagoabaai 
Potgieter besoek Delagoabaai in die winter van 1844 met die oog op 'n weg na die see. Hier voer hy onderhandelinge met J. A. Smellekamp wat hom aanraai om met die oog op die handel met die Nederlande deur Delagoabaai hom nader aan die hawe en terselfdertyd noord van die 26° breedtelyn buite Britse jurisdiksie te kom vestig. Met dié doel gaan Potgieter 'n ooreenkoms met die Portugese goewerneur aan waardeur hy die reg verkry om hom wes van die Lebomboberge 'agter' die Portugese hawe te vestig.

Na sy terugkeer begin Potgieter met sy voorbereidings vir die trek noordooswaarts. Baie Trekkers uit Natal kom hulle na die Britse anneksasie in 1842 op die Hoëveld vestig en die opposisie teen Potgieter se persoonlike leierskap neem toe. Hy versoek dus sy volgelinge om hul vertroue in hom te herbevestig. Op 'n openbare vergadering op 6.5.1845 kies 'n honderd man hom dan ook weer tot hoofkommandant en 'bestierder'.

Die trek na noordoos-Transvaal
Stigting van Andries-Ohrigstad
3
In Junie 1845 vind die verhuising na noordoos-Transvaal plaas. Die volksraad te Potchefstroom hou op om te bestaan en Potgieter is weer eens die trekleier van weleer. In die nuwe nedersettingsgebied lê hy Andries-Ohrigstad as sy nuwe hoofkwartier aan, terwyl hy Potchefstroom beskou as 'n adjunk-kolonie onder beheer van landdroste.

In Julie 1846 word die Ohrigstadgronde vergroot deur die aankoop van die gebied tussen die Elandsrivier, die Lebomboberge en die Krokodilrivier van Mswazi, opperhoof van die Swazi's.

Botsende partye
In die volksraad wat op Ohrigstad in die lewe geroep word, is dadelik twee partye te onderskei: die van Potgieter en sy ondersteuners, en die Volksraadparty onder J. J. Burger en ander intrekkers uit die gewese Republiek van Natalia. Hierdie partye is weldra in 'n bittere stryd met mekaar gewikkel omdat hul politieke beginsels sowel as die persoonlikhede van hul leiers onversoenbaar was.

Omdat die verbinding tussen Ohrigstad en Delagoabaai deur die aanwesigheid van die tsetsevlieg belemmer word, vertrek Potgieter in Junie 1847 met 'n kommando van sowat 240 man op 'n ekspedisie om 'n weg na die hawe Inhambane te ontdek en om die land in 'n noordelike rigting te verken. Noord van die Limpopo raak hy weer eens met die Matebele slaags en moet onverrigter sake terugkeer. In Ohrigstad verswak Potgieter se posisie; weens die koors, die ongunstige boerdery-omstandighede, die tsetsevliegbesmette verbinding met Delagoabaai en die onenigheid,verlaat baie van sy ondersteuners die gebied. Ook in die omstreke van Winburg en Potchefstroom neem sy invloed af weens die toestroming van nuwe intrekkers uit Natal. Kort na die terugkeer van sy jongste tog bring hy dus aan hierdie distrikte 'n besoek om sy gesag te konsolideer, en op 'n aantal groot vergaderings word verdere steun aan hom toegesê.

Op een van die vergaderings word ook besluit om 'n nuwe dorp in die noorde aan te lê. Daardeur word uitvoering gegee aan 'n plan wat reeds lank deur Potgieter gekoester is, en vroeg in 1848 verhuis sy volgelinge van Ohrigstad na die Soutpansberg waar die nuwe dorpie Soutpansberg(dorp) - later Schoemansdal genoem - aangelê word.

Die Transgariep word tot Britse gebied verklaar 
Ongeveer gelyktydig met hierdie verhuising verklaar sir Harry Smith Transgariep in Februarie 1848tot Britse gebied, as die Oranjerivier-Soewereiniteit, en vestig A.W.J. Pretorius en 'n aantal van die laaste Voortrekkers uit Natal hulle aan Magaliesberg en die omstreke van Potchefstroom. Openlike sprake van 'n gewapende verset onder leiding van Pretorius teen die Britse gesag in Transoranje verplig Potgieter om sy houding teenoor die buitewêreld te stel. Hy vrees dat 'n stryd met die Engelse in die Oranjerivier-Soewereiniteit die onafhanklikheid van die Oorvaalse Emigrante noodwendig in gevaar sou stel, daarom wil hy teenoor die Britse regering vriendskaplike betrekkinge handhaaf. Hierteenoor staan Pretorius 'n positiewe, feitlik aggressiewe beleid voor. Waar Potgieter tevrede is met 'n onafhanklikheid de facto van die Emigrante, daar streef Pretorius na die wettig deur Brittanje erkende onafhanklikheid van die Boere. In hierdie verskil van opvatting lê een van die belangrikste wrywingspunte tussen die twee vernaamste Voortrekkerleiers.

Potgieter haas hom dus na Potchefstroom waar op 5.5.1848 'n vergadering, waarop Pretorius ook teenwoordig is, gehou word. Sy standpunt seëvier. Sir Harry Smith word versoek om die vryheid van die gebied noord van die Vaalrivier onaangetas te laat. Na die slag van Boomplaats in Augustus 1848 sit Potgieter hierdie versoeningsbeleid voort.

Potgieter se beleid vrywaar waarskynlik in hierdie stadium Transvaal van Britse tussenkoms, maar dit verskerp die onmin tussen hom en Pretorius. In 1849 word agtereenvolgens volksvergaderings op Hekpoort, Olifantsrivier en Derdepoort gehou. Potgieter woon die eerste twee vergaderings by, maar nie die derde nie, wat die belangrikste was. Op Derdepoort word besluit om al die Trekkers onder een volksraad te verenig. Potgieter weier om die volksraadsvergaderings by te woon en hierdie liggaam skaf dus op sy vergadering te Krugerspost die amp van hoofkommandant af.

As gevolg van die vyandige houding van die omliggende Bantoestamme begin die publiek egter weldra op 'n leier aandring. Daardeur voel die volksraad sy gesag bedreig, en probeer 'n oplossing vind in 'n verdeelde leierskap. Vier kommandante-generaal word aangestel: A.H. Potgieter vir Soutpansberg, A.W.J. Pretorius vir Magaliesberg, W.F. Joubert vir Lydenburg en J.A. Enslin vir Marico. Aan al hierdie reëlings steur Potgieter hom weinig. Hy beskou homself nog altyd as hoofkommandant en handhaaf van Soutpansberg af sy aartsvaderlike bestuur.

Intussen neem Pretorius se invloed toe. Hy tree met die Britse owerheid in onderhandeling en verkry in 1852 deur die Sandrivier-konvensie die skriftelike Britse erkenning van die onafhanklikheid van Transvaal. Omdat hierdie optrede van Pretorius lynreg teen Potgieter se opvattinge indruis, vervul dit hom met groot gramskap teenoor Pretorius.

Op 16.3.1852 word 'n volksraadsvergadering op Rustenburg belê waartydens Pretorius oor die Sandrivier-konvensie verslag sou doen. Burgers, insluitende Potgieter en sy mense, kom uit alle dele van die land. Potgieter en Pretorius word op plegtige wyse met mekaar versoen en die volksraad bekragtig die Sandrivier-konvensie.

Potgieter se laaste veldtog en afsterwe 
In Augustus 1852 Potgieter nog 'n kommando teen die Pedihoof Sekwati, maar die lang reise te perd, die spanning van menige veldtog en die borswater het sy kragte uitgeput en sy gesondheid ondermyn, en drie dae voor sy sestigste verjaardag sterf hy. Sy seun, Pieter Johannes Potgieter, word in sy plek as kommandant-generaal van Soutpansberg gekies.

Bronne:

http://af.wikipedia.org/wiki/Voortrekker

http://www.groottrek.co.za/

Eerste Vryheidsoorlog

Oorsake van die eerste Anglo-Boere Oorlog

16 Desember 1880 tot 23 Maart 1881
Die eerste Anglo-Boere oorlog staan ook bekend as die Eerste Transvaalse oorlog vir onafhanklikheid aangesien daar konflik ontstaan het tussen die Britte en die Boere van die Traansvaalse Republiek of Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR). Die Boere kon egter staatmaak op hulp van hulle bure in die Oranje Vrystaat.

Daar was verskeie oorskake vir die uitbreek van die Eerste Anglo-Boere Oorlog :
1. Die uitbreiding van die Britse Empire
2. Probleme binne die Transvaalse regering
3. Dir Britse anneksasie van Transvaal
4. Die Boere se teenkanting teen Britse beheer in Transvaal.

Die uitbreiding van die Britse Empire

Die 4de “Earl of Canarvon” was die Britse sekretaris van State oor die Kolonies onder die Premierskap van Minister Benjamin Disraeli. Hy was die premier van 1868 tot 1880 teen die tyd dat die Britse regering hulle Empire uitgerbrei het.

Carnarvon wou ‘n konfederasie vorm met al die Britse colonies, onafhanklike Boere republieke en onafhanklike Afrikaanse groepe in Suid- Afrika onder Britse beheer. Teen 1876 besef hy dat dit nie vreedsaam haalbaar is nie. Hy het onder andere aan Disraeli gesê “By acting at once, we may ... acquire ... the whole Transvaal Republic after which the Orange Free State will follow.”
Hy was bereid om met mag die konfederasie ‘n werklikheid te maak, ‘n feit wat bewys is met die Anglo-Zulu oorlog in 1879.

Probleme binne die Transvaalse regering

T.F.Burgers was die president van die Transvaalse Republiek van 1872 tot en met die anneksasie in 1877. Die Republiek was in ‘n ernestige geldelike krisis, grootliks omdat daar toe reeds ‘n oorlog aan die gang was tussen die Boere en die Pedi onder leierskap van Sekhukhune, in die Noord Oos Transvaal en omdat die Boere nie hulle belasting betaal het nie.

Die Transvaalse publiek was ongelukkig met die leierskap en omdat Sekhukhune ingestem het tot vrede in Februarie 1877 en gewillig was om ‘n boete aan die Republiek te betaal, dit was egter te laat. Carnarvon stuur vir Sir Theophilus Shepstone, die voormalige Sekretaris van naturele sake in Natal na die Transvaal as ‘n spesiale kommisaris. Shepstone ariveer in Transvaal op 22 Januarie 1877 met 25 man as bystand. Aan die begin was hy egter baie vaag oor sy doel. Hy het die swakhede in die Transvaal regering gebruik om die Boere bewus te maak van die gevare van bankrotskap in die staat en het gefokus op die regering se onbeholpenheid met die beheer oor swart mense soos die Pedi en die Zulu’s. Hierdie aksie het die Boerevolk gedemoraliseer.

Pres Burgers het baie wynig gedoen om te keer dat die Britte Transvaal oorneem. Shepstone het teen einde Januarie 1877 aan Burgers gesê wat sy intesnies was en Burgers het die Transvaalse regering probeer oortuig om die situasie erenstig op te neem, maar hulle het geweier om die dringendheid van die saak te sien.

Die Britse anneksasie van Transvaal

Carnarvon het gereken dat om Transvaal te annekseer die eeste stap in die rigting was van die konfederasie. Die engels sprekende mense in die Republiek was ten gunste vandie plan maar die Boere was teleurgesteld in hulle eie regering. Shepstone het gesê dat hy meer as 3000 handtekening het van mense wat gestem het om deel van die Britse Empire te word. Wat hy egter nie aan Carnarvon gesê het nie is dat daar egter meer Boere was wat teen hierdie gedagte was en wou hulle onafhanklikheid behou.

Op 12 April 1877 word die proklumasie van anneksasie op Kerk Plein in Pretoria gelees vir die Transvaalse Republiek. Daar was geen teenkanting nie en die “Union Jack” het die Transvaalse Vierkleur vervang as amptelike vlag. Dit was die dan die einde van die bestaan van die Transvaalse Republiek of Zuid-Afrikkasche Republiek (ZAR), maar het toe bekend gestaan as die Britse Kolonie van die Transvaalse Kolonie.

In Mei 1877 stuur die Volksraad ‘n sending na Engeland om seker te maak dat die Britse regering bewus is daarvan dat die meeste van die inwoners van die Transvaal Republiek nie saam stem met die anneksasie nie maar die poging het misluk. Hulle het ook die burgers gevra om nie tot geweld oor te gaan nie want dit sou ‘n negatiewe beeld na Britanje stuur.

Die Boere se teenkanting teen Britse beheer in Transvaal

Die voormalige President T.F. Burgers en ander mense wat lojaal was aan die Transvaalse Republiek het hul teenkanting teen die anneksasie uitgespreek en Paul Kruger en E.J.P. Jorissen is in 1877 na Londen, Engeland gestuur om hulle saak aan Carnarvon te gaan voorhou. Hulle het misluk en is in 1878 neem hulle ‘n petisie met meer as 6500 handtekeninge van Boere na London, maar die Britse regering het aangedring dat Transvaal onder Britse beheer bly.

Sir Theophilus Shepstone was nou die administarteur van die Transvaal Kolonie maar hy het dadelik besef dat om dit te beheer gaan baie moeiliker wees as die anneksasie. Die Britse regering het die Boere belowe dat hulle, hul sal toelaat om ‘n vorm van self-regering te behou maar Shepstone was baie traag om die proses aan die gang te kry. Die Kolonie was steeds amper bankrot en Britse planne om ‘n spoorlyn na Delagoa Baai te bou is op die ys geplaas.

Deur die tyd het Shepstone al hoe meer ongewild geraak by die Kolonie se kantoor in London. Britse Naturele kommesarise het probeer om die swart mense te beheer in die gebied, maar hulle kon nie daarin slaag om Sekhunkhune en die Pedi sovêr te kry om die boete wat hulle aan die voormalige Transvaal Republiek skuld te betaal nie aangesien die Britte nie genoeg soldate gehad he tom dit ten uitvoer te bring nie. Shepstone het ook daarin gevaal om die Zulu’s aan die Kolonie se suidoostelike grens te beheer en baie boere was verplig om hulle plase te verlaat. Sir Owen Lanyon het in 1879 vir Shepstone as administarteur vervang. In September 1879 is Sir Garnet Wolseley aangstel as die hoë kommisaris van Suid Oos Afrika en die goeverneur van Natal en Transvaal.

Die Anglo-Zulu oorlog van 1879 was veronderstel om die Britse beheer in Suid-Afrika te vergroot, maar het die teenoorgestelde uitwerking gehad. Die Zulu’s en die Pedi’s was in 1879 deur die Britte oorwin maar nie geweldadige Boere opposisie was aan die toeneem. In Januarie 1878 het ‘n groot groep Boere in Pretoria vergader om teen die anneksasie te protesteer. ‘n Ander Boere delegasie was in 1877 onderweg na London, maar hulle he took onsuksesvol teruggekeer in 1879 alhoewel hulle met Sir Michael Hicks Beach, Carnarvon se opvolger gepraat het.

Die Boere het egter gehoop dat die verkiesing in 1880 van die Liberale Party in Britanje die onafhankliheid van Transvaal sou beteken, maar die Eerste Minister, W.E.Gladstone, het aangedring op Britse beheer in Pretoria. Die Volksraad van die Oranje Vrystaat, suid van die Vaal Rivier het in Mei 1879 die Transvaalse Boere ondersteun in hulle oproep na die onafhanklikheid van Transvaal. Ook Boere van die Kaap Kolonie het hulle morele ondersteuning aan hulle mede volksgenote in die noorde gegee. In Oktober 1880 het ‘n nuus koerant van die Paarl in die Kaap Kolonie berig “Passive resistance is now becoming futile”

Eerste Vryheidsoorlog
Die Eerste Vryheidsoorlog was 'n konflik tussen Groot-Brittanje en die Boere van Transvaal, (die Suid-Afrikaanse Republiek). Dit het van Desember 1880 tot Maart 1881 geduur.

Oorsig
Dit het begin nadat Sir Theophilus Shepstone van Groot-Brittanje die Sandrivier-konvensie van 1852 verbreek het deur die Transvaal op 12 April 1877 te annekseer.

Daar was vier botsings en veldslae tussen die Boere en die Britte:

Bronkhorstspruit-konflik
Die Slag van Laingsnek
Die Slag van Ingogo, ook bekend as die Slag van Skuinshoogte
Die Slag van Majuba
Na Majuba is met vredesonderhandelinge begin en is daar op 21 Maart 1881 'n vredesooreenkoms geteken.

Oorlog
1877 anneksasie
Die oorlog het begin nadat Sir Theophilus Shepstone die Transvaal op 12 April 1877 geannekseer het. Die boere het geprotesteer en die oorlog het daarna uitgebreek.

11 November 1880, Potchefstroom
In November 1880 het die eerste openlike konflik tussen die Boere en Brittanje plaasgevind. PL Bezuidenhoudt het geweier om ekstra fooie te betaal op sy ossewa deur te sê dat hy reeds sy belasting betaal het. Die Britse owerhede het die wa gekonfeskeer. 100 manne onder leiding van Piet Cronje het die wa teruggeneem en aan Bezuidenhout terugbesorg.

20 Desember 1880, Bronkhorstspruit
Kolonel Anstruther se opmars van Lydenburg na Pretoria word by Bronkhorstspruit deur generaal Frans Jouberts met 150 man binne 10 min. vernietigend gestuit – 57 Britte dood, meer as 100 gewond. Boere: 2 dood, 5 gewond. Anstruther sterf.

28 Januarie 1881, Langsnek
Generaal Colley word met meer as 1000 man verpletterend verslaan – 83 dood en 111 gewond. Boere: 14 dood, 27 gewond. Britte vlug na hul kamp by Mount Prospect, maar Boere volg nie op nie.

8 Februarie 1881, Ingogo (Skuinshoogte)
Op die ou pad na Newcastle ongeveer 15 km suid van Mount Porspect verslaan genl. Niklaas Smit ‘n "vertoningsmag – bangmaakmag" onverwags suid van die Ingogo op Skuinshoogte. Colley se mag trek deur die nag terug. Boere volg nie op nie. Dooies en gewondes in treurige toestand agtergelaat. 76 Britte dood, 63 gewondes. Boere: 8 dood, 6 gewond.

27 Februarie 1881, Majuba

Slag van Majuba was die mees verwoestende veldslag – nie in omvang nie, maar in krysvernuf en politieke betekenis onberekenbaar groot. Britse ryk is tot in sy fondamente geskud. Transvaal het sy vryheid herwin. Naas Bloedrivier die belangrikste enkele gebeurtenis vir die Afrikanervolk in sy oorlewingstryd. 92 Britte dood, 135 gewond, 53 gevange. Boere: 1 gesneuwel (Bekker), 5 gewond.

Tweede Vryheidsoorlog

Tweede Vryheidsoorlog

Die Tweede Vryheidsoorlog of Anglo-Boereoorlog was 'n oorlog tussen Boererepublieke en Brittanje wat tussen 1899 en 1902 in Suid-Afrika gewoed het.

Oorsig

Die Tweede Vryheidsoorlog, ook bekend as die Suid-Afrikaanse oorlog oftewel die Anglo-Boereoorlog het vanaf Oktober 1899 tot Mei 1902 geduur. Gedurende hierdie oorlog het die twee Boererepublieke, die Zuid-Afrikaansche Republiek (ou Transvaal) en die Republiek van die Oranje-Vrystaat, kragte gemeet met die Britse Ryk, spesifiek die Kaapse en Natalse kolonies van Groot Brittanje. Die hele gebied waaroor hierdie oorlog plaasgevind het vorm vandag deel van die Republiek van Suid-Afrika.

Oor die sowat twee-en-'n-halwe jaar wat die oorlog geduur het, het dit Brittanje nagenoeg 200 miljoen pond, 448 435 Britse- en Rykssoldate en sowat 20 000 Britse lewens gekos om 'n "boererebellie" te bemeester.

Aan die kant van die Boererepublieke was die koste van die oorlog baie hoog. Elke republiek se ekonomie is totaal vernietig deur die "Verskroeide Aarde Beleid" wat deur die Britse generaals toegepas is. Toe die Boere by die Vrede van Vereeniging hul wapens neerlê, het baie as hoofrede vir hul oorgawe die lyding van hul vrouens en kinders aangevoer. Ongeveer 5 000 Boere het gedurende die oorlog gesneuwel, en ten minste 20 000 Boere en 12 000 Afrikane of Bantoes het hul lewens in konsentrasiekampe verloor, meestal kinders onder 16 jaar, hoofsaaklik as gevolg van swak voorbereiding, 'n tekort aan behoorlike sanitasie en swak skuiling.

Oorsaak van die oorlog.

Die oorsaak van die oorlog is 'n baie kontroversiële saak. Aan die Britse kant was dit 'n saak van polemiek vanaf die oomblik waarop dit uitgebreek het. Anti-imperialiste, en daarna Marksiste, het die oorlog as 'n produk van 'n kapitalistiese sameswering gesien wat daarop gemik was om, deur middel van brute krag, die diamant- en goudvelde van die Vrystaat en Transvaal te bekom.

Meer moderne interpretasies sien Britse beleid as geskaak deur radikale imperialiste soos Cecil John Rhodes en Lord Alfred Milner wat gevrees het dat die nuut gevonde rykdom van die Boererepublieke, die droom van 'n Britse Suid-Afrika sou ontspoor. Rykdom het die Boererepublieke in staat gestel om hulself van die halter van Britse voogdyskap te bevry en om hul eie, onafhanklike buitelandse beleid na te volg, wat die deur kon oopmaak vir Duitse beheer oor die belangrike Kaapse roete na Indië.

Brittanje het daarop aangedring dat die Britse onderdane wat op die goudmyne in die Witwatersrand werk, stemreg moes kry. President Paul Kruger van die Transvaal het geweier en gese: "hulle wil nie stemreg hê nie, hulle wil ons land hê". President Marthinus Steyn van die Vrystaat het hom by Kruger geskaar en die lot van die Vrystaat as dieselfde as die lot van Transvaal beskryf.

Die verloop van die oorlog

Voorbereiding

Nieteenstaande die verslegtende verhoudinge tussen Kaapstad en die Boererepublieke gedurende die laaste dekade van die negentiende eeu, was die Britte merkbaar swak voorberei vir oorlog op die vooraand daarvan. Die vernederende nederlaag aan die hande van die boere by die Slag van Majuba gedurende die Eerste Vryheidsoorlog ten spyt, was die Boererepublieke nie as ernstige teenstaanders geag nie. Britse militêre intelligensie het gereken dat die Boere slegs 3 000 man in die veld sou kon plaas om klein skaalse klopjagte in die Kaap en Natal uit te voer, terwyl hulle uiteindelik daartoe in staat was om sowat 30 000 berede manskappe in Natal alleen aan te wend. Die Britse opperbevelhebber, Lord Wolseley het geglo, en die Britse oorlogsminister, Lord Lansdowne, het saamgestem dat 'n garnisioen van 20 000 Britse soldate genoeg sou wees om die Britse belange in Suid-Afrika te beskerm.

In 1895, na die Jamesoninval, was Kruger seker dat Brittanje op oorlog ingestel was. Hy het 'n klein staande leër op die been gebring en sy administrasie versterk deur knap, jong Afrikaners soos Jan Smuts aan te stel. Daar is probeer om steun van pro-Boere in Engeland en Europa te werf, maar geen tasbare steun is verleen nie. Die twee klein republieke het alleen teen die magtigste ryk in die wêreld gestaan. Toe Kruger gevra is hoekom hy teen so ‘n oormag veg, was sy antwoord: "'n Man sal nie 'n leeu aanval met ‘n mes in sy hand nie, maar net 'n lafaard sal nie met alle mag veg as die leeu hom aanval nie.". Die Boerepublieke het egter wel daarin geslaag om hulself te voorsien van Duitse Mausergewere en Franse "Long Tom"-langafstandkanonne. Die Russiese tsaar het 'n paar veldambulanse voorsien en die Transvaal se artilleriekorps is deur Duitsers opgelei.

Eerste fase

Die eerste skote in die oorlog het op 12 Oktober 1899 geklap nadat Brittanje die ultimatum van die Boererepublieke verwerp het. Die Boere het tot die aanval oorgegaan en 'n 160 km van die Kaap binnegeneem terwyl hulle in Natal tot teenaan die Tugelarivier gevorder het. Mafeking en Kimberley het Britse eilande in 'n Boergedomineerde veld geword, terwyl die Britse garnisioen in Natal by Ladysmith vasgekeer en beleër is. Die Britse leër het in verskeie veldslae tweede gekom. Op 11 Desember is 'n frontaanval deur Britse soldate wat deur artillerievuur ondersteun is, afgemaai deur Boere wat hulself in loopgrawe ingegrawe het by Magersfontein naby Kimberley. Op 15 Desember by Colenso, het 4 000 Boere, ingegrawe in die hoogtes op die Noordelike bank van die Tugela, 'n aanval van 16 000 Britte afgeweer wat wou deurbreek na Ladysmith. Hierdie 5 dae is deur die Britse magte as die Swart Week bestempel. Gedurende hierdie tydperk het hulle 7 000 manskappe verloor en geen positiewe strategiese resultate verkry nie.

Smuts sou egter later melding maak van die "konserwatiewe kortsigtigheid" van die ouer geslag generaals, wat "die goue geleentheid" van oorwinning laat wegglip het. Britse troepe het deur Kaapstad en Durban ingestroom. Onder die opperbevel van Lord Roberts, wat generaal Kitchener as stafhoof gehad het, het die Britse versterkings vinnig na die front beweeg en die beleërde dorpe ontset. Hulle het 4 000 man onder generaal Piet Cronje by Paardeberg gevange geneem en Bloemfontein op 13 Maart 1900, Johannesburg op 5 Mei en Pretoria op 6 Junie ingeneem.

Op 21 Oktober 1900, net voordat die Britte hom kon vang, het President Kruger, van Delagoabaai, vandag Maputo in Mosambiek, na Europa vertrek om steun vir die Boere se saak te probeer werf. Hy het meer as drie jaar later in Switserland as banneling gesterf. President Steyn het tot aan die einde van die oorlog saam met die Vrystaatse guerillavegters in die veld gebly en die grootste bittereinder geword. Die republieke was verlore. Op 24 Mei en 1 September het Brittanje die administrasie van onderskeidelik die Oranjerivierkolonie en die kolonie van Transvaal oorgeneem. Britse magte het al die infrastruktuur in Suid-Afrika soos die spoorlyne beheer en die 20 000 vegtende Boere wat oorgebly het, was feitelik heeltemal sonder steun.

Guerillategniek van die bittereinders

Net na die val van Pretoria, het die Transvaalse militêre leiding onmiddelike oorgawe aanbeveel. President Steyn was woedend en het aan die Transvalers geskryf dat die ZAR die Vrystaatse burgers en Kaapse rebelle in 'n rampspoedige oorlog betrek het. "Wil die ZAR nou 'n skandelike en selfsugtige vrede sluit die oomblik dat die oorlog sy grense bereik? Wat die ZAR ook al doen, die Vrystaters sal tot die bitter einde veg." Die geveg is toe deur almal voortgesit.

In hierdie tydperk was die Boere generaals mense wat progressief was, kommersiële boere en professionele aambagslui. Hulle het net om een rede geveg: Hul onafhanklikheid. Die bittereinders het guerillategniek gevolg en in klein, beweeglike kommando's geveg. Hulle het treinspore gesaboteer, die voorrade van die Britse troepe onderskep en gevegte uitgelok en dan weer gevlug.

Gedurende hierdie tydberk was daar die "joiners". Dit was Boere wat hoofsaaklik as spioene vir die Britte opgetree het gedurende die laaste 18 maande van die oorlog. Daar is geskat dat 5 000 Boere teen April 1902 die Britse oorlogspoging gesteun het. Baie Boere het die Britse saak gesteun omdat hulle geglo het dat daar vir hulle 'n beter bedeling onder die Britte wag en dat hulle na hulle plase kon terugkeer en groot skade en leed kon vermy deur oor te gee of te "hendsop".

Die Britse opperbevel het van twee taktieke gebruik gemaak om die bittereinders te beveg. Eerstens is linies blokhuise en doringdraad opgerig om Boerevegters uit die een distrik na die ander uit te sluit, om hulle sodoende saam te hok om gevang te word. Hierdie taktiek was baie duur en hoewel baie dramaties, kon dit geen groot gevegte tussen die Boere wat die prooi was en Britse jagters uitlok nie. Die tweede taktiek wat gebruik was, die Verskroeide Aarde Beleid, het berus op die vernietiging van die Boere se voorraadbasis deur hul plase te vernietig en die Boere se vrouens en kinders in konsentrasiekampe saam te hok. Vlugtelingkampe wat verplaasde Boerefamilies moes huisves het so vroeg as Julie 1900 verskyn.

Konsentrasiekampe, volksmoord en 'n verskroeide aarde

Die Britte het nooit 'n totale oorlog gevoer waarin almal voor die voet geskiet is nie. Onderskeid is tussen vegtende en nie-vegtende Boere getref. Van die einde van 1900 het Britse troepe voor die voet (behalwe waar daar hendsoppers was) opstalle afgebrand en vee uitgewis. Verwoesting en chaos is oor amper die hele Vrystaat en Transvaal gesaai.

Kampe is opgerig om die misplaasde Boere vroue en kinders te huisves. Swart mense wat deur die oorlog ontwrig was, was in aparte kampe geplaas. Die plasing van die kampe was swak en die inwoners het onvoldoende voeding gekry. Uiterste lyding in haglike omstandighede het die inwoners van die kampe elke dag getreiter. Baie het gesterf, veral van buiktifus en masels. Die Britse publiek, plaaslik en in Brittanje, het eers bewus geraak van wat in die kampe gebeur toe Emily Hobhouse in Engeland verlof gekry het om die kampe te besoek. Hobhouse het in Desember 1900 Engeland verlaat en in Mei 1901 teruggekeer. Voor haar vertrek het sy net kennis gedra van die Port Elizabethse konsentrasiekamp. Sy was met afgryse vervul oor wat sy gesien het en sy het die publiek geskok met haar onthullings. Teen Oktober 1901 het die sterftekoers tot 344 per duisend in die kampe opgeskiet. Kinders onder vyf jaar oud het feitlik geen kans op oorlewing gehad nie. Teen die einde van 1901 het 'n kommissie van Engelse vroue, wat oorlogsondersteuners was, ook besoeke by die kampe afgele. Hulle was net so geskok soos Hobhouse en 'n aantal aanbevelings gemaak wat die dodetal skerp laat daal het toe dit uitgevoer was.

Die mans, Britte en Boere, was verslae oor die vroue se dapperheid en wat hulle bereid was om te verduur vir die Boere se stryd. Die vrouens was onversetlik in hul aandrang dat hul mans en seuns vir onafhanklikheid moes voortveg. Sommige vroue het verklaar dat hulle verkies om hul huise te sien afbrand eerder as dat hul mans oorgee. Daar het 4 177 Boerevroue en 22 074 Boerekinders in die kampe gesterf. Die Nasionale Vrouemonument by Bloemfontein is opgerig ter nagedagtenis van die Boervroue van die Tweede Vryheidsoorlog, sowel as "Die Oorlogsmuseum".

Die einde van die oorlog

Teen die begin van 1902 het die Boeremagte gekrimp tot 10 000 Transvalers, 6 000 Vrystaters en 3 000 Kaapse rebelle. In Suidoos-Transvaal het 'n Zoeloemag 'n Boerelaer aangegeval en 56 burgers doodgemaak. Die militere vooruitsigte vir die Boere het al hoe swakker geraak.

In Mei 1902 het sestig Boereleiers met Britse verlof by Vereeniging vergader om oor vrede te besluit. Die Vrystaters was nog steeds gekant teen vrede sluit, maar die swak gesondheid van Steyn het hul saak baie verswak. Die vredesvoorwaardes het ingesluit dat die Boere die Britse monarg erken as wettige heerser, Boere kon hul besittings, insluitend gewere vir verdediging, behou en Nederlands sou in die skole van Transvaal en die Vrystaat as vak onderrig word mits die ouers dit verlang. Op 31 Mei het die vergadering met 54 stemme teen 6 besluit om hierdie voorwaardes te aanvaar.

Hieronder is die Oorspronkilkke Verdrag Van Vereeniging.

Krygsgevangenes oorsee gestuur

Die eerste noemenswaardige groep Boere krygsgevangenes wat deur die Engelse gevange geneem is, was dié wat tydens die Slag van Elandslaagte op Oktober 21 1899 gevang is. Ter aanvang is die meeste op skepe gesit, maar, soos getalle gegroei het, het Brittanje besluit om hulle nie plaaslik gevange te hou nie. Die gevangeneming van 400 krygsgevangenes in Februarie 1900 was ʼn belangrike gebeurtenis, daarin dat Brittanje besef het dat hulle nie alle krygsgevangenes in Suid-Afrika kan akkommodeer nie. Die Engelse het gevrees dat hulle deur simpatiekgesinde plaaslike inwoners bevry kon word. Hulle het dit reeds moeilik gevind om aan hulle eie troepe se behoeftes te voorsien, en wou nie die ekstra las dra deur addisionele voorrade vir die krygsgevangenes te stuur nie. Brittanje het dus besluit om hulle oorsee te stuur.

’n Oorplasingskamp vir Krygsgevangenes naby Kaapstad tydens die oorlog. Die gevangenes is dan oorgeplaas na interneringskampe in ander dele van die Britse Koninkryk.

Die eerste oorsese kampe anders as op Afrika-bodem is geopen op Saint Helena, wat uiteindelik byna 5000 krygsgevangenes ontvang het. Ongeveer 5000 krygsgevangenes is na Ceylon gestuur. Ander is na Bermuda en Indië gestuur. Geen bewys bestaan dat Boere-krygsgevangenes na die Gemenebes van die Britse Ryk soos Australië, Kanada of Nieu-Seeland gestuur is nie.

Veldslae

Slag van die Twee Riviere

Die Slag van die Twee Riviere (aan die Britte bekend as die Battle of Modder River) het op die 28ste November 1899 tydens die Tweede Vryheidsoorlog by die sameloop van die Modderrivier en die Rietrivier plaasgevind. Generaal de la Rey het na die veldslae te Graspan enBelmont waargeneem dat die ou Boerestrategie om koppe in te neem nie meer 'n volhoubare strategie was nie aangesien die koppies nie net binne bereik was van die Britse kanonne nie maar ook uitstekende teikens vir die artillerie was. Verder het die styl hellings van die koppe ook goeie dekking aan die aanvalsmag verleen as hulle eers die voet van die kop bereik het. Hy het besef dat gelyke grond veel beter skuiling kon bied en ook 'n meer doeltreffender skootveld aan die moderne gewere besorg het. Generaal de la Rey het ook anders as die gewone gebruik om 'n rivier as hindernis te gebruik, sy burgers aan die suidekant, sowat 50 tot 'n 100 meter van die rivierwal af laat ingrawe. Generaal de la Rey se Transvalers saam met sowat 'n 1200 burgers onder bevel van Generaal Piet Cronjé het die Boeremagte op ongeveer 3500 tot 4000 te staan gebring. Hulle het ses Krupp-kanonne en ten minste vier pom-pom masjiengewere by hul gehad. Die Britse magte het uit ongeveer 10 000 manskappe bestaan met drie artillerie-batterye asook vier swaar 12-pond skeepskanonne. Om 04h00 die oggend van die 28ste was die Britse mag aan't opmars na die Modderrivier-brug (die spoorbrug loop vandag nog op dieselfde plek oor die rivier en 'n replika van 'n blokhuis kan vandag nog daar gesien word). Lord Methuen wat die Boeremagte op die koppe verwag het, het reguit in die Boere se lokval ingestap. Die skietgeveg tussen die twee magte het 'n volle 10 uur lank geduur. Die Britte was aanvanklik vasgepen op die oop veld maar 'n aanval op die Boeremagte se regterflank was suksesvol en het die Boere genoop om te ontrek. Die Britse verliese was 70 sterfgevalle en 413 gewondes; Methuen self is in die regterheup gewond tydens die geveg. Aan die Boeremagte se kant is 16 gedood, 66 gewond en 13 manskappe is gevange geneem.

Bronne: Wiki

Die Slag van Spioenkop 24 Januarie 1900

deur Kaptein N.M. Lemmer

Die slag van Spioenkop, gekenmerk deur weergalose dapperheid aan albei kante, word herken as die hewigste geveg van die hele Driejarige Oorlog. Na die eerste gevegte aan die Natalse Front, nl. Talana, Elandslaagte en Modderspruit-Nicholsonsnek onderskeidelik op 20, 21 en 30 Oktober, 1899, word Genl. Sir George White met sowat 12,000 troepe in Ladysmith deur Komdt-genl. Piet Joubert beleër. Hierna beset die boere die Tugela-linie en slaan Genl. Sir Redvers Buller se eerste aanval af met die Slag van Colenso (13 Desember 1899). 'n Tweede deurbraak-poging hoër op met die rivier langs loop uit op die Slag van Spioenkop. Volgens die aanvalsplan van Genl. Sir Charles Warren beset 'n troepemag van sowat 1,700 man onder bevel van Genl. R.E.P. Woodgate Spioenkop in die nag van 23-24 Januarie 1900 en verdryf die brandwagte wat daar gepos was. Die mag het bestaan uit die Lancashire Fusiliers, die South Lancashires, die Royal Lancasters en die 17th Field Company Royal Engineers. Thorneycroft het met 200 man van sy Mounted Infantry die aanval gelei. Die Boere was totaal verras deur die besetting van Spioenkop. Vroeg die oggend bereik die brandwagte genl. Schalk Burger se laer. Toe lg. van die verrassingsaanval verneem, laat hy die dappere komdt. H.F. Prinsloo met sowat 90 man van die Carolina-kommando die takties-belangrike Aalwynkoppie op die Britte se regterflank beset. 'n Afdeling van 30 Heidelbergers doen op dieselfde tydstip 'n aanval in die digte mis teen die noord-westelike hang op die linkerflank van die Britte. Albei groepe word met moordende vuur begroet en aanval na aanval word vanaf die Aalwynkoppie geloods en die Carolina-burgers ly swaar verlies. Later het genl. Louis Botha bevel oorgeneem en 400 vrywilligers die kop uitgestuur. Die vrywilligers het gekom van die kommando's wat op die monument aangedui word. Komdt. ,,Rooi" Daniel Opperman van die Pretoria-kommando het hom hier besonder onderskei. Genl. Botha het self die geveg gelei vanaf sy hoofkwartier op 'n rant ten noorde van Spioenkop vanwaar sy kanonne 'n dodelike vuur op die kop neergebring het. Die Boeremagte het nooit meer as ongeveer 300 man getel nie.

Toe die mis teen 8 vm ooptrek, begin 'n verbitterde geveg om besit van die plato. Die Britse troepe word van drie kante af bestook. Om 8.43 vm. word Genl. Woodgate dodelik gewond en Kol. Thorneycroft, wat bevorder is tot generaal, neem die bevel oor. Teen ongeveer 9 vm. begin die Boerekanonne, opgestel deur genl. Botha, en onder bevel van maj. Wolmarans van die Transvaalse Staatsartillerie, vanuit drie rigtings die kop bestook en dwarsdeur die dag word die bombardement met dodelik akkuraatheid voortgesit. Teen twaalfuur dryf die burgers die Britse troepe terug tot in hulle hoofloopgrawe. 'n Paar heldhaftige stormlope deur die burgers het as gevolg dat 176 Britse troepe op die noordoostelike flank oorgee. Genl. Thorneycroft het doodsveragtend verdere oorgawes gerepudieer. Die kop kon hulle egter nie verower nie, daar die Britte, nieteenstaande dood en verwoesting onder hulle geledere, vasgeklou het aan hulle loopgrawe. Teen die middel van die dag het versterkings, bestaande uit die Middlesex-, die Dorset- en die Somersetregimente, Coke se Brigade, asook die Rand Imperial Light Infantry (lg. het bestaan uit ,,vlugtelinge" uit Johannesburg), opgedaag. Ook hulle het verskeie dappere aanvalle op die boerelinie gedoen, dog is met swaar verliese teruggeslinger. Die slagting op die beperkte terrein, die ontberings as gevolg van dors in die bloedige son, was ontsettend. Nog versterkings, bestaande nit die Scottish Rifles, die Kings Royal Rifles en andere wat later die middag opgedaag het, kon ook nie 'n beslissing afdwing nie en het sake vir die Britte slegs vererger daar hulle a.g.v. die beperkte terrein nie behoorlik kon ontplooi nie. Hulle is later die middag teruggetrek. Teen donker is die vuur gestaak en teen 10 nm ontruim Thorneycroft die kop met sy hele mag terwyl die meeste Boere toe alreeds teruggetrek het. Die slagveld was verlate en het stil geword behalwe vir die gekerm en gekreun van gewondes. Die wyse waarop die Boere hulle artillerie aangewend het, het vergoed vir hulle klein getalle en het die deurslag gegee. Die Britte daarenteen, kon weens gebrek aan observasie en die mislukking van hulle verbindings (hulle heliograwe is aan stukke geskiet) nie hul artillerie takties reg aanwend nie.

Die volgende oggend ontdek die Boere dat hulle die slag gewen het en dat Buller besig was om met sy leër terug te trek oor die Tugela.

Spioenkop het meer as 500 Britse lewens geëis en talle gewondes is later oorlede terwyl sowat 60 Boere op die Kop self gesneuwel het.

Ingesluit in die naamlys wat op die monument verskyn is daar ook die van manne wat gesneuwel het gedurende die ses dae wat die slag van Spioenkop voorafgegaan het - 'n totale verlies dus, van 106 burgers.

Spioenkop het inderdaad die lewens van die heldhaftigste manne aan albei kante geeis.

Bron: SA Mil

Slag van Boomplaats

Die Slag van Boomplaats is 'n veldslag wat op 29 Augustus 1848 tussen Voortrekkers onder Andries Pretorius en Britse magte van Harry Smith plaasgevind het. Pretorius was in bevel van ongeveer 300 man teenoor Smith se 1 200 man. Hoewel die Britte die slag gewen het en Pretorius se mag op die vlug moes slaan, het hy slegs sewe ongevalle gehad teenoor die twee-en-twintig (sestien volgens sommige bronne) aan die Britse kant. Die slag was die eerste gewapende stryd van die Boere teen Britse besetting van die gebied tussen die Oranje- en Vaalrivier. Die nasleep daarvan het ook gelei tot die eerste teregstelling van 'n Kaapse Rebel deur die Britse owerheid in die Kaap.

Harry Smith annekseer die gebied tussen die Oranje- en Vaalrivier op 3 Februarie 1848 as dieOranjerivier-Soewereiniteit. Pretorius wat reeds begin voel het dat geweldadige teenstand teen die Britte moontlik die enigste weg na vryheid was, vaardig op 8 April 1848 Een Algemene Oproeping uit waarin hy die Voortrekkers daarop wys dat hulle nooit daarin sal slaag om hulself vry te trek of te vlug nie, maar die wapen sal moet opneem. Die Ohrigstadse Volksraad en A. H. Potgieter berus hulle egter by die Britse anneksasie van die gebied tussen die Oranje- en Vaalrivier. Potgieter belê op 15 Mei 1848 'n vergadering op Potchefstroom waar daar besluit word om die oorlogsplanne te laat vaar en Potgieter instem om die Britse owerheid te versoek om Winburg aan die republikeinse noorde af te staan. Pretorius bedank as Kommandant-generaal en gaan woon op sy plaas in die Magaliesberge. In Junie 1848 word Pretorius versoek om te help in die verset teen T. J. Biddulph wat deur die Britse owerheid as magistraat aangestel is in Winburg. Pretorius word op 20 Junie 1848 aan die Sandrivier as Kommandant-generaal verkies. 'n Protesveldtog word georganiseer om die Goewerneur van die Kaapkolonie te oortuig dat die meerderheid in die Oranjerivier-Soewereiniteit teen Britse heerskappy gekant is. Pretorius gaan Winburg op 12 Julie met 'n groot gewapende mag binne. In Bloemfontein dryf hy en 'n duisend sterk kommando majoor H. D. Warden uit. Vandaar vertrek hy na die Oranjerivier waar hy by Bothasdrif, teenoor Warden se kamp, sy laer trek. Pretorius pleit steeds die terugtrekking van Britse beheer oor die gebied noord van die Oranje. Smith se reaksie is egter om Pretorius op 22 Julie tot "rebel" te verklaar en 'n losprys van £1 000 op Pretorius se kop te plaas. Pretorius laat ook nie op hom wag nie en toon sy minagting vir Smith en sy proklamasie deur op 3 Augustus in Bloemfontein 'n plakkaat uit te vaardig onder die naam "Koning Andreas I, koning van die Immigrante van die noordelike gebiede van Suidelike Afrika" en 'n losprys van £3 000 sterling op Smith se kop te plaas. Warden het besef dat 'n gewapende konflik met die Boere verreikende gevolge kon hê en het Smith daarteen probeer waarsku, maar dié het hom gerusgestel met die woorde: "My dear fellow, pray bear in mind that the Boers are my children!". 


Britse opmars en die slag 

'n Britse mag word ook noordwaarts gestuur om die Britse bewind oor die Oranjerivier-Soewereiniteit te herstel. Pretorius wat gehoop het hy kon bloedvergieting vermy val op 16 Augustus 1848 terug in die rigting van Bloemfontein wat die Britse magte later in staat stel om die rivier onverhinderd oor te steek. Smith het Kolonel George Buller beveel om 'n mag te mobiliseer en na die Oranjerivier op te trek. Hulle bereik Colesberg op 21 Augustus waar hulle by ander eenhede aansluit. Sir Harry daag ook kort daarna uit Kaapstad op om die bevel oor te neem.

Smith was in bevel van die twee Skuttersbrigade troepe en twee elk van die 45ste en die 91ste Regimente, 'n afdeling van die Kaaps Berede Skutters (Pandoere), drie sesponder-veldkanonne, en onder bevel van Lt. Dynely van die Koninklike Artillerie en 'n klein eenheid van Sappeurs en Mineurs. Verder het die Mediese Department bestaan uit Mnr. Hall, Dr. Atkinson en 'n Mnr. Power. Voorrade is met 'n kommissariaat van 117 waens onder beheer van 'n span Griekwas gekarwei. Daar was altesaam 1 200 soldate.

Alhoewel die Boere nie professionele soldate was nie was hulle formidabele teenstanders aangesien hulle uitstekende skuts was. Hul enigste kanon was Ou Grietjie wat in die Slag van Bloedrivier gebruik is. Die Boere was egter almal berede wat hulle baie beweegbaar gemaak het.

Die Britte het die Oranjerivier onverhinderd oorgesteek en in die rigting van die plaas Boomplaats op pad na Bloemfontein begin beweeg. Op 29 Augustus het die Britte op die verlate plaas Touwfontein ontbyt geëet. Hier vind hulle uit dat Pretorius stelling ingeneem het in 'n reeks lae koppies omtrent twaalf myl weg regs van die pad na Boomplaats. Smith het die teiken vroeg in die namiddag bereik en onmiddelik tot aanval oorgegaan. Die Kaapse Berede Skutters aan die linker kant, die 45ste in die middel en die Skuttersbrigade aan die regterkant, met die 91ste wat as 'n reserwemag gereserveer is. Kaptein Murray het sy swaard getrek en die teken gegee om aan te val. Die 45ste het onder swaar vuur deurgeloop en kon slegs die Boere posisies handhaaf toe die 9lste ter ondersteuning opgekom het. Die Kaapse Berede Skutters het 'n Boere sy-aanval verslaan, wat gepoog het om die waens en agter die magte aan te val, en hulle doelwitte bereik. Die Skutters Brigade het ook in hulle doelwitte geslaag en Pretorius moes na drie ure op die vlug slaan en oor die Vaalrivier terug trek. 

Twee-en-twintig Britte waaronder twee Britse offisiere het in die slag omgekom en 38 gewond insluitend Sir Harry wat in die hakskeen gewond is. Sewe boere het omgekom en vyf is gewond.

 Bron: Wiki

Slag van Colenso

Die Slag van Colenso het tydens die Tweede Vryheidsoorlog tussen die Britse magte en die Boeremagte van die ZAR en die VrystaatseRepubliek op die 15de Desember 1899 plaasgevind.

Ontoereikende voorbereiding en verkenning en 'n gebrek aan begeesterde leierskap het gelei tot hoë ongevalle en 'n vernederende neerlag deur die Britse magte

Agtergrond 

Kort voor die uitbreek van die oorlog is Generaal Sir Redvers Buller aangestel as opperbevelvoerder van al die Britse magte in Suid-Afrika. Met sy aankoms was verskeie Britse garnisoene reeds beleër met baie beperkte kommunisikasie tussen hulle. Nadat hy afdelings onder bevel vanLord Methuen en Gatacre na respektiewelik die westelike en sentrale front gestuur het, het hy self bevel van die grootste afdeling oorgeneem en onderneem om hulle te lei om die beleërde dorp, Ladysmith in die hedendaagse Kwazulu-Natal te ontset.

Die Boeremagte het op die front verskeie stroop- en verkenningstogte na die suidelike deel van die Natalse kolonie gemaak maar het telkens wanneer hulle van aangesig tot aangesig met die Britse Leër kennis gemaak het, teruggetrek. Hulle het uiteindelik tot die aan die noordekant van die Tugela Rivier teruggetrek waar hulle hulself ingegrawe het met die doel om die pad en spoorlyn na Ladysmith te blokkeer.

Britse strategie 

Buller was nie in staat om flankaanvalle te loods nie as gevolg van 'n gebrek aan waens en trekdiere en het daarom besluit op 'n direkte frontaanval naby die spoorlyn, wat ook sy kommunikasielyn was.

Buller was van plan om sy 5de Brigade, 'n Ierse eenheid onder bevel van Majoor-generaal Hart te stuur om 'n drif twee myl opstroom van die dorpie Colenso oor te steek.

'n Ander brigade onder bevel van Majoor-generaal Hildyard sou die dorp self oorneem (waar daar 'n pad en spoorbrug bestaan het). Aan hulle regterlinie sou 'n brigade van die colonial light horse en berede infanterie 'n klein heuwel bekend as Hlangwane kop probeer oorneem wat ten suide van die Tugela geleë was en deur Boeremagte beset ten einde die bedreiging tot hulle linkerflank af te weer. 'n Verder twee infanterie brigades sou as reserwe dien.

Die Boere strategie 

Generaal Louis Botha het die spoorbrug opgeblaas maar doelbewus die padbrug ongeskonde gelaat in die hoop dat hulle die Engelse in 'n lokval kon lei en dan die brug agter hulle met artillerievuur beskadig of vernietig om te verhoed dat hulle ontsnap.

Die Veldslag 

Vroeg op die oggend van 15 Desember 1899 het Hart sy troepe vir 'n halfuur lank 'n paradegrond dril laat doen en hulle toe in geslote kolonne na die drif in die rivier gelei. Sy plaaslik gewerfde gids wat glad nie Engels kon praat nie het die brigade na die verkeerde drif aan die punt van 'n kronkel in die rivier gelei. Botha het sy manne beveel om nie te vuur voordat die Britte die rivier probeer oorsteek nie, maar Hart se brigade in wat in die kronkel vasgekeer was, was eenvoudig 'n te aanloklike teiken. Die Boere het begin vuur en Hart se brigade het meer as 500 ongevalle gelei voordat hulle kon onttrek.

Onderwyl het Hildyard aanbeweeg na Colenso met twee batterye veldkanonne onder bevel van Kolonel Long aan sy voorhoede waar hulle die kanonne ontplooi het binne trefafstand van die naaste Boerelinies. Weereens was dit ook 'n te aanloklike teiken en het die Boere begin vuur. Die Britse kanoniers het die Boere aanvanklik die stryd aangesê, maar is uiteindelik gedwing om dekking te soek in 'n donga ('n droë rivierbedding) agter die kanonne. Buller wat verneem het dat sy light horse brigade vasgepen was aan die voet van Hlangwane en dus nie in staat was om die opmars voort te sit nie, het op die punt besluit om die aftog te blaas, selfs al het Hildyard daarin geslaag om Colenso in te val.

Buller wat self lig gewond is het 'n beroep op vrywilligers gedoen om te help om Long se kanonne te herwin. Twee spanne het daarin geslaag om twee van die kanonne terug te sleep maar 'n ander poging het misluk toe die vrywilligers deur die Boere se geweervuur neergefel is. Een van hulle was Luitenant Freddy Roberts, die enigste seun van Veldmaarskalk Lord Roberts.

Die Britte het gedurende die middag na hul kamp teruggetrek en tien kanonne en vele gewonde kanonniers asook sommige van Hildyard se troepe.

Nadraai 

Al is Buller as opperbevelvoerder deur Lord Roberts vervang het Buller steeds in bevel gebly in Natal ten spyte van Freddy Roberts se dood.

In die loop van die volgende maand het Buller voortgegaan met sy oorspronklike aanvalsplan op die Boereflank. Dit het egter gelei tot 'n verdere neerlaag tydens die Slag van Spioenkop. Hy het uiteindelik na Colenso teruggekeer en met moeite sy pad oor die Tugela oopgeveg deur die boere se flank verby te steek en Hlangwane oor te neem. Dit het egter 'n verdere tien dae se gevegte geverg maar Botha se magte moes uiteindelik die aftog blaas. Ladysmith is daarna op die 28 ste Februarie 1900 ontset.

1 General Louis Botha’s Commando
2 Boksburg Commando
3 Colenso
4 Krugersdorp Commando
5 Wakkerstrom Commando
6 Ermelo Commando
7 Swaziland Police
8 Ermelo Commando
9 British Camp, Chievely
10 Tugela River

Slag van Paardeberg

Die Slag van Paarbeberg was 'n groot veldslag tydens die Tweede Vryheidsoorlog. Die slag is naby Paardebergdrif gevoer op die walle van die Modderrivier in die Oranje Vrystaat naby Kimberley.

Die slag het gevolg net na Britse magte Kimberley ontset het na die Boeremagte se beleg van die dorp. Die terugtrekkende Boeremag onder bevel van Piet Cronje is vasgekeer by Paardeberg en tot oorgawe gedwing na 'n beleg wat gevolg het op 'n mislukte direkte aanslag teen die Boeremagte deur Generaal Kitchener.

 

Situasie in Februarie, 1900 

Veldmaarskalk Roberts is aangestel om die Britse magte in Suid-Afrika aan te voer in Desember 1899 in opvolging van Generaal Redvers Buller(Roberts het op daardie stadium sopas gehoor dat sy seun, Freddy, noodlottig gewond is by die Slag van Colenso.)

Soos Buller, het Roberts hom voorgeneem om 'n direkte aanslag op die Boererepublieke se hoofstede Bloemfontein en Pretoria te maak deur gebruik te maak van die spoorlyn vanaf Kaapstad vir logistieke steun en kommunikasie. Soos in Buller se geval het hy met sy aankoms in Suid-Afrika ondevind dat die openbare mening in Brittanje en onder die Britse gemeenskap in Suid-Afrika 'n sterk optrede wou sien om die beleg van Ladysmith, Kimberley en Mafikeng te ontset en het daarom sy planne verander.

'n Vroeëre poging deur die Britte om Kimberley te ontset onder bevel van Lord Methuen is deur die Boere onder Generaal Cronje teengestaan. Cronje saam met Generaal De la Rey en sy Transvaalse burgers kon nie daarin slaag om die Britte se opmars tydens die Slag van die Twee Riviere by die sameloop van die modderrivier en die rietrivier reg langs die spoorlyn stuit nie. Die Britse opmars is egter tot 'n stilstand gedwing na die Slag van Magersfontein en is die Britte gevoelige verliese toegedien. Verder het baie van die Boerekrygers se familie by hulle aangesluit by die hooflaer te Jacobsdal. Die teenwoordigheid van nie-vegtendes en die stadige ossewaens sou uiteindelik bydrae tot Cronje se neerlaag.

Britse strategie 

Roberts het 'n baie versterkings lang die spoorlyn tussen die Oranjerivier en die Modderrivier gekry. Sy mikpunt was om die Boere se flank te omsingel en sy kavellerie daarom te laat beweeg ten einde Kimberley te ontset, terwyl sy infanterie die belangrike driwwe agter hulle sou beveilig. Roberts het twee infanteriedivisies elkeen met twee infanteriebrigades en 'n berede afdeling wat uit drie brigades bestaan het onder bevel van Generaal French gehad. 'n Ander infanterie-afdeling is tydens die veldtog tot stand gebring.


Die ontsetting van Kimberley 

Terwyl die Highland Brigade onder bevel van Majoor-Generaal Hector MacDonald die Boere te Magersfontein se aandag afgelei het, het Roberts se groot mag in die geheim begin om in die ooste op te mars op die 11deFebruarie. Die aand van 12 Februarie het sy magte die driwwe oor die Rietrivier beset. Op die volgende dag het die Britse berede mag 'n 30 myl lange mars in versengende hitte uitgevoer om die driwwe by die Modderrivier te beset. Die opmars het die Boere onverwags betrap en hulle was nie daartoe in staat om die driwwe en omringende koppe te verdedig nie.

Vroeg op 15 Februarie het French se afdeling die finale tog aangepak om Kimberley te ontset. Hulle het slegs verspreide en sporadiese teenstand van die Boere gekry en die groot mag het deur die dun Boerelinies gedring. Daar word vertel dat French protokol verontagsaam het en nie eerste by die militêre bevelvoerder van die beleërde garnisoen aangemeld het nie maar wel by Cecil John Rhodes by die dorp se grootste hotel.

Die finale opmars het French se afdeling uitgeput, veral omdat sy kavellerie te veel toerusting saamgedra het en futiele pogings om een van die Boere se 155 mm Creusot kanonne (met die bynaam "Long Tom" gedoop) te probeer onderskep.

Cronje se verskuiwing na Paardeberg 

Op die 15de Februarie het Cronje se burgers, sowat 5 000 Transvalers en Vrystaters uiteindelik hulle laer te Jacobsdal verlaat. Hulle stellings was nou nutteloos en hulle was in gevaar om omsingel te word. Op die nag van die 15de het 'n groot konvooi tussen die agterhoede van French se afdeling en die buiteposte van Luitenant-Generaal Thomas Kelly-Kenny se afdeling by die driwwe van die Modderrivier deurgemasjeer. In die daaropvolgende dag het die Boere se agterhoede verhoed dat die Britse 6de afdeling hulle inhaal. Op die 17de het 'n groot konvooi Boerewaens Paardebergdrif op die Modderrivier bereik. Hulle was op die punt om die rivier oor te steek toe 'n Britse berede mag hulle uit die Noorde aangeval en afgesny het.

Cronje het toe besluit om 'n laer te trek en langs die oewer van die Modderrivier in te grawe. Die Britse magte het aangegroei en die Boeremagte in getalle by verre begin oortref met oorweldigende artillerie tot hulle beskikking. Die Britte sou dus die Boere maklik tot oorgawe kon dwing deur hulle te beleër en te bombardeer. Generaal Christiaan de Wet wat slegs sowat 30 myl verder weg was, het die besluit van Cronje skerp gekritiseer veral omdat daar na sy oordeel nie voldoende Britse kavellerie beskikbaar was om hulle te stuit nie en sou hulle by sy magte en die van Hoofkommandant I.S. Ferreira kon aansluit wat ook 'n sootgelyke afstand ten noorde van Cronje was as hulle aanhou beweeg het.

Bloedige Sondag 

Luitenant-Generaal Thomas Kelly-Kenny van die Britse 6de afdeling was van plan om Cronje se magte te beleër en met bombardemente tot oorgawe te dwing. Dit sou waarskynlik geslaag het en die Britse baie minder ongevalle besorg het. Roberts was egter siek en sy Stafhoof, Luitenant-Generaal Herbert Kitchener, was in bevel van die Britse mag en het met 'n ander plan vorendag gekom.

Daar bestaan 'n moontlikheid dat Kitchener bewus was dat die Vrystaatse Boere onder leiding van De Wet op pad was na Paardeberg om Cronje te ontset, wat dalk sy haastige optrede kan verklaar. Hy het beveel dat Cronje se stellings onmiddelik bestorm moes word. Kitchener het toe met sy infanterie en berede troepe 'n reeks ongekoördineerde trompop aanvalle teen die Boerelaer geloods.

Dié het hy gedoen ten spyte van die verliese wat die Britte voorheen as gevolg van sulke aanvalle teen Boeremagte wat goed ingegrawe was, gelei het. Die resultaat was hierdie keer dan ook nie anders nie. Die Britse soldate is afgemaai en daar word gereken dat nie 'n enkele Britse soldaat tot nader as 200 treë van die Boerelinies kon vorder nie. Teen sononder was daar 24 offisiere en 279 soldate gedood en 59 offisiere en 847 gewonde soldate aan die Britse kant. Dit was een van die gevoeligste verliese wat die Britte tot op daardie stadium in die oorlog gelei het en het alomweë as Bloody Sunday in Britse kringe bekend gestaan.

Kitchener het nie net sy soldate se lewens vermors nie, maar ook sy strategiese voordeel prysgegee. 'n Nabygeleë kop is slegs lig verdedig wat De Wet in staat gestel het om die kop in te neem. De Wet was nou in staat om die Britse stellings lastig te val. Teen sononder het Kitchener sy soldate beveel om in te grawe waar hulle is. Nie almal het egter die bevele gekry of gehoorsaam nie en die Britse soldate wat dors en uitgeput was het teruggekeer kamp toe. Dit het al hoe meer waarskynlik begin lyk asof Cronje sou kon ontsnap.

Aan die Boerekant het dinge ook egter nie goed gelyk nie. Cronje en sy burgers was al dae lank op die vlug en die bombardement het ongeveer 'n 100 sterftes en 250 gewondes tot gevolg gehad. Die perde, osse en waens wat nie beskut was nie het egter nog erger daaronder gely. Baie waens en ammunisie is vernietig. Die verliese het veroorsak dat die moraal van Cronje se laer baie laag was.

Die beleg 

Met sonsopkoms het Generaal Roberts op die toneel opgedaag. Hy het aanvanklik die voortsit van die trompaanvalle voorgestaan maar die veldslag is onderbreek omdat Cronje wou onderhandel het oor 'n skietstaking om dooies te begrawe, 'n versoek wat die Britte geweier het. Die onderhandelinge het egter die grootste deel van die dag in beslag geneem wat enige verdere aanvalle daardie dag onmoontlik sou maak. Die daaropvolgende dag wou Roberts en Kitchener weer aanval maar hulle is deur die senior Britse offisiere teengestaan. Teen die Woensdag het Roberts al oorweging daaraan begin skenk om te onttrek. Gelukkig vir Robberts het De Wet se eerste bes gegee en sy kommandos onttrek. Ferreira se kommando is leierloos gelaat nadat hy per ongeluk deur een van sy eie verspieders doodgeskiet is. De Wet het onttrek nadat Cronje halstarrig geweier het om 'n poging aan te wend om uit te breek.

Die oorgawe 

Die bombardement van Cronje se stellings het toenemend feller geword soos meer en meer Britse kanonne (insluitende 5 duim howitzers en ander 1-ponder "pom-pom" gewere) bygekom het. Bykans elke perd, donkie en os is doodgeskiet en die verrottende stank en vlieë het dit vir die Boere onhoudbaar gemaak. Op die vooraand van die laaste dag van die veldslag het die Royal Canadian Regiment, wat op daardie stadium reeds 70 ongevalle gely het, nader aan die Boerestellings gekruip en hulself skaars 65 tree van die Boerelinies af ingegrawe. Op 27 Februarie 1900 het Cronje se kommando onder hierdie hernieude druk oorgegee. Daarmee is die laaste kommando tussen die Britse magte en Bloemfontein, die hoofstad van die Vrystaat, verwyder. Cronje het met 'n mag van 4 019 man en 50 vrouens oorgegee. Dit was die eerste groot oorwinning deur die Britte oor die Boeremagte (vorige neerlae by Twee Riviere, Graspan en Belmont kan in sekere opsigte as strategiese onttrekkings beskou word). Hierdie oorgawe was egter 'n baie gevoelige slag aangesien die aantal manskappe wat gevange geneem is bykans 10% van die Boere se weerbare leër verteenwoordig het.

Aan Boerekant is Cronje skerp gekritiseer oor sy beslissings en aan die Britse kant is Kitchener ook skerp veroordeel oor die manier waarop hy Britse soldate se lewens verspil het. Waar hy voorheen as die held van Khartoum (Kitchener of Khartoum) bekend gestaan het is hy in sekere kringe Kitchener of Chaos genoem.

Bron: Wiki

Slag van Majuba

Die Slag van Majuba was die laaste van vier militêre botsings tussen Groot-Brittanje en die Boere van Transvaal gedurende die Eerste Vryheidsoorlog (Desember 1880 - Maart 1881. Dit het op 27 Februarie 1881 plaasgevind. Die klinkende en vernederende oorwinning wat die Boere behaal het, het die Britte gedwing om Transvaal weer sy vryheid te gee, nadat dit op 12 April 1877 geannekseer is ('n verbreking van dieSandrivier-konvensie van 1852).

Na die Britse anneksasie van Transvaal het die Boere op 8 Desember 1880 te Paardekraal (wat later Krugersdorp geword het) tydens 'n protesvergadering die onafhanklikheid van Transvaal uitgeroep. Dit was die begin van die Eerste Vryheidoorlog. Die Boere het al die Britse garnisoene onder beleg geplaas en die eerste militêre botsing by Bronkhorstspruit oortuigend gewen.

Generaal-majoor Sir George Pomeroy Colley was die opperbevelvoerder van die Britse magte in Suid-Afrika, asook die goewerneur van Natal en Hoë Kommissaris oor die Britse Kolonies in Suidelike Afrika, 'n briljante man met 'n uitstekende militêre rekord en voormalige professor aan dieSandhurst Militêre Akademie in Engeland. Hy het 'n opmars van Natal na Pretoria begin om die garnisoene te ontset. Hy het met 1200 troepe kamp opgeslaan op die plaas Mount Prospect, suid van Laingsnek.

Laingsnek was 'n strategiese plek waar die roete tussen Pietermaritzburg (in Natal) en Pretoria (in Transvaal) oor die Drakensberge gegaan het. 'n Boeremag van 1500 man onder Kommandant-generaal Piet Joubert het hulle op die lang rug van Laingsnek, net oos van Majuba, ingegrawe om Colley se opmars te stuit.

Op 28 Januarie 1881 (Die Slag van Laingsnek) het Generaal Colley se magte probeer om Laingsnek te verower, maar moes die aftog blaas nadat Kolonel Deane en baie van sy troepe gesneuwel het. Op 8 Februarie 1881 (Die Slag van Ingogo, ook bekend as die Slag van Skuinshoogte) het Colley se troepe weer onsuksesvol met die Boere onder Generaal Nicolaas Smit slaags geraak.

Hierna het Colley nog 2000 troepe van Newcastle laat kom en die plan bedink om die berg Majuba te beset, vanwaar hy kon neerkyk op die Boere se stellings by Laingsnek. Die Britte het die berg gedurende die nag van 26 Februarie uitgeklim. Daar was 405 Britse soldate op die berg, insluitend 171 van die 58ste Regiment en 141 van die 92ste Regiment (die 92nd Highlanders). Teen dagbreek om 04:30 is soldate rondom die kruin van die berg uitgeplaas. Die Gordon Highlanders het die noordelike en noordwestelike kruin beset, asook Gordon se koppie (Gordon's Knoll), een van drie koppies bo-op Majuba.

Daardie Sondagoggend het die Boere onmiddelik nadat hulle die Britse soldate op die berg gesien het, planne beraam om dit te bestorm. Generaal Nicolaas Smit, die bevelvoerder, het vrywilligers gevra en drie afdelings is gevorm onder leiding van kommandant Joachim Ferreira, assistent-veldkornet Fanus Roos en assistent-veldkornetDanie Malan. Generaal Smit het opdrag gegee dat die manne bo 50 agter die rotse van die eerste plato moes bly skuil en na elke Engelsman wat sy kop oor die boonste rand uitsteek, moes skiet. Dit het dit moontlik gemaak vir die res van die Boere om onder vuurdekking tot reg onder die kruin te kom, wat hulle net voor die middaguur, na 'n klim van ses uur, bereik het.

Intussen het Colley opdrag gegee dat die berg vir ten minste drie dae verdedig moes word en het hy en baie van die troepe wat dwarsdeur die nag die berg uitgeklim het, verlore slaap ingehaal.

Die berg Majuba

Teen 12:45 het die Boere met hewige geweervuur op Gordon se koppie losgebars en dit verower. Gedurende die volgende uur, het die Boere oor die kruin gestroom en die Britte met akkurate skietwerk groot veliese toegedien. Daar was groot verwarring en die Britte het na die suidekant van die bergtop begin vlug. Generaal Colley is bokant sy regteroog raakgeskiet en is op die berg oorlede. Die res van die Britse mag het oor die agterste kruin gespring en is beseer, geskiet of gevange geneem.

Van die Britse soldate het 92 gesneuwel, 134 is gewond en 59 is gevange geneem. Slegs een van die Boere (H. Bekker) het daardie dag gesneuwel ('n tweede een, J. Groenewald, het later aan sy wonde beswyk) en ses ander is gewond. Dit toon die verskil tussen die Britte en die Boere se kamoeflering en skietvernuf.

Die veldslag het daartoe gelei dat die Britse bevelvoerders op 21 Maart 1881 'n vredesooreenkoms geteken het.

Alhoewel daar nie baie soldate betrokke was nie, was die veldslag belangrik, om die volgende redes:

  • 'n Vredesooreenkoms is geteken, wat later tot die Pretoria Konvensie tussen die Britte en die jong Suid-Afrikaanse Republiek gelei het en die Eerste Vryheidsoorlog beëindig het.
  • Naas Bloedrivier, was die veldslag van Majuba vir die Boere die belangrikste in hulle geskiedenis, want dit het hulle eie volksbestaan bevestig en hulle die selfvertroue en nasietrots in hulle taal en kultuur gegee wat gelei het tot latere taalbewegings en weerstand teen Groot-Brittanje tydens die Tweede Vryheidsoorlog.
  • Die vuur-en-bewegingstaktiek wat Generaal Smit en die Boere gebruik het tydens die bestorming van die berg, was 'n nuutjie en is eers jare later deur ander leërs gebruik.
  • Die Britte het die vier volslae nederlae (Bronkhorstspruit, Laingsnek, Skuinshoogte en Majuba) nie vergeet nie en dit het waarskynlik gevolge gehad tydens die Tweede Vryheidsoorlog, beter bekend as die Anglo-Boereoorlog van 1899 - 1902. "Remember Majuba!" het 'n strydkreet geword.

Nog ...........

Die veldslag van Majuba en die betekenis daarvan

Intussen het mev. Hendrina Joubert, die generaal se vrou, ook die vyand op die berg gewaar.  Binne enkele minute was die Boerekamp in spanning.  Piet Joubert jaag self langs die lang linie en roep sy offisiere op.  Hy vind sy twee generaals Frans Joubert en Nicolaas Smit besig om te twis oor wie se skuld dit was dat die Engelse op die berg gekom het.  Piet Joubert duld egter geen woorde meer nie en met sy skerp hoë stem kom die bevel: “Die Engelse is daar bo en julle gaan hulle daar afhaal … dadelik!”

 

En toe volg daar een van die meer briljante strategiese beplanning in die militêre geskiedenis.  Generaal Nicolaas Smit se bevele binne enkele minute is eenvoudig verstommend.  ‘n Engelse navorser skryf:  “Everything was planned by general Smit with Napoleonic facility and speed”  [Ransford].  Geen onduidelikheid nie:  “Ek het 150 manne nodig om die berg te bestorm.  Al die ander stellings moet behou word”.  Let op generaal Smit se woorde.  Hy sê nie “julle wat dapper is volg my nie”, maar:  “Julle wat geen lafaards is nie, volg my”!

 

Die afdelings het die berg bestorm:  In die middel reg na bo assistant-veldkornet Frans Roos met sy manne;  regs van hom kommandant Joachim Ferreira met sy manne en links assistant-veldkornet Danie Malan met sy manne.  Aan die manne bokant 50 jaar word bevel gegee om agter die rotse van die eerste plato teen die steilte stelling in te neem.  “As ‘n Engelsman daar bo-op die berg sy kop uitsteek, dan skiet julle”!  Hierdie ouer manne was die ervare skuts.

 

Die Boere se taktiek was meesterlik.  Dit het eenvoudig al die Engelse militêre handboeke oortref – ons kan feitlik sê “oorskryf”.  Die gebruikmaking van “dooie grond”, dit wil sê waar die vyand jou nie kan sien nie en kruisdekking met akkurate vuur, was dodelik.  Generaal Smit se strategie was die van vuur en so vinnig soos moontlik onder hierdie dekking vorentoe beweeg.  Nie almal gelyk nie, maar twee-twee, selfs een-een van struik tot struik, van rots tot rots.  Feitlik ongesiens het die Boere in ‘n lang halfmaan rondom die Majubakruin al nader en nader beweeg.  Dit was met ‘n ongelooflike geduld vir ses ure lank.  En tog was elke beweging met blitsige spoed.  Teen elfuur se kant was die voorstes alreeds onder die regop kranse van die kruin.  Van die rand van die plato onder hierdie kranse kom daar, sodra daar beweging bo-op die kruin is, elke keer sarsies vuur van die manne bo 50 jaar.

 

Intussen leef generaal Colley en sy offisiere in die grootste waan oor die toestand.  Triomfantlike boodskappe word met vlae en Heliograafseine na Mount Prospect gestuur.  Onder andere laat Colley hulle weet:  “Alles is wel.  Die Boere mors hulle ammunisie en is besig om hulle waens op te pak … Een van ons manne is in sy voet gewond…”

 

Vir ure lank het die Britte geen besef van die Boere se geniale militêre vernuf nie.  Hulle het ook geen besef dat die Transvalers bereid is om ‘n duur prys vir hulle landsvryheid te betaal nie.  Hulle weet ook niks van die Boere-gedetermineerdheid toe generaal Joubert gesê het:  “Tot sover en nie verder nie”!

 

DIE BETEKENIS VAN MAJUBA

 

In omvang en getalle was die veldslag van Majuba eintlik klein.  In vergelyking met groot verdslae in die wêreldgeskiedenis, was dit skaars ‘n skermutseling van enkele ure.  Maar die betekenis van Majuba was vir Suid-Afrika onoortreflike:  Die magtigste wêreldmoondheid, Groot Brittanje met sy baie kolonies as ‘n Verenigde Koninkryk onder die Union Jack, is tot in sy fondamente geskud.  Lord Carnavon se Federasie-politiek vir die subkontinent van Afrika het ‘n nekslag gekry. 

Naas Bloedrivier was die veldslag van Majuba vir die Boere die belangrikste in hulle geskiedenis.  Die betekenis is onberekenbaar: 

·        Afrikaners met hulle eie identiteit van taal en kultuur en ‘n eie volksbestaan soos alle ander volke in die wêreld, het met Majuba, ‘n voldwonge feit geword.

 

·        Die Britse politieke beleid in Afrika moet ingrypende aanpassings maak.  Sy kolonialisme het ‘n nuwe dimensie gekry.

  Maar helaas, Majuba het die grootste wraak van Groot Brittanje wat nog ooit teen die klein Boerevolkie gepleeg is, ontketen.  Die Britse trots kon nooit die vernedering van Majuba verwerk nie.  Koningin Victoria het met verbittering uitgeroep:  “I do not like peace before we have retrieved our honour”.  “Remember Majuba!”  het die Engelse se nuwe strydkreet geword.  Die oorlog van 1899 – 1902 tussen Boer en Brit het vir byna drie jaar op ‘n massale bloedvergieting uitgeloop.  Thomas Pakenham, ‘n Britse outoriteit oor die Tweede Anglo-Boere oorlog skryf die volgende:  “Milner’s little” “Armageddon” had cost the British taxpayer more than £ 200 million.  The cost in blood was equally high.  The War Office reckoned that 400 346 horses, mules and donkeys were “expended” in the war.  There were over a hundred thousand casualties of all kinds among the 364 693 imperial and 82 742 colonial soldiers who had fought…  On the Boer side, the cost, measured in suffering, was relative much higher.  It was estimated that there were over 7 000 deaths among the 87 365 Boers who foughs for the two republics”  [Pakenham:  The Boer War, 1993. p. 287].  Aan Boerekant het ook nog 26 251 vroue en kinders in 45 konsentrasiekampe gesterf.  Ook 30 000 Boerewonings en plase is in Transvaal en die Vrystaat totaal verwoes [Ensiklopedie van die Wêreld”  Stellenbosch, 1974, deel 6, p. 204]. 

Bron: Wiki

Slag van Magersfontein

Die Slag van Magersfontein het 'n beroemde oorwinning geword vir die Boeremagte tydens die Tweede Vryheidsoorlog. Hierdie slag het een van 'n driestuks neerlae deur die Britse magte (saam met Colenso en Stormberg) uitgemaak wat in Brittanje as die Swart Week bekend gestaan het. Die slag het gevolg na drie opeenvolgende nederlae (Belmont, Graspan en Twee Riviere (aan die Engelse bekend as die slag van modderrivier) wat deur die Boeremagte gelei is in hul poging om Lord Methuen se opmars om Kimberley te ontset, te stuit.

Aanloop tot die geveg 

Die geveg het gevolg op die veldslae by Belmont en Graspan waar die Boere die tradisionele gevegstaktiek gebruik het deur die hoër grond in te neem. Generaal De La Rey (wat betrokke was by die beplanning van Magersfontein) het egter hieruit geleer dat die hoë grond die aanvalsmag bevoordeel het deurdat die koppe 'n duidelike teiken vir grofgeskut was en selfs belangriker dat die hoek van vuur dit moeiliker gemaak het om voldoende verliese toe te dien om 'n aanval te stuit. De La Rey het daarop sy taktiek aangepas en hierdie lesse toegepas met die keuse van sy volgende verdedigingslinie by die sameloop van die Modder- en Rietriviere. Hier het sy burgers hulself in loopgrawe en skuilgate ingegrawe sowat 50 tot 100 meter aan die voorkant van die rivier met die opgeblaasde spoorbrug as die middelpunt van die linie. Tydens die veldslag op 28 November is die Britse magte gevoelige verliese toegedien maar die regterkantste flank van die verdediginglinie is oorrompel en is die Boeremagte genoodsaak om hulle posisies in die nag te ontruim.

'n Hewige rusie oor waar om volgende in te grawe en te veg het tussen Generaal De La Rey en Generaal Piet Cronje ontstaan. Generaal Cronje was ten gunste daarvan om die heuwels by Spytfontein in te neem, maar De La Rey was van mening dat grondvlak verdedigingsposisies by Magersfontein meer doeltreffend sou wees. De La Rey het geredeneer dat Spytfontein te kwesbaar was vir 'n Britse Artillerie-aanval vanaf die Magersfontein koppies. Die dooiepunt tussen die twee generaals is deur President Steyn, wat De La Rey se taktiek gesteun het, gebreek tydens 'n krygsraad wat op 4 Desember gehou is.

Voorbereidings vir die geveg

Die Boeremagte het die 9thLancers wat die Magersfonteinkoppe as verkenningspos gebruik het, gedwing om die posisie te ontruim, wat dit vir die Britse magte moeiliker gemaak het om die Boere se posisies te verken. Die Boere se verdediginglinie het gestrek vanaf die westekant van die spoorlyn by Langberg deur Magersfontein tot by Mossdrif aan die Suidoostekant van die Modderrivier. Van die verdedigingsposisies veral by Langberg was op hoë grond geleë met die grootste deel daarvan op grondvlak. Die verdediginsposisies het hoofsaaklik uit grondwalle, skanse (lae klipmure) en 'n enkelry loopgrawe naby die suidwestelike voet van Magersfonteinkop bestaan. 'n Gaping in die verdedigingslinie net oos van Magersfonteinkop het ontstaan omdat die Boeremagte genoop was om hulle magte te konsentreer op die mees waarskynlikste aanvalspunte (flankaanvalle). Die Britse bombardement van Magersfonteinkop op die negende en tiende Desember het dit egter duidelik laat blyk dat Magersfonteinkop die middelpunt van die aanval sou wees. Die bombardement het ook nie die gewenste demoraliserende impak op die boeremagte gehad nie omdat dit hoofsaaklik op die kop self gekonsentreer was en is slegs 3 burgers gewond ten spyte van die feit dat soveel as 31 kanonne op die tiende op die kop losgebrand het. Daar is toe begin om die gaping met sandsakke te versterk en hierdie werk was skynbaar nog onderweg toe die geveg begin het. Daar bestaan egter onsekerheid oor die omvang van die sandsak skanse tydens die geveg.

Hierdie frontaanvalstaktiek van Methuen is deur Wauchope bevraagteken maar hy het geen ondersteuning van die ander senior Britse offisiere (Pole Carew en Colville) gekry nie. Die Boeremagte was egter voorbereid en op die nag van die tiende het hulle brandwagte voor die linie geplaas om hulle te waarsku as 'n Engelse opmars bespeur sou word. Een van hierdie groepe in die voorhoede was die Skandinawiese vrywilligers onder bevel van Kaptein Flygare. Hulle het 'n waarnemingspos op "Horse Artillery Hill" beman wat hulle in staat sou stel om 'n opmars na "Scrub Ridge" te hoor.

Die veldslag 

Majoor George Benson het die bevel gekry om die Highland Brigade te lei na 'n punt sowat 700 meter suid van Magersfontein se suidpunt (spur) en om die punt rondom 3 uur in die oggend te ontplooi vir 'n aanval net voor eerstelig. Die beroemde Black Watch regiment was aan die voorhoede van die opmars en sou die heel regterkantste flank van die aanval uitgemaak het met die Seaforths aan hulle linkerflank en die Argyll en Sutherland Highlanders aan die Seaforths se linkerkant. Drie Infanterie artillerie batterye en 'n berede artillerie battery sou artillerie ondersteuning verskaf het. Die Britse kolonne het in geslote gelid gemarsjeer wat meegebring het dat sowat 3500 man in 'n gebied so min as 40 meter diep en 160 meter breed ingepas is.

'n Donderstorm gedurende die nag het die Britse opmars vertraag en ook veroorsaak dat hulle sowat 500 meter te ver links vanaf die beoogde ontplooiingspunt was. Ten spyte van Majoor Benson se aanbeveling aan Wauchope om die manne te ontplooi het Wauchope besluit om voort te marsjeer. 'n Ry swarthaak bosse het hulle opmars verder vertraag en eers nadat die Black Watch hulle pad daardeur oopgebeur het, het Wauchope die bevel gegee om te ontplooi. Om vir die afwyking te vergoed het Wauchope die Seaforths beveel om die posisie regs van die Black Watch in te neem en die Argyll- en Sutherland Highlanders om verder regs van hulle te ontplooi. Baie van die manne het egter in die donker van hulle eenhede afgedwaal en sou onbewus gewees het van die veranderinge in die planne en het waarskynlik bygedra tot die verwarring tydens die gebeure wat daarop gevolg het.

Die Boere brandwagte sou ongetwyfeld die opmars gehoor het en het hul mede-burgers gewaarsku dat die Britse opmars onderweg was. Dis onseker watter gebeurtenis die Boereskuts laat losbrand het. Sommiges reken dit was die die klank van bajonette wat gemonteer is wat die Boere oortuig dat die Britte naby genoeg gekom het en daar word vertel dat 'n lantern op die kop uitgedoof as teken om te begin vuur. Conan Doyle sê in sy boek dat 'n Boer wat by die geveg betrokke was aan hom gesê het dat dit die klank van verklikkers (blikkies wat aan drade gebind was) wat hulle laat skiet het. 'n Hewige vuur is op die Britse troepe losgelaat veral vanaf die Kroonstad en Hoopstad kommandos wat in loopgrawe skaars 400 m voor die Britte ingegrawe was. Chaos het in die Britse kolonne ontstaan en is baie van die troepe is binne die eerste paar minute van die geveg getref (Volgens Conan Doyle soveel as 700 binne die eerste 5 minute). Wauchope het die Black Watch saam met 'n groep van die Seaforths beveel om die "gaping" en die Sandsaklinie te storm maar kon nie meer as 40 m vorder nie en het groot verliese in die proses gelei. Generaal Wauchope en Kolonel Coode van die Black Watch het ook binne die eerste paar minute van die geveg gesneuwel. Teen hierdie tyd het dit al begin lig word en het die verliese begin toeneem onder die vegtende voorhoede wat op die grond met min beskutting neergepen was. Onder die agterhoede wat nog besig was met ontplooiing het paniek uitgebreek en het sowat 250 m teruggeval.


Die Skandinawiese Korps wat agter klein rotse en skanse ingegrawe was op 'n voorwaartse verkenningspos wat later deur die Engelse "Horse Artillery Hill" gedoop was, het hulself aan die regterkantste flank van die Highlanders bevind. Toe die Highlanders begin terugval en in hulle rigting begin uitwyk het, het hulle hewig losgebrand op die Highlanders. Hulle posisie is bestorm en omdat hulle geïsoleer geraak het van die ander Boeremagte is hulle oorweldig en is die korps geheel en al uitgewis ('n Monument ter nagedagtenis aan hierdie dapper vegters staan vandag daar op "Horse Artillery Hill").

Drie groepe Highlanders het daarin geslaag om deur die "gaping" te breek en het die agterste helling en nek tussen die kop en die rif begin bestyg. Die eerste twee groepe onder 'n Kaptein Macfarlan en 'n Luitenant Cox moes egter terugval toe hulle onder vuur gekom het vanaf die burgers op die kruin van die kop. 'n Derde groep onder leiding van 'n Luitenant Wilson van die Seaforth Highlanders het goed gevorder maar in die swak lig hulself misgis en 'n groep vasgemaakte perde vir Boere aangesien en die meeste van hulle doodgeskiet (en sodoende hulle posisie verklap). Kommandant Diedericks het sy Ladybrand kommando wat sopas daar aangekom het, het 'n deel van sy groep gestuur om die "gaping" toe te maak en die Britte op die kop van agter begin aanval. Kommandant Diederichs is tydens hierdie beslissende aanval gedood asook Generaal Christiaan de Wet se oudste broer. Colville se Guards Brigade is hierna deur senior offisiere by "Headquarters Hill" gelas om "Scrub Hill" in te neem en dan vandaar die "gaping" in die Boerelinies aan te val. Die aanval is egter hier gestuit. Na verdere bombardemente het Methuen in 'n desperate poging om die loop van die geveg te verander, sy laaste beskikbare reserwes, die Gordon Highlanders onder 'n Luitenant-Kolonel Downman beveel om 'n front-aaval op die Boere loopgrawe te doen om die troepe wat op die vlakte voor die Magersfontein hoogtes vasgepen is te versterk. Hulle is egter elke keer as hulle opgestaan het om te storm gevoelige verliese toegedien deur akkurate vuur uit die loopgrawe en is uiteindelik ook op die vlakte neergepen.

Op hierde stadium toe dit duidelik word dat die Langberg deel van die linie geen bedreiging in die gesig gestaar het nie, het die Potchefstroom Kommando onder bevel van Generaal Andries Cronje hulle posisies ontruim en onder leiding van Generaal Naas Ferreira agter "Scrub Ridge" posisie ingeneem om sodoende die Vrystaatse kommando's te versterk. 'n Dapper teenaanval deur Ferreira is toe begin om besit te neem van die grond tussen die Highlanders by "Horse Artillery Hill" en "Scrub Ridge" en die Highlanders wat voor die loopgrawe vasgepen was onder hewige bombardement van kanonne waarvan die vuur deur verkenners in 'n balon gerig is. (Baie kritiek is uitgespreek oor Methuen se besluit om die aanval te loods voordat die balon in plek was om die Boereposies te kon bespied.)

'n Poging van Luitenant-Kolonel Hughes-Hallet om hierdie dreigende wig wat Ferreira se aanval in die linies toe te stop is verkeerdelik deur die Highlanders as 'n algemene ontrekking geïnterpreteer en het hulle oraloor op die vlug begin slaan. Hierdie aksie het die Boere 'n uitstekende teiken verskaf en die Highlanders is verdere gevoelige verliese toegedien. Die Boere se 75 mm Krupp kanon bo-op Magersfontein kop wat die heeldag stil was het ook op die stadium losgebrand en verdere chaos en verwarring onder die Highlanders gesaai. Die oorblywende Highlanders het agter "Headquarters Hill" stelling ingeneem en rondom 4 nm. het die slagveld stil geword. Die Britse gewondes voor die loopgrawe is deur die Boere toegelaat om sonder hulle wapens die veld te verlaat en die Britse mediese korps het die grootste deel van die nag gespandeer om dooies en gewondes van die veld te verwyder. Die Britte het egter nie onttrek nie in die hoop dat die Boeremagte soos by Magersfontein in die donker sou onttrek. Dit het egter nie gebeur nie en is 'n algemene skietstilstand rondom 9 vm. op die oggend van die 12de verklaar sodat gewondes wat hulself nog steeds op die slagveld bevind het verwyder kon word. Teen namiddag moes Lord Methuen noodgedwonge die neerlaag aanvaar en het hy na Modderrivierstasie teruggetrek.

Enkele maande voor die oorlog uitgebreek het, het generaal Piet Joubert 30 000 Mausers en ’n aantal moderne veldkanonne en outomatiese wapens van Krupp en Creusot aangekoop. Die Boere was entoesiasties, en reg om die Britte te verdryf. “Vertrou in God en die Mauser!” het hulle slagspreuk geword.

Slag van Bloedrivier

 

Die Slag van Bloedrivier (16 Desember 1838)

Andries Pretorius word ontbied
Die moord op Piet Retief en sy geselskap, die slagting van die Trekkers by Blaauwkrantz, die mislukte Italeni-ekspedisie en die onveilige en onsekere situasie in Natal, laat Maritz en sy mense besin oor leierskap, en veral 'n militêre aanvoerder. Gert Maritz stuur Frans Hattingh, 'n neef van Pretorius, Sarel Celliers en nog 'n Trekker na Letskraal1 naby Graaff-Reinet met die dringende pleidooi om die Trekkers te kom help. Nadat Pretorius vir Hattingh deeglik ondervra het, stuur hy sekere opdragte saam met hom. Die trekkers moes, onder andere, veghekke maak vir die voorgenome laer wat as basis sou dien vir die kommando se aktiwiteite - om voorsiening te maak vir die afwesigheid van doringbosse.

Pretorius word aangestel as hoofkommandant
Op 22 November 1838 kom Pretorius by die laer aan die Klein Tugela aan. Op 25 November stel die Volksraad,2 wat in die hooflaer byeenkom, hom as hoofkommandant3 aan. Onmiddellik na die vergadering word 'n krygsraad gehou en twee dae daarna, op 27 November 1838 vertrek Pretorius met sy kommando van 468 Afrikaners 4,sowat 60 swartes (wat deur Alexander Biggar saamgebring is) en 'n aantal gekleurde bediendes in die rigting van Dingane se hoofstad. Andries Pretorius besluit dat die kommando met 64 ossewaens laer sal trek, eerder as om die Zoeloes in die oop veld te perd aan te durf. Pretorius word bygestaan deur kommandant Karel Landman*, sy tweede in bevel, en kommandante Piet Jacobs, Koos Potgieter, Hans de Lange en Stephanus Erasmus.

Kommandant Pretorius roep sy kommandante, veldkornette en manskappe bymekaar. Elke offisier en manskap kry instruksies oor wat presies van hulle verwag word. Pretorius dring aan op totale gehoorsaamheid en geen teëpratery en die kommando word aangespoor tot manmoedigheid, versigtigheid en eensgesindheid.5 Hy gee opdrag dat geen vroue en kinders in die toekomstige gevegte geskaad word nie. Kommandant Landman spreek 'n paar woorde en vra Sarel Cilliers om voor te gaan in gebed. Op hierdie wyse word die lede van die kommando elke dag besiel en afgerig om binne minder as drie weke in 'n merkwaardige krygseenheid te ontwikkel.

Die optog na Bloedrivier
Die Tugela is in volle vloed dus steek die kommando die rivier oor by sy bolope naby Spioenkop en die eerste laer word aan die oorkant van die Tugela getrek. Kommandant Pretorius beduie in besonderhede hoé die laer van nou af aan opgestel moet word. Elke aand word dus laer getrek, wagte uitgeplaas en inspeksies gehou. Patrollies en verkenners word daagliks uitgestuur, somtyds met Pretorius self as leier. Die waens beweeg in 'n formasie van vier rye sodat die string nie te lank is nie. Die voor- en agterhoede van die gelid word deeglik beskerm. Elke kommandolid se wapens word in volle gereedheid gehou, nagegaan en weer nagegaan. Afgesien van die patrollies word veldoefeninge gehou, met die manskappe in hulle veldkornetskappe ingedeel, om tug en ordelikheid by elkeen in te skerp. Twee voorlaaier-kanonne, die een genaamd "ou Grietjie" word uitgetoets en gereed gehou. Hier by die Tugela word eers krygsraad gehou gevolg deur 'n diens gelei deur Cilliers. 'n Patrollie onder Stephanus Erasmus word daarna uitgestuur om die krale van Joob, 'n Zoeloe-hoofman wat die afgelope tyd las gegee het, te verken.

Die optog bereik die Kliprivier waar Komdt. Landman en sy groep van 123 man by die laer opdaag. Hulle word vergesel deur Alexander Biggar,6 Edward Parker en Robert Joyce en 100 "mak swartes" van Port Natal. Die Trekkers beweeg nou in 'n noordelike rigting, noord van die huidige Ladysmith, oor Danskraal en die teenswoordige Biggarsberge en op 5 Desember word kamp opgeslaan by Elandslaagte. Hans de Lange lei 'n patrollie van drie man om Joob se krale weereens te bespied en moet hulle verdedig toe hulle onverwags midde in 'n groep Zoeloes bevind. Hulle neem een Zoeloe gevange gevange bring hom laer toe. Ná ondervraging ruk Pretorius met 300 man op na Joob se krale - die swartes het hulle egter intussen uit die voete gemaak. Op 6 Desember vertrek die laer om Waschbank (Sondagsrivier) op 8 Desember te bereik. Hiervandaan vorder die Trekkers oor die berge tot by Zandspruit (die huidige Kliprivier).

Die Gelofte
In hierdie tyd word die Gelofte onder leiding van Sarel Cilliers afgelê waarmee die Trekkers plegtig belowe dat, indien God hulle sou help om die Zoeloemag oorwin, dié dag aan die nageslag bekend gemaak sal word, dat dit gevier sal word ter ere van God en dat 'n kerk in Sy Naam opgerig sou word.7 Na 9 Desember word die Gelofte elke aand, tot 15 Desember, in die laer herhaal.

Verkenning
Op 11 Desember bereik die kommando die Umzinyathi of Buffelsrivier. Hier kom Pretorius se verkenners die eerste Zoeloe-spioene teë. Parker, met 'n aantal swart verkenners, dood 'n Zoeloe in 'n kort skermutseling. Pretorius besluit om by die Buffelsrivier te vertoef en stuur op 12 Desember twee patrollies uit, een onder leiding van Komdt. De Lange en die ander, bestaande uit swart spioene onder Parker se aanvoering. Laasgenoemde groep kom weer Zoeloes teë, dood een en neem 'n swart man en aantal swart vroue gevange. Die Zoeloe val Parker aan en dié skiet hom dood. Pretorius skryf sy naam op 'n wit doek en stuur die vrouens na Dingane met die doek en 'n boodskap dat die kommando gekom het om hom te straf. Indien hy sy samewerking gee, is Pretorius gewillig om vrede te maak. Indien hy verkies om te veg, moet hy besef dat die witmense nie gaan besgee nie, al neem dit tien jaar.

'n Patrollie bemerk op 13 Desember 'n groot aantal Zoeloes naby die laer met 'n trop beeste. Hierdie lyk na die soort lokval waarin Piet Uys en sy makkers gedood is en op 14 Desember stel Pretorius ondersoek in met 120 perderuiters. Agt Zoeloes word hier in 'n skermutseling doodgeskiet.

Op Saterdag, 15 Desember, steek die kommando die Buffelsrivier oor en span uit tussen dié rivier en die Ncome,8 'n sytak van die Buffels. Twee verkenners, Jan Robbertse en Hans Hattingh, rapporteer dat 'n groot Zoeloemag ongeveer 'n halfuur te perd van die Trekkers af saamtrek. Na Pretorius die omgewing bekyk het, word besluit om oorkant die Ncome, aan die weste kant, laer te trek. Hier is 'n diep seekoeigat en 'n donga met 'n baie hoë wal wat 'n ideale ruimte vir 'n laer bied. Die kampkommandant, Piet Moolman, kry opdrag om 'n halfmaanvormige laer te trek met die donga agter die waens. 'n Geoefende groep van 150 man spring aan die werk terwyl 300 berede manskappe onder Pretorius 'n kanon in die rigting van die Zoeloes sleep.

Die laer by Bloedrivier
Die waens word só opgestel dat twee kante deur die seekoeigat en die donga beskerm word. Dit maak die laer groot genoeg om diekommando se osse en perde te huisves. Die waens word deeglik met rieme aan mekaar vasgemaak met die veghekke wat elke opening toemaak. Twee smal openinge maak voorsiening vir die perderuiters wanneer hulle die laer sou verlaat en hekke word gereed gehou om hierdie openinge te sluit.

Intussen nader Pretorius, Cilliers en De Lange met hulle ruiters die Zoeloekrygers wat nou sissend neerhurk. Groepe Zoeloes jaag 'n groot klomp beeste aan in die hoop om die kommando in 'n hinderlaag te lok. Die trekkers word egter nie om die bos gelei nie en Pretorius hou by sy besluit om nie die impi in die oop veld aan te val nie. Hy verdeel die kommando in groepe van vyftig, vyftig treë van mekaar en paradeer die manne voor die Zoeloemag. Hulle word noukeurig dopgehou maar die Zoeloes val nie aan nie en die kommando vertrek terug laer toe. Pretorius doen inspeksie en laat kerse opsteek wat orals in die laer geplaas word, sommige op lang sweepstokke. Die laaste verkenner daag op met die nuus dat die hele Zoeloemag nader beweeg het en kort anderkant die rivier naby die laer stelling ingeneem het. Na skatting het tussen 10 000 en 15 000 krygers hier saamgedrom onder leiding van Ndlela en Dambuza, gereed vir die aanval op die Trekkers. Dingane was nie teenwoordig nie maar hierdie impi het die room van sy mag verteenwoordig. Twee prinse en verskeie hooggeplaastes uit Dingane se krale het onder die Zoeloekrygers getel.

Die trekkers nuttig aandete, versorg die diere (ongeveer 900 osse en 500 perde), wat in kringe vasgemaak word, en Sarel Cilliers lei die aanddiens en herhaal die Gelofte - vir die laaste keer voor die geveg. Wagte word elke twee uur vervang terwyl dié Trekkers wat wel slaap, volledig gewapen is. 'n Stilte sak op die laer neer en later word slegs die perde se gesnork en die osse se kreune gehoor.

Die Slag (Sondag, 16 Desember 1838)
Twee ure voor dagbreek is al die manskappe op hulle poste en gewapen. Die kanonne is in openinge opgestel om die geweervuur te ondersteun. Die mistigheid klaar op en 'n perfekte wolklose en windlose dag breek aan. Die laer is omsingel deur die Zoeloemag met hulle skilde - die voorste linie sit slegs omtrent veertig treë van die waens, met ry op ry krygers agter hulle oor 'n area van nagenoeg 1000 treë. 

Die Zoeloes sit opgedeel in hulle regimente, elk met sy kaptein; alle oë op Ndlela en Dambuza, wagtende vir 'n teken om aan te val. Pretorius maan sy manne om nie die groot getalle te vrees nie: "Ons sal oorwin". Naaste aan die waens is Dambuza se mag opgestel terwyl Ndlela se krygers by die seekoeigat saamgetrek is en nog 'n groep hulle binne die donga tuisgemaak het.

Kommandant Pretorius besluit om die eerste aanval te loods; op sy teken word die stilte verbreek deur die gedreun van die olifantgewere en snaphane. Drie sarsies word afgevuur terwyl bulderende kanonne, beman deur Bart Pretorius en Joubert, paaie deur die Zoeloes se linies ploeg.

Die kruitrook lê soos 'n wolk oor die laer en op Pretorius se teken staak die kommando tydelik vuur. Toe die wit kruitdamp ooptrek merk die Trekkers dat die Zoeloes nou 500 treë agter hulle gewonde en gesneuwelde makkers teruggeval het en hoe vars regimente hulle by die impi aansluit.

Die trekkers hoor hoe bevele uitgeskreeu word en sien hoe die voorste krygers hulle assegaaie se stele breek om steekassegaaie te maak. Die Zoeloemag bestorm die laer met onaardse gille, skilde omhoog en assegaaie in gereedheid. Sommige vorder tot baie naby die laer en talle assegaaie tref die waens se seile. Die kommando se geweervuur stop die aanstormende menigte in hulle spore terwyl 'n aantal Trekkers die beeste en perde wat verwilderd raak, met geweerskote onder beheer bring.

'n Aantal Zoeloekrygers drom in die donga saam en klim op mekaar se skouers om die Trekkers onder skoot te kry. Sarel Cilliers en 'n groepie manskappe kry opdrag om hierdie bedreiging vanaf die wal van die donga die hoof te bied. Hulle dood ongeveer 400 krygers in dié skermutseling, maar Philip Fourie word gewond toe 'n assegaai hom in die dy tref.

Pretorius rig 'n kanon op Ndlela se regiment en toe die skoot tussen die krygers bars, vlug hulle uit die donga; sommige spring in die seekoeigat terwyl andere by Dambuza se regimente aansluit. Komdt. Jacobs betwyfel Pretorius se besluit om die donga aan te val. Hy voel dat die aanval op die waens só versterk word. Kommandant Pretorius weet egter presies wat hy doen: hoe digter die linie krygers, hoe meer word op 'n keer raakgeskiet. Pretorius wil nie toelaat dat die laer omsingel word nie en wil probeer om die geveg in die kommando se guns te beklink vóór die ammunisie opraak.

Die Trekkers se geweer- en kanonvuur dryf die Zoeloes weereens terug en die impi retireer tot 500 of 600 treë van die laer. Boodskappers skarrel tussen die aanvoerders terwyl die ou ringkoppe op hulle gemak sit en snuif. Die kommandant se broer, Bart Pretorius word uitgestuur, vergesel van 'n paar manskappe en 'n tolk. In 'n poging om die Zoeloes uit te tart, vra hy: "Wat doen julle nou, manne van Dingane? Ons het gekom om te veg - nie teen weerlose vroue en kinders nie, maar teen manne! Hoekom val julle nie aan nie?" Die krygers sis, maar verder gebeur daar niks. Bart hulle vuur 'n paar skote in die impi se rigting en keer terug laer toe.

Weer rig Pretorius kanonvuur in die die rigting van die linies. Die Zoeloes spring op en die swart golf rol aan in die rigting van die laer, al trommellende op hulle skilde terwyl hulle gil, fluit en sis. Hierdie aanval is die langste van die hele geveg, maar die Trekkers skiet sarsie na sarsie om honderde krygers te dood of te verwond. Die gewere se lope word só warm dat die manskappe vrees dat dit enige oomblik kan ontplof. Die Zoeloes val weer terug en bly nou buite die Trekkers se skootafstand - hulle verliese is geweldig en die aanval was sonder enige sukses. Die geveg duur nou bykans twee ure en die blaaskans word verwelkom terwyl die kruitdampe uit die laer styg.

Bart Pretorius lei nou drie stormlope te perd tot in die Zoeloelinies. Die manne skiet uit die saal op die digste samedrommings van die impi en probeer om langs die donga by die vyand se linkervleuel verby te jaag. Terwyl die voorste geledere van die Zoeloes retireer, probeer regimente witskilde

agter hulle vorentoe dring en op die kommando afstorm. Die witskilde word eers agtertoe gedwing en Bart se kommando skiet honderde gedurende dié beweging dood. Uiteindelik storm die krygers, versterk deur die jonger regimente weer vorentoe. Pretorius en sy perderuiters word gedwing om terug te val laer toe. Die kommando loods 'n tweede stormloop en slaag daarin om die Zoeloes verder terug te dryf met knap skietwerk en bedrewe ruitery. Die manne val egter weer terug toe die linies vorentoe dryf. Die skuts in die laer trek andermaal los en slaan die aanval af met hulle gewere en kanonne. Die derde stormloop is meer suksesvol: die perdekommnado sny deur die Zoeloegeledere en val die linies in die oop veld van agter aan. Andries Pretorius laat die kanonne uit die laer sleep en bestook die aanstormende bendes van voor. Die impi breek op en Bart en sy ruiters jaag in die opening in, verdeel die krygers en met die hulp van die kanonne dryf hulle die vyand al verder uitmekaar. Andries Pretorius lei 'n verdere stormloop uit die laer; toe die Zoeloes in twee groepe vlug, verdeel Pretorius sy manne ook en so agtervolg hulle die vlugtendes vir omtrent drie ure.

Dambuza se regiment probeer die Ncome oorsteek - talle word daar naby die laer doodgeskiet terwyl baie gewondes ook in die rivier spring. Die water verkleur rooi van die Zoeloes se bloed - vandaar die naam, "Bloedrivier". Sarel Cilliers en sy ruiters jaag Ndlela se krygers en hulle slaan ook op die vlug terwyl hulle op strepe platgetrek word. Die hakkejag duur tot die middag voor die kommando's terugkeer laer toe. Toe Andries Pretorius 'n kryger probeer vang om hom met 'n boodskap na Dingane te stuur, steek die Zoeloe in sy rigting met sy assegaai. Pretorius skiet en mis die man, sy perd spring terug en noodsaak Pretorius om af te spring. Die Zoeloe steek weer 'n keer na Pretorius wat die assegaai met sy geweer afweer. Die derde keer klap Pretorius die assegaai met sy linkerhand weg maar die lem steek deur sy handpalm. Pretorius pen die kryger op die grond vas terwyl dié hom probeer verwurg. 'n Makker trek die assegaai uit Pretorius se hand en steek die swarte daarmee dood.

Terwyl Gerrit Raath en 'n mede-trekker na die agtervolging koers neem rivier toe, kom hulle op 'n gekweste Zoeloe af. Om ammunisie te spaar wil hulle die man met sy eie assegaai dood, maar dié spring op en steek Raath in die rug. Die Trekkers skiet die kryger mis en die Zoeloe beland bo-op Raath en 'n gestoei ontstaan. Hattingh sien die worsteling, gryp die assegaai uit die man se hande en steek hom daarmee dood. Raath herstel gelukkig later van sy wond.

Die Zoeloemag slaan op 'n totale vlug en die kommando's keer terug laer toe. Die Trekkers het nie 'n enkele man verloor nie en slegs drie het wonder opgedoen: Andries Pretorius, Philip Fourie en Gerrit Raath. Na skatting is omtrent 3000 Zoeloekrygers in die omgewing van die laer dood, maar 'n groot aantal het in die agtervolging gesneuwel. Die Trekkers doen 'n dankgebed en nuttig 'n welverdiende ete waarna hulle die gewere skoonmaak en lopers giet vir moontlike verdere skermutselings met Dingane se impi. Kommandant Landman en 'n kommando met vars perde rapporteer later dat daar geen teken van die Zoeloemag in die omgewing te bespeur is nie. Andries Pretorius roep die aand sy manne bymekaar vir 'n krygsraad waar besluit word om Dingane in sy hoofstat aan te pak. Die sogenaamde Wenkommando ervaar daardie aand 'n ongekende opwinding na 'n spannende en vermoeiende dag en kry 'n goeie nag se rus in.

Andries Pretorius en Karel Landman het albei verslae oor die Slag van Bloedrivier nagelaat terwyl Jan Gerritze Bantjes se joernaal 'n belangrike bron van inligting is.

Begrafnisse (17 Desember 1838)
Vroeg die oggend van 17 Desember 1838 word die laer by Bloedrivier uitmekaar gemaak en die Trekkers kies koers na Umgungundlovu, Dingane se hoofstat. By Italeni word Piet Uys en sy gestorwe makkers se oorblyfsels gesoek en begrawe. Teen 20 Desember 1838 is Pretorius se kommando naby die hoofstat en 'n patrollie word gestuur om verkenning te doen. Tot hulle verbasing aanskou hulle hoe die hele kraal in ligte laaie staan. Dingane, sy vrouens en sy onderdane is besig om noordwaarts te vlug met hulle vee en honde. Pretorius trek laer en hy en 200 man deursoek die terrein van die smeulende stat. Hulle vind ook Piet Retief se geselskap se oorblyfsels by kwaMatiwane waar hulle vermoor is. Die individue word uitgeken aan hulle klere, artikels in hulle sakke, knope, ens. Langs Retief lê sy waterbottel en leertas met korrespondensie en die traktaat wat Retief en Dingane geteken het. Op Kersdag begrawe Andries Pretorius en sy manne die Retief-geselskap se gebeendere in 'n gesamentlike graf aan die voet van die koppie.

Bron: Groot Trek

 

Die Blaauwkrantz Moorde

 

 

Na Piet Retief se vertrek vir sy tweede besoek aan Dingane, versprei die Trekkers oor 'n wye gebied van die Natalse landskap, sommige verby Blaauwkrantz, terwyl nog Trekkers oor die Drakensberg kom. Teen die 15de Februarie 1838 stuur Gert Maritz 'n groepie verspieders om Retief se lot te probeer bepaal. Maritz doen by die kampe aan om die Trekkers te waarsku teen die Zoeloe en te vermaan om terug te keer laer toe. Sommige reageer wel terwyl andere hom ignoreer.

Intussen beweeg die Zoeloemag stadig vorentoe terwyl spioene die presiese posisies van die kampe vasstel. Gedurende die nag van 16 Februarie 1838 sluip 10 000 krygers in 'n uitgestrekte formasie en slaan toe op die Trekkers in die gebied tussen die Boesmansrivier en 'n sytak van die Blaauwkrantzrivier, genaamd Moordspruit. Teen ongeveer eenuur die oggend hoor Daniël Pieter Bezuidenhout sy honde blaf en hy stel ondersoek in. Skielik besef hy dat die Zoeloes reeds in aantog is na die kamp. Hy hardloop terug om sy geweer te kry terwyl hy die ander waarsku dat die swartes op hulle is en reeds besig is om die honde dood te maak. Dit was egter te laat en hy hoor hoe sy pa uitroep voor hy sterf. Sy swaer, Roelof Botha, vuur drie skote af voor hy sneuwel. Daniël se vrou gee hulle nuutgebore baba aan en dring by hom aan om te vlug; sy self was te swak om ver te beweeg. Bezuidenhout hardloop met die baba deur die harwar van vegtende Zoeloes en Trekkers. Toe die baba huil, word Bezuidenhout met 'n assegaai in die skouer en die ribbes gewond. Hy word weer raakgesteek maar slaag daarin om tussen die beeste te beland - om agter te kom dat die baba in sy arms reeds beswyk het.

In die stilte wat volg, hoor Bezuidenhout hoe die waens gebreek en die seile geskeur word. Met die uitsondering van een van Daniël se broers, is die ganse groep Trekkers uitgemoor. Bebloed haas Bezuidenhout om die Trekkers in die ander kampe te waarsku, maar die hordes val die Liebenbergs, Rossouws, Engelbrechts, Bothmas, Cilliers', Steenkamps, Maritze, Van Dyks en Van Rensburgs aan en vermoor baie op die allerwreedste en barbaarse wyse. Daar word jag gemaak op die Trekkers wat probeer ontvlug; die vrouens en mans word op die afgryslikste maniere vermink en vermoor. Die swartes gryp babas aan hulle enkels en verbrysel hulle koppe teen die wawiele.

Sommige Trekkers probeer nou weerstand bied. Die Bothmas, wat op 'n koppie vasgekeer word, veg dapper en dood 'n aantal Zoeloes, maar word deur die oormag, wat agter stormende osse skuil, oorrompel.

Die Van Rensburgs bied sterk weerstand en toe hulle koeëls opraak, storm Marthinus Oosthuizen te perd deur die Zoeloe-kordon na 'n wa om ammunisie te kry. Hy bereik die Trekkers ongedeerd en in die geveg wat volg val die krygers terug en laat 80 dooies agter.

Bronne: http://www.groottrek.co.za/

Konsentrsiekampe

 

"It is a war not against men, but against women and children." -future Prime Minister, Lloyd George

"First, they chose an ill-suited site for the camp. Then they supplied so little water that the people could neither wash themselves nor their clothes. Furthermore, they made no provision for sufficient waste removal. And lastly, they did not provide enough toilets for the overpopulation they had crammed into the camps." -British physician, Dr Henry Becker

"She was a frail, weak little child in desperate need of good care. Yet, because her mother was one of the 'undesirables' due to the fact that her father neither surrendered nor betrayed his people, Lizzie was placed on the lowest rations and so perished with hunger..." -humanitarian, Emily Hobhouse

ONS MAG NOOIT, OOIT VERGEET NIE !!

Die Britte het nooit 'n totale oorlog gevoer waarin almal voor die voet geskiet is nie. Onderskeid is tussen vegtende en nie-vegtende Boere getref. Van die einde van 1900 het Britse troepe voor die voet (behalwe waar daar hendsoppers was) opstalle afgebrand en vee uitgewis. Verwoesting en chaos is oor amper die hele Vrystaat en Transvaal gesaai.

Kampe is opgerig om die misplaasde Boere vroue en kinders te huisves. Swart mense wat deur die oorlog ontwrig was, was in aparte kampe geplaas. Die plasing van die kampe was swak en die inwoners het onvoldoende voeding gekry. Uiterste lyding in haglike omstandighede het die inwoners van die kampe elke dag getreiter. Baie het gesterf, veral van buiktifus en masels. Die Britse publiek, plaaslik en in Brittanje, het eers bewus geraak van wat in die kampe gebeur toe Emily Hobhouse in Engeland verlof gekry het om die kampe te besoek. Hobhouse het in Desember 1900 Engeland verlaat en in Mei 1901 teruggekeer. Voor haar vertrek het sy net kennis gedra van die Port Elizabethse konsentrasiekamp. Sy was met afgryse vervul oor wat sy gesien het en sy het die publiek geskok met haar onthullings. Teen Oktober 1901 het die sterftekoers tot 344 per duisend in die kampe opgeskiet. Kinders onder vyf jaar oud het feitlik geen kans op oorlewing gehad nie. Teen die einde van 1901 het 'n kommissie van Engelse vroue, wat oorlogsondersteuners was, ook besoeke by die kampe afgele. Hulle was net so geskok soos Hobhouse en 'n aantal aanbevelings gemaak wat die dodetal skerp laat daal het toe dit uitgevoer was.

 Die mans, Britte en Boere, was verslae oor die vroue se dapperheid en wat hulle bereid was om te verduur vir die Boere se stryd. Die vrouens was onversetlik in hul aandrang dat hul mans en seuns vir onafhanklikheid moes voortveg. Sommige vroue het verklaar dat hulle verkies om hul huise te sien afbrand eerder as dat hul mans oorgee. Daar het 4 177 Boerevroue en 22 074 Boerekinders in die kampe gesterf. Die Nasionale Vrouemonument by Bloemfontein is opgerig ter nagedagtenis van die Boervroue van die Tweede Vryheidsoorlog, sowel as "Die Oorlogsmuseum".

Hieronder volg 'n deel uit die Kamp Koerant (decampcourant.) gaan lees gerus daar rond daar is baie inligting.

Merebank: die konsentrasiekamp in ‘n moeras
(deur Elsie Papenfus)
(Inligting soos voorsien in De Camp Courant nommer 6)

Fotobyskrif: Die treinrit na Merebank-konsentrasiekamp


Een van die redes vir die hoë sterftesyfer in baie van die konsentrasiekampe was die groot konsentrasie mense in 'n beperkte ruimte.

As gevolg van druk op die Britse militêre owerhede oor die geweldige aantal sterftes in die kampe gedurende die winter van 1901, is besluit om van die kampe in die Transvaal en Vrystaat te verklein en nuwe kampe in Natal te vestig.

Kampe in Natal en die Kaap sou ook bevoorrading en administrasie vergemaklik.

In weerwil van beloftes dat vroue en kinders nie uit hulle oorsponklike omgewing verwyder sou word nie, is 'n kamp by Merebank, naby Durban, opgerig. Kampowerhede het hierdie geleentheid aangegryp om van hulle sogenaamde probleemgevalle na Merebank te verplaas.

Die kamp is op 13 September 1901 geopen. In Desember 1901 het die Vrouekomitee, deur Engeland aangestel op Emily Hobhouse se aandrang, die kamp besoek en dit onbevredigend bevind. Die kamp was in 'n laagliggende, moerasagtige omgewing. Aanhoudende reën het modder, klammigheid en siektes veroorsaak. Die tente was baie naby aan mekaar en 6 tot 9 mense is in 'n tent gestop. Die meeste inwoners was Transvaalse Hoëvelders en was nie die klam, nat toestande gewoond nie. Masels, maagepidemies en kinkhoes het voorgekom.

Na aanleiding van dié klagtes is ‘n kommissie in die lewe geroep om die mediese toestande in die kamp te ondersoek. Dit het uit hoogstaande Engelse mense van Durban en omgewing bestaan wat dan kwansuis die kommissie moes aansien gee.

Uiteraard was hulle opmerkings baie meer positief as uit dié van die Vrouekomitee. Volgens hulle was daar voldoende watertoevoer na die kamp en dit was naby aan die spoorlyn, wat bevoorrading vergemaklik het. Daar was nie malaria in die gebied nie en die kamp was hoog genoeg geleë, sodat winde die gebied kon skoonwaai. Daar was goeie dreinering, aangesien die kamp teen 'n skuinste was. Die emmerstelsel het vir goeie sanitasie gesorg. Hulle aanbeveling aan Milner was dat Merebank die beste plek in die omgewing vir 'n kamp was. Die stellings van die Vrouekomitee was volgens hulle "highly coloured".

Ten spyte van die knaende klammigheid, was die inwoners hier meer gelukkig as in die Transvaalse kampe. Volgens mev Anna KIopper was daar baie meer siektes en sterftes in Krugersdorp se kamp. Mnr PJ Snyman van Belfast het getuig dat die verandering sy hele gesin goed gedoen het en dat die mense gesonder was as dié in Belfast en Middelburg. Ds RTH Enslin het oor die hitte en afwesigheid van melk en mielies gekla, maar erken dat sy kinders gesond was en dat daar meer klagtes uit die ander kampe gekom het.

Gedurende die 10 maande van sy bestaan het Merebank-kamp tussen 5000 en 8000 inwoners gehad. Daar is 405 grafte in die kampkerkhof wat bewys dat die sterftesyfer hier heelwat laer was as in sommige Transvaalse kampe.

"Toe kom ons by Merebankkamp in die wildernis”

Mev Z Joubert van Elandsfontein, Carolina skryf: "Op pad van Belfastkamp na Merebank, toe ons opBalmoralstasie kom was my suster daar, maar sy mag my nie gegroet het nie.

"In die gesprek het sy my vertel dat daar 'n hospitaaltent verbrand is en ook 'n paar kinders en ek het haar vertel van die vrou wat geskiet is en ook twee kinders, maar ons had geen tyd meer."

Verder vertel sy van Merebankkamp "Aan die duskant van 'n lopie is 'n vlei. Daar was 'n klein vrouekampie. Aan die oorkant was ons tente opgeslaan . . . en sonder kos moes ons maar gaan slaap en die grond is nat."

"Behalwe die tente was die kamp verdeel in blokke wat bestaan het uit langsinkhuise wat verdeel was in klein kamertjies en wat bedags moordend warm was. Om tienuur soggens moes ons 'n halfuur ver loop om brood te kry en om twee-uur weer loop vir vleis."

"Die brood het van Durban gekom. Dan dra kaffers dit op hulle kale skouers aan."

Dit was so min dat hulle dit opgeëet het voordat hulle vleis gekry het. "Bok seile is oopgetrek en daarop lê die vleis so in die warm son. Dikwels was die vleis onsuiwer, maar dit was niks -- honger is 'n vreeslike ding!"

Geen klere

Verder vertel mev Joubert dat daar vroue was wat niks gehad het nie; geen kouse of skoene en byna nakend. een vrou se kaal liggaam het uitgesteek deur die bloes en rok wat sy aangehad het, verder niks meer nie. Hulle het toe onder mekaar vir haar klere bymekaar gemaak...

Tot 8000 mense was in hierdie kamp! "Van my skoonsuster is twee kinders in een nag dood, en dieselfde nag ook 'n ander skoonsuster."

Grafte vol water

"Die kerkhof was nie ver van ons tente nie. Die doodwaens gaan na aan ons verby. As kinders miskien sterf sonder dat hulle van die doktersmedisyne gebruik het, dan wil hulle nie toelaat dat die kinders moet begrawe word. As die lyke by die kerkhof kom, dan is die grafte al vol water. Dan moet dit eers leeggeskep word."

Wat 'n moeras moes dit nie gewees het nie!
(Stemme uit die Vrouekampe)


Hensoppers


"Ons het partymaal baie pret met die 'kieriemeide', soos ons die hensoppers genoem het, gehad wat by die hekke op wag moes staan.

Twee of drie huisgesinne maak 'n afspraak om na die see te gaan, maar g'n enkele een wil 'n permit gaan vra nie. Ons kyk ons kans af om weg te loop en deur die draad te kruip, op verskillende plekke totdat die wag heeltemal radeloos was.

Ons het soms in die see geswem en dan weer deur die draad gekruip terug kamp toe.

Eenmaal het ons maklik deur die hek gekom met 'n doktersresep wat ons langs die pad opgetel het! Nêrens langs daardie deel van die kus was die gesig mooier as van die heuwel by Merebank nie."

Gelukkig was daar twee predikante, ds Enslin en ds Van Belkum, wat Sondae die diens waargeneem het. Sondagmiddag het ons Sondagskool gehou. Daar was sowat 20 onderwyseresse en onderwysers. Ek het met my groep na 'n washuis gegaan en menige uurtjie saam met die jongetjies deurgebring.

Daar was 'n skool en die kinders moes Engels leer. Eenmaal het ons konsert in die skoollokaal gehou. Die mense het so verlang om musiek te hoor dat hulle mekaar amper by die deur vertrap het."

Toe kom die aankondiging van die vrede, Mei 1902. "Niemand wou 'n woord daarvan glo nie. Ons vise-president, Schalk Burger, moes eers kom. Hy het op die veranda van die kantoor gestaan en ons in duisendtalle voor hom en om hom.

"Dit het sy hart so seer gemaak dat die trane oor sy wange loop. 'n Paar het flougeval en moes weggedra word."

Nou weer na die stasie vir die reis terug huis toe: "Ag, wat 'n jammerlike skouspel! Omtrent driehonderd vroue en kinders, party al vroeg daar om die trein tog nie te mis nie. Die meeste had nie meer behoorlike kleding nie en net een bondeltjie in die hand.

Ja, en onder hulle was van die edelste en deftigste moeders, van die vernaamste vroue in ons land. Almal, sonder onderskeid, moes in rye agter mekaar staan en wag om in die trein te stap. Dit het tot twaalfuur geduur . . . almal moes in derdeklas rytuie ry… (Mag ons vergeet? - E Neethling).


Doodkry is min!

Treinreis na Merebank
Klerksdorp se kamp: Dis 'n aaklige koue dag. Die tentjies is deurweek en buite is dit pure modder. Miemie sit alleen in die tentjie.

"Mej Pretorius, jy word aangesê om môremiddag, die 14de September, op die stasie te wees met al wat jy het. 'n Paar honderd van julle kwaaistes word Natal toe gestuur!"

Die kindertjies klou angstig aan die grootmense se rokke vas en struikel met bewende beentjies saam. Op die stasie word hulle plekke op yster-beestrokke aangewys. Dit begin nou weer reën. Daar is 'n vuil seil vol gate. Kort-kort bulder die wind met geweldige vaart. Hulle bid en smag die nag om.

Toe dit uiteindelik lig word, bedaar die wind. Hulle kyk uit oor die kamp. Wat 'n droewige skouspel: byna die helfte van die tente lê omgewaai. Dié nag was daar meer sterfgevalle in die kamp as ooit in een nag tevore… O Heer, hoe lank moet ons nog ly vir vryheid en vir reg?

Die trein kom in beweging. Onder snikke en geween kom die Vierkleur te voorskyn. Eers net een, toe meer, totdat daar by die twintig vlae van alle groottes wapper. Daar is besieling en uit volle bors sing die vroue: “Dat vrije, vrije volk zijn wij!"

Al is hulle gevangenes, so lank die mans nog veg, is die volk nog vry!

Toe kom die son uit; 'n lieflike lenteson met sagte kleurebestraling!
('n Merk vir die Eeue - TC Pienaar)

**Dank aan mev Ina van Rensburg vir inligting oor Merebank

Naskrif: Daar is baie inligting op die internet in verband met die konsentrsiekampe. Hierdie was sover die moeilikste deel van die webblad omdat dit soveel emosie binne mens loslaat. Haat, hartseer, woede en trots op dieselfde tyd. Ons mag nooit, NOOIT, vergeet wat ons voorouers deurgemaak het nie.

Boere Generaals

Gen Piet Joubert

Genl. Piet Joubert (Petrus Jacobus Joubert) was kommandant-generaal van die Zuid-Afrikaansche Republiek.

Joubert is op 20 Januarie 1831 naby Prins Albert in die Kaapprovinsie gebore. In 1836 trek hy saam met sy gesin onder leiding van Piet Retief. In 1852 neem hy deel aan die slag teen Sechele en 13 jaar later in die Vrystaat aan 'n veldtog teen die Basoeto's.

In 1865 word hy verkies tot lid van die Z.A.R. se Volksraad vir Wakkerstroom en in 1875 en 1876 tree hy op as waarnemende president van die Republiek op tydens president T.F. Burgers se afwesigheid. Hy vertrek in 1878 as lid van die twee deputasie na Engeland om die Britse regering te probeer oorreed om die vryheid van die Transvaal terug te gee.

Generaal Piet Joubert was Kommandant-generaal van die Suid-Afrikaanse Republiek (Transvaal) en die tweede lid van die Driemanskap. Tydens President T F Burgers se besoek aan Europa in 1876 neem hy as staatspresident waar. Saam met Paul Kruger is hy een van die onderhandelaars met die Britse regering oor hulle verbreking van die Sandrivier-Konvensie en om te protesteer teen die Britse anneksasie. As vredeliewende mens word hy teen sy sin as opperbevelvoerder van die Boeremagte gekies. Tog aanvaar hy die pos en verrig sy taak met besondere militêre vernuf. . Joubert is in 1880 gekies as lid van die Driemanskap en benoem tot kommandant-generaal van die Boeremagte, wat hy dan ook tot sy dood bly. In 1883 word hy vise-president van die Z.A.R. en in 1899 opperbevelvoerder van die Boeremagte wat die suidoosgrens moet verdedig. Hy sterf die volgende jaar op 27 Maart en word begrawe op sy plaas, Rustfontein, distrik Wakkerstroom.

Gen Joubert het aan verskeie veldslae deelgeneem, maar die vernaamste was seker die slag van Majuba.

Mev Hendrina Joubert wat haar man in die Boerekamp besoek het, was een van die eerste persone wat met sonop op Sondagmôre, 27 Februarie, die Britte op die kruin van Majuba opgemerk het. (Lees geerus daaroor op die veldslae blad.) Wat egter interrisant is, iss dat na die geveg het Gen Joubert sy vyand, Colley, se lyk na sy eie huis laat neem en dit daar geehou totdat die Britte dit kom afhaal het. Hy het ook die volgende telegraaf gestuur:

Telegram van Gen Piet Joubert aan Lady Colley.

“Regret extremely sad the fate of Colonel Colley,  who fell in action at one ‘o clock, February 27, in attempting to hold mountain fortress forming right of Boer position.  Regret he should have fallen in a war, the outcome of a policy which he had not caused;  also that he should fall in such an unprovoked and unholy war against the Boer  people struggling for freedom.  Can only aid you in your sorrow by giving every facility for the removal of the corpse of your gallant husband.

DIT in my oë is menslikheid.

Die Stad Pietersburg asook Joubertpark in Johannesburg is na hom vernoem.

Na Pres Paul Kruger was Gen Joubert die mees populêre persoon in Suid Afrika.

Koos de la Rey

Generaal Koos de la Rey (Jacobus Herculaas de la Rey) (22 Oktober 1847 - 15 September 1914) was 'n Boeregeneraal gedurende die Tweede Vryheidsoorlog en word geag as een van die grootste militêre leiers tydens daardie konflik. Hy is gebore naby Winburg, Oranje-Vrystaat, Suid-Afrika, en was die sesde kind van Adrianus Johannes de la Rey en Adriana van Rooyen. Daar word geglo dat hy die kleinseun is van immigrante vanuit Nederland. Ná die Slag van Boomplaats in 1848 is hul familieplaas deur die Britte geannekseer en het die gesin na die Transvaal getrek en hulle naby Lichtenburg gevestig. As jong man het De la Rey gewerk as transportryer wat die diamantroetes bedien het by Kimberley. Hy het met Jacoba Elizabeth Greeff getrou (wat op die plaas Manana grootgeword het, die huis staan nog net oos van lichtenburg) en op die plaas Elandsfontein gebly . Die egpaar het tien kinders gehad. De la Rey was 'n diep gelowige mens en 'n Sakbybel was selde nie in sy hande nie. Hy het 'n formidabele voorkoms gehad - 'n lang, netjies gesnyde bruin baard met 'n hoë voorhoof met gesonke oë wat hom 'n patriargiese voorkoms gegee het.

De la Rey het in die Basotho-oorlog van 1865 geveg en in Sekhukhune se oorlog van 1876. Hy was nie 'n aktiewe deelnemer in die Eerste Vryheidsoorlog nie, maar was 'n Veldkornet in die Wes-Transvaal en het genl. Piet Cronjé se Potchefstroom Beleg oorgeneem toe Cronjé siek geword het. Hy is verkies tot kommandant van die Lichtenburg distrik en het in 1883 lid geword van die Transvaalse Volksraad. As voorstaander van die vooruitstrewende beleid van genl. Piet Joubert, het hy Paul Krugerse beleid teenoor die uitlanders (buitelanders wat na die goudvelde van Transvaal geswerm het) teëgestaan en gewaarsku dat dit sou lei tot oorlog met Groot Brittanje. Hy word algemeen aanvaar as die sterkste en minste inskiklike Boere Generaal tydens die Tweede Vryheidsoorlog en as een van die leiersfigure van Afrikaner Nasionalisme. As guerilla het sy taktieke besonderse sukses behaal. De la Rey was gekant teen die oorlog tot die laaste, maar toe hy as lafaard beskuldig is tydens 'n Volksraadvergadering, het hy gesê dat as die tyd vir oorlog sou kom, hy sou veg lank nadat die wat koukus oor die oorlog al opgegee het. Die woorde sou later bewaarheid word.

De la Rey was beroemd vir sy rare gedrag teenoor sy vyande. 'n Voorbeeld hiervan is by Tweebosch op die 7de Maart waar hy Luitenant-generaal Methuen saam met 'n paar honderd van sy troepe gevange geneem het. Die troepe is teruggestuur na hulle onderskeie oorlogslyne omdat De la Rey nie die bronne gehad het om hulle te onderhou nie en Methuen is vrygelaat omdat hy erg gewond is en De la Rey gemeen het dat hy sou doodgaan sonder die mediese dienste wat slegs die Britte op daardie stadium kon verskaf.

Jan Christian Smuts

Veldmaarskalk Jan Christian Smuts (24 Mei 1870 – 11 September 1950) was 'n prominente Suid-Afrikaanse en Statebond staatsman, militêre leier en filosoof. Behalwe dat hy verskeie kabinetposte beklee het, het hy ook gedien as die Eerste Minister van die Unie van Suid-Afrika van 1919 tot 1924 en van 1939 tot 1948. Hy het gedien in die Eerste Wêreldoorlog en as 'n Britse veldmaarskalk in die Tweede Wêreldoorlog.

In JC Smuts outobiografie wat in 1952 gepubliseer is, en wat deur sy seun (ook JC Smuts}, geskryf is noem hy dit spesifiek dat Genl Smuts sy naam as "Christian" gespel het met een "a" na gelang van sy oupa se name wat Jan Christian de Vries geheet het.

Smuts was gebore op 24 Mei 1870 in die huis genaamd Bovenplaas op die plaas Ongegund naby Riebeek-Wes en was die tweede seun van Jacobus Abraham Smuts en Catherina Petronella (de Vries).

Smuts het homself onderskei as:

  • 'n Boeregeneraal op kommando tydens die Anglo-Boere-oorlog
  • 'n Suksesvolle onderhandelaar met Brittanje
  • 'n Briljante strateeg in die Eerste Wêreldoorlog
  • Die slagter van die 1922-staking
  • Raadgewer in die Tweede Wêreldoorlog
  • Eerste Minister van Suid-Afrika tydens twee verskillende periodes van diens
  • Woordvoerder van die Britse Statebond
  • Erkende akademikus in die filosofie van holisme en in botanika.
  • Kanselier van die Universiteit van Cambridge

Tydlyn 

  • 1870, 24 Mei, Smuts word gebore op die plaas Ongegund
  • 1886 Skryf in by die Stellenbosch Gimnasium
  • 1890 Skryf 'n opstel "South African Customs Union" waar hy reeds Suid-Afrika se toekoms sien binne die konteks van politieke eenheid met Brittanje. Die begin van Smuts se politieke bewussyn.
  • 1891 verkry 'n graad in literatuur en wetenskap en kry 'n beurs om Regte in Cambridge te gaan studeer.
  • 1895 Keer terug na Kaapstad en begin 'n regspraktyk as advokaat. In Oktober lewer hy sy eerste politieke toespraak.
  • 1897 Trek na Johannesburg en trou op 30 April met Sybella Margaretha (Isie) Krige.
  • 1898 Word aangewys as Staatsprokureur van die Transvaalse republiek.
  • 1899 Geboorte van eerste kind, 'n seun, Jocobus Abraham Smuts. Smuts se aansoek om aan te sluit by die Anglo-Boere-oorlog word afgekeur.
  • 1900 Die Boere moet in Mei terugval, weg van Pretoria, met Smuts en Schalk Burger in beheer van die hoofstad maar moet in Junie Pretoria verlaat om by Louis Botha aan te sluit. Smuts se seun Koosie sterf drie maande nadat hy Pretoria verlaat het. In Desember neem Smuts beheer oor die Suidwestelike Transvaal.
  • 1901 Die Boere besluit om nie oor te gee nie, en Smuts lei sy kommando teen die Engelse.
  • 1902 Smuts speel 'n sleutelrol in die onderhandeling van 'n vredesverdrag in Vereeniging.
  • 1903 Smuts en ander prominente leiers skryf 'n dokument wat die Boere se griewe uiteensit.
  • 1905 Smuts en Louis Botha stig Het Volk party in Pretoria.
  • 1906 Smuts vertrek op sy eie private sending om die Liberale in Brittanje te oortuig van die Boere se pleidooi.
  • 1907 Onderhandel as koloniale Sekretaris met Mohandas Karamchand Gandhi wat besig was om die passiewe verset van Indiërs te lei.
  • 1908 'n Ooreenkoms word bereik tussen Smuts en Gandhi, maar beide eis dat die ander een die ooreenkoms misverstaan het.
  • 1910 Die Unie van Suid-Afrika kom tot stand en Smuts word ingesluit in Eerste Minister Louis Botha se kabinet.
  • 1911 As Minister van myne en bedrywe word die wet op Myne en bedrywe voorgelê.
  • 1912 Smuts lê die Unie van Suid-Afrika se verdedigingswetgewing voor.
  • 1913 As minister van verdediging moet Smuts toetree tot die mynwerkersgeskil en arbeidersonrus in Johannesburg.
  • 1914 Smuts onderhandel weereens met Gandhi en verander die wetgewing om meer toegewend te wees teenoor die Indiërs.
  • 1914 Smuts onderdruk 'n Boererebellie met Unie-troepe en laat Jopie Fourie teregstel.
  • 1915 Botha se strategie en leierskap lei tot 'n oorwinning oor die Duits besette Suidwes-Afrika. Smuts word genooi deur die Britse regering om beheer oor te neem van die Britse troepe in Oos-Afrika.
  • 1919 Smuts word die Eerste Minister van Suid-Afrika.
  • 1920 Versterk die posisie van die Suid-Afrikaanse party deur 'n samesmelting van partye te onderhandel.
  • 1921 Smuts word deur Brittanje gevra om die Ierse vraagstuk te bemiddel. Smuts sukkel binne Suid-Afrika om 'n ooreenkoms te beding met ontevrede mynwerkers.
  • 1922 Rhodesië stem daarteen om ingesluit te word as deel van Suid-Afrika.
  • 1922 Smuts kondig krygswet af en slaan die 1922-staking met groot bloedvergieting neer.
  • 1924 Smuts se Suid-Afrikaanse Party verloor die verkiesing teen die Nasionale Party en hy word leier van die opposisieparty.
  • 1925 Smuts word die president van die Assosiasie vir die bevordering van Wetenskap.
  • 1926 Smuts publiseer 'n filosofiese werk oor Holisme naamlik: Holism and Evolution.
  • 1929 In sy verkiesingsveldtog beywer Smuts hom vir 'n "Britse konfederasie van Afrikastate" dwarsoor Afrika en verloor die verkiesing weer teen die Nasionale Party.
  • 1933 Smuts beding 'n samewerkingsooreenkoms met genl. Hertzog ten einde 'n koalisieregering te skep.
  • 1934 Op 5 Desember smelt die Suid-Afrikaanse Party met die Nasionale Party saam en Smuts word onderleier van die Verenigde Party.
  • 1939 Nadat Duitsland Pole ingeval het, is daar 'n geskil tussen Hertzog en Smuts oor deelname in die oorlog. Smuts wen 'n parlementêre stemming ten gunste van die oorlog. Hertzog bedank en Smuts word weereens die Eerste Minister van Suid-Afrika.
  • 1941 Smuts raak aktief betrokke by die Tweede Wêreldoorlog en besoek die front in Oos-Afrika.
  • 1942 Smuts word deur Churchill genooi na samesprekings in Kaïro vir strategiese samesprekings oor die verloop van die oorlog in Afrika.
  • 1943 Smuts benut die oorwinning oor Duitsland in Noord-Afrika om die verkiesingstryd te wen teen D.F. Malan.
  • 1944 Smuts ontmoet vir president Rooseveldt in Kaïro.
  • 1945 Churchill moedig Smuts aan om 'n vriendskap aan te knoop met die kernfisikus Niels Bohr, en Smuts kom sodoende te wete van die ontwikkeling van die atoombom. Die Tweede Wêreldoorlogloop ten einde.
  • 1947 Die Britse Koninklike familie besoek Suid-Afrika op uitnodiging van Smuts. Smuts woon die troue by van Prinses Elizabeth.
  • 1948 Smuts verloor die verkiesing teen D.F. Malan se Nasionale Party. Smuts word aangewys as Kanselier van die Universiteit van Cambridge.
  • 1949 Smuts tree op as spreker by die inwyding van die Voortrekkermonument.
  • 1950 Smuts sterf op 11 September.

 

Generaal JBM Hertzog

J.B.M. (Barry) Hertzog is op 3 April 1866 in Wellington in die Kaapkolonie gebore, uit 'n ou Kaapse geslag van Afrikaners. Hy was die agtste kind van Johannes Albertus Munnik Hertzog en Susanna Maria Jacoba Hamman. Hy het in die regte aan die Victoria College voorloper van die Universiteit van Stellenbosch gestudeer (waar hy hom reeds geërg het aan die feit dat Engels i.p.v. Nederlands die voertaal was en daarna aan die Universiteit van Amsterdam. Van 1892 tot 1895 het hy 'n advokaatpraktyk in Pretoria (Zuid-Afrikaansche Republiek) gehad. In 1895 het hy regter in Bloemfontein (Oranje-Vrystaat) geword.

J.B.M. Hertzog is tydens die Tweede Boereoorlog (1899-1902) van kommandant tot generaal in rang bevorder. As generaal het hy saam met 'n groep Boeresoldate met sukses die Kaapkolonie binne. Hy het die onderbevelvoerder van die leër van die Oranje-Vrystaat geword. Hy was geliefd onder sy manskappe en 'n voorstander van guerrilla-aksies teen die Engelse. Hy was aanvanklik 'n voorstander van die voortgesette stryd tot die bitter einde, maar hy het later tot insig dat verdere bloedvergieting sinneloos was en op 31 Mei 1902 was hy één van die ondertekenaars van die Vrede van Vereeniging.

J.B.M. Hertzog was 'n vurige voorstander van die behoud van Nederlands as kultuurtaal vir die Afrikaner en het hy 'n leidende rol gespeel in die stigting van die Zuid-Afrikaanse Akademie voor Taal, Letteren en Kunst wat op 2 Julie 1909 opgerig is met as doel: De handhaving en bevordering van de Hollandse Taal en Letteren, en van de Zuid-Afrikaanse Geschiedenis, Oudheidkunde en Kunst.

Hertzog as politikus en taalstryder 

J.B.M. Hertzog het 'n vooraanstaande politikus in die Oranjerivierkolonie geword, soos die Oranje Vrystaat nou deur die Engelse genoem is. In 1906 was hy een van die oprigters van die Orangia Unie Party wat hom ten doel gestel het om die Afrikanerkultuur te behou met heftige verset teen assimilasie met die Engelse. In 1907, die jaar wat die Oranjerivierkolonie selfbestuur gekry het, tree Hertzog as prokureur-generaal en minister van Onderwys toe tot die kabinet van premier Abraham Fischer. In dieselfde jaar is hy ook vir die kiesafdeling Smithfield in die parlement verkies. Hy was vir 33 jaar parlementslid (eers in die parlement van die Oranjerivierkolonie, daarna, vanaf 1910, in die parlement van die Unie van Suid-Afrika).

J.B.M. Hertzog en M.T. Steyn het 'n leidende rol gespeel in die erkenning van Nederlands as amptelike taal van die Unie van Suid-Afrika, naas Engels op 31 Mei 1910. Reeds gedurende 1909 is onder leiding van Jan Smuts en John X. Merriman 'n konsepgrondwet opgestel, wat vir die beginsel van 2 amptelike tale voorsiening gemaak het, maar dit was vir Hertzog en M.T. Steyn nie genoeg nie. Hertzog het 'n wysiging van die konsepgrondwet opgestel (artikel 137), wat hy persoonlik onderteken het, wat as volg lui: De engelse alsmede de hollandse talen zijn officiële talen van de Unie. Zij worden op een voet van gelijkheid behandeld en bezitten en genieten gelijke vrijheid, rechten en voorrechten. Alle akten, verslagen en verrichtingen van 't Parlement worden in beide talen gehouden, en wetsontwerpen, wetten en kennisgevingen van algemeen publiek gewicht of belang door de Regering van de Unie uitgegeven, zijn en geschieden in beide talen. Artikel 137 is uiteindelik aanvaar in die Zuid Afrika-wet waardeur die vier koloniale gebiede omvorm sou word tot die Unie van Zuid-Afrika.

As minister van Onderwys van die Oranjerivierkolonie het hy hom vir tweetaligheid (Nederlands/Engels) in die onderwys beywer. Ook het hy vir gelygberegtiging tussen die 2 tale gestry, want na die Anglo-Boereoorlog was Engels die dominante onderwystaal in die Oranje Vrystaat. Met die totstandkoming van die Unie van Suid-Afrika het Hertzog gedien as minister van Justisie onder die eerste premier van die Unie, Louis Botha. Hertzog het baie moeite gehad om onder Botha te dien, want vir Hertzog was Botha te laaggskoold en te ongekultiveer om die pos van 'n eerste minister te beklee.

Hertzog was minister van justisie tot 1912, toe hy in konflik gekom het met Botha oor Botha se pro-Engelse beleid. Hertzog het 'n tweestroom-beleid voorgestaan waarvolgens die Afrikanerkultuur langs die Engelse kultuur sou bestaan. Botha het 'n konsolidasie-beleid voorgestaan, waar Boer en Brit één moes word in 'n nuwe kultuurgroep. Die taal van die nuwe kultuurgroep was vir Botha onbelangrik en was hy tevrede met Engels as taal vir die nuwe kultuurgroep.

Stigting van die Nasionale Party 

Hertzog het die Suid-Afrikaanse Party van Botha verlaat en rig in Julie 1914 met enkele "Ou Boere" (veterane van die Tweede Boereoorlog wat altyd anti-Engels en anti-imperialisties gebly het) die Nationale Partij op, wat in die volksmond bekend gestaan het as Natte of (NP), en in Afrikaans vertaal is met Nasionale Party. Die NP het homself ten doel gestel om die Afrikaner volksmassa te emansipeer, die Afrikanerkultuur te behou en die magsmonopolie van die Engelse elite te breek. Die NP was ook 'n voorstander van segregasie van blankes en swartes ("apartheid") en 'n teenstander van die stemreg vir swartes ("Naturelle").

In 1916 het Gordon Tomlinson van Vredefort 'n voorstel ingedien om Afrikaans te gebuik as taal van die Vrystaatse Nationale Partij. J.B.M. Hertzog het kapsie gemaak en dit duidelik gemaak dat hy (Hertzog) Afrikaans nie goed beheers het nie. Herzog het ook hier te kenne gegee dat as hy gedwing sou word om Afrikaans te gebruik, hy as voorsitter van die hoofbestuur sou bedank, want in de Grondwet wordt gesproken van Hollands en niet van Afrikaans.

Net soos Hertzog, was ook 'n ander prominente leiersfiguur voorstander van die behoud van Nederlands as kultuurtaal vir die Afrikaner en dit was Onze Jan Hofmeyr. Onze Jan Hofmeyr was ook net soos Hertzog, voorstander van die behoud van goeie bande met die Kleurlinggemeenskap. So haal Die Burger van 14 Oktober 1921 genl. Hertzog aan, waar hy oor die Kleurlinggemeenskap skryf: "Hy is deel van ons...Die Kleurling het sy stem in die Kaapprovinsie en dit kan hom nie ontneem word nie...Ons kan die stemreg van die Kleurlinge nie weerhou nie. Ons wil hulle eerlik behandel en hulle as ons vriende beskou".

Tydens die Maritz-rebellie  het Hertzog besluit om neutraal te bly. Hertzog het hom ook verset teen die Suid-Afrikaanse deelname aan die Eerste Wêreldoorlog aan die kant van Engeland en het neutraliteit bepleit. In 1919 volg Jan Christiaan Smuts premier Botha op. Ondanks die feit dat Hertzog en Smuts persoonlik goed met mekaar oor die weg gekom het, het hulle politiese opvattings lynreg teenoor mekaar gestaan. Smuts het die koers van Botha gevolg en Hertzog het hom bly verset teen die Engelse hegemonie.

By de Suid-Afrikaanse parlementsverkiesing van 1915 het die Nasionale Party slegs 27 setels gekry, maar by die parlementsverkiesingen van 1920 het die NP met 44 setels die grootste party geword. Danksy enkele oorwegend Engelstalige partye kon die Suid-Afrikaanse Party onder Smuts die mag behou.

Premier 

Smuts het aanvanklik ook die steun van die armblankes geniet, maar nadat Smuts in 1922 die leër opdrag gegee om 'n mynwerkerstaking van blanke arbeiders aan die Rand met geweld te onderdruk  het hy die steun verloor. Hertzog het skerp stelling ingeneem teen die geweld en het opgetree as verdediger van die regte van die armblanke arbeiders. By die parlementsverkiesingen van 1924 verkry die gekombineerde Nasionale Party-Arbeidersparty die absolute meerderheid in die Volksraad (tweede kamer van die Parlement van Suid-Afrika). Hertzog het premier geword van 'n kabinet waarin die NP- as (twee) Labour-politici sitting gehad het. Kolonel Frederic Creswell (minister van Verdediging) van die Arbeidersparty het vise-premier geword.

In 1927 is die vlag van Suid-Afrika verander en saam met "God save the King" is "Die Stem van Suid-Afrika" as die amptelike volksliedere van die Unie van Suid-Afrika (1927) aanvaar. Hertzog het sedertdien laat weet dat hy nie meer na 'n republiek streef nie. Suid-Afrika in sy oë al voldoende onafhankelikheid geniet. Daniel François Malanen die lede van die Broederbond het gevind dat Hertzog te gereeld kompromieë nastreef. Hy moes volgens hulle die "God save the King" as volkslied afgeskaf het en moes hy sy republikeinse idee nie laat vaar het nie. Ook wat die taalbeleid en die standpunte oor die Kleurlinggemeenskap betref, het Hertzog en Malan lynreg teen mekaar gestaan. Hertzog was van mening dat Nederlands nog altyd ons kultuurtaal was en dat ons hierdie taal deel met die Vlaminge en Nederlanders soos ook die Amerikaners en Australiërs 'n gemeenskaplike taal deel met die Engelse. Malan was van mening dat Nederlands 'n buitelandse produk was. Hertzog wou die Kleurlinge op die kieserslyste hou, terwyl Malan die Kleurling van die kieserslyste wou skrap.

By die parlementsverkiezingen van 1929 het die NP die absolute meerderheid in die Volksraad verkry en die Arbeidersparty is as koalisieparty laat vaar. Desondanks kon Frederic Creswell en sy sosialistiese kollega, wat intussen uit die Arbeidersparty geskors is, as vise-premier aanbly, ondanks verset van die Kaapse afdeling van die NP.

Danksy die Statuut van Westminster (1931) verkry Suid-Afrika as grondgebied volledige onafhanklikheid binnen die Britse Gemenebes. In dieselfde jaar verkry blanke vroue stemreg.

Verenigde Party 

In 1933, na die parlementsverkiesing, het die NP en die Suid-Afrikaanse Party (SAP) van Smuts 'n koalitie aangegaan en het Smuts vise-premier geword en Hertzog premier. 'n Jaar later, in 1934, het die NP en die SAP saamgesmelt, teen die sin van die regse vleuel van de NP, om dieVerenigde Party (VP) te vorm. As gevolg hiervan het die regses onder parlementslid D.F. Malan hulle van die NP afgeskei en stig hulle die Gesuiwerde Nasionale Party (GNP). Slegs een parlementslid van die NP het Malan gevolg om aan te sluit by die GNP, naamlik Johannes Gerhardus Strijdom.

Grondlegger van apartheid 

Tydens sy laaste jare as premier het Hertzog hom veral besig gehou met 'n verdere uitbreiding van die rassewette. Grondbesit vir swartes is verder beperk, die stemreg vir Kaapse swartes is afgeskaf (1936) en die reservate vir "Naturelle" is uitgebrei.

Die liberale vleuel onder Onze Jan Hofmeyr en Jan Smuts was geen ware voorstanders van Hertzog se rassepolitiek nie, maar omdat hulle die "vrye hand" gekry het betreffende die "versoening" tussen Afrikaners en Engelse blankes, het hulle Hertzog sy gang laat gaan 

Aftrede 

Hertzog was 'n teenstander van Suid-Afrikaanse deelname aan die Tweede Wêreldoorlog. Volgens Hertzog moes Suid-Afrika neutraal bly. Hierin het hy lynreg teenoor Smuts gestaan, wat net soos die meeste Engelse blankes, 'n voorstander was van deelname aan die oorlog aan die kant van Groot-Brittanje. In die kabinet in September 1939 het 7 teen 6 ministers vir oorlogsdeelname  gestem. Hertzog het verwag dat die parlement anders sou oordeel. Maar 80 teen 67 parlementariërs het egter 4 September 1939 vir oorlogsdeelname gestem. 'n Groot deel van die vroeë NP parlementariërs het dus ook ten gunste van die oorlog gestem. Hertzog het dit as 'n nederlaag beskou en afgetree as premier. Op 5 September is Herzog deur Smuts as premier opgevolg. Hertzog het met 37 ander VP lede weggebreek en die Volksparty gestig. Hertzog se Volksparty sou direk daarna weer saamsmelt met Malan se Gesuiwerde Nasionale Party om die Herenigde Nasionale Party (HNP) te vorm. Die hereniging was egter van korte duur. Die verskille tussen Hertzog en Malan was te groot. Hertzog het uit die politiek getree en sy belangrikste ondersteuners sou onder die leiding van N.C. Havenga die Afrikanerparty stig. Hertzog is in 1942 oorlede.

Op 22 Oktober 1951 het die Herenigde Nasionale Party, onder die leiding van D.F. Malan, saamgesmelt met die Afrikanerparty onder leiding van N.C. Havenga onder die 'ou' naam Nasionale Party.

Sterfte 

Hertzog het op 76-jarige leeftyd gesterf.

Familie 

In 1894 trou Hertzog met Wilhelmina Jacoba (Mynie) Neethling en hulle het drie kinders gehad. Een van sy kinders, Albert Hertzog, het in 1969 die 'regse' Herstigte Nasionale Party (HNP) gestig teenoor die 'verligte' Nasionale Party van B.J. Vorster.

Christiaan de Wet

Christiaan Rudolf De Wet (1854 - 1922) was 'n Boeregeneraal tydens die Tweede Vryheidsoorlog. Christiaan de Wet is te Leeukop naby Smithfield in dieOranje-Vrystaat gebore op 7 Oktober 1854.

Vroeë lewe 

Hy het grootgeword op sy pa se plaas, Nuwejaarsfontein, naby Dewetsdorp. Hy het op negentienjarige ouderdom in die huwelik getree met Cornelia Margaretha Kruger en saam het hulle 'n kroos van 16 gehad.

Tydens die anneksasie van Transvaal in 1877 deur Brittanje het hy na die Vredefort distrik in die Oranje Vrystaat verhuis en daarna na Weltevreden naby Koppies en toe weer daarna in 1880 na Rietfontein in die Heidelberg distrik in Transvaal.

Die Eerste Vryheidsoorlog en nadraai 

De Wet was sewe-en-twintig jaar oud met die uitbreek van die Eerste Vryheidsoorlog in 1880. Hy het saam met die Heidelberg Kommando geveg en deelgeneem aan die Slag van Laingsnek, hy het sy dapperheid getoon by Ingogo en met die bestorming van Majuba vroeg in 1881. Na die oorlog en die herstel van Transvaal se onafhanklikheid is hy tot veldkornet verkies. In 1882 het die gesin weer verhuis na die plaas Suikerboskop in die Lydenburg distrik. In 1885 is hy tot die Transvaalse Volksraad verkies. Hy het egter slegs 'n enkele sitting bygewoon aangesien die gesin daarna weer teruggetrek het na die Oranje Vrystaat. In 1896 het hy vir die soveelste maal getrek na die plaas Rooipoort in die Heilbron distrik. In 1889 is hy tot die Vrystaatse Volksraad verkies waar hy die Bowe Modderrivier kiesafdeling verteenwoordig het in 1898.

Tweede Vryheidsoorlog

De Wet was vyf-en-veertig met die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog in 1899. Op die 2de Oktober 1899 is De Wet en sy oudste seun, Kotie, as gewone burgers opgeroep na die Heilbron kommando. De Wet se seuns, Izak en Christiaan het hulself as vrywilligers aangesluit en so het dit gebeur dat die vier hulself vir diens aangemeld het onder Kommandant Lukas Steenkamp.

Guerrilla fase 

In Maart en April van 1900 het De Wet 'n offensief van stapel gestuur wat 'n herlewing in die Boere se stryd ingelui het. Hy het 'n legende geword met sy guerilla-aanvalle in die suidooste van die land.

Vredesonderhandelinge 

'n Konferensie van sestig afgevaardigdes uit die Transvaal en die Vrystaat is op die 15de Mei in Vereeniging gehou waar die Boereleiers beraadslaag het oor die Britse voorwaardes vir oorgawe. De Wet het as President van die Vrystaat waargeneem in plek van die President Steyn wat siek was op daardie stadium. De Wet wou die stryd voortvoer tot die bitter einde.

Na die oorlog 

De Wet het met sy gesin na sy geruïneerde plaas, Rooipoort teruggekeer. In Julie van 1902 het hy sy vrou en kinders in 'n tent op die plaas agtergelaat en saam met Generaal Louis Botha en Generaal de la Rey na Europa vertrek om fondse te gaan insamel vir die weduwees en weeskinders wat deur die oorlog verarm is. Aan boord van die skip het Eerwaarde J D Kestell hom bygestaan met die skryf van sy gedenkskrif of memoires getiteld, De Strijd Tusschen Boer en Brit (wat dan ook later in Engels as die Three Years War gepubliseer is). Die boek het groot sukses behaal en is later in ses ander tale vertaal. Met sy terugkeer het De Wet 'n belangrike rol gespeel in die beweging om Milnerisme in die Vrystaat te beveg. Hierdie pogings het gelei tot die ontstaan van die Orangia Unie in 1906. Toe daar in 1907 aan die "Oranje rivier soewereiniteit" selfbestuur toegestaan is, is De Wet verkies tot lid vir Vredefort en is hy aangestel as Abraham Fischer se minister van Landbou. Hy was 'n afgevaardigde by die Nasionale Konvensie van 1908-09, waar daar beraadslaag is oor die nuwe grondwet vir die Unie van Suid-Afrika. Hy het uit die politiek getree na die totstandkoming van die Unie in 1910 en te Allanvale naby Memel gaan woon waar hy genomineer is om op die Unieverdedigingsraad te dien. Sy vurige persoonlikheid het na vore getree toe dié stoere ondersteuner van Hertzog sy bekende mishoop-toespraak in Pretoria op die 28ste Desember 1912 gemaak het. Die daaropvolgende jaar het hy by die verdedigingsraad bedank. In 1914 toe De Wet en Hertzog die Nasionale Party gestig het, was daar 'n groeiende tweespalt onder Afrikanergeledere.

Die weerstandsbeweging 

In die middel van Augustus 1914 het 'n aantal prominente Boereleiers (genl. de la Rey, luit.kol. 'Manie' Maritz, genl. Beyers, genl. Kemp en genl. De Wet) saamgesweer om 'n staatsgreep uit te oefen. Hulle was gekant teen die deelname van Suid-Afrika in die Eerste Wêreldoorlog en het ook 'n geleentheid gesien om weer onafhanklikheid te verkry. Na 'n insident te Langlaagte waar genl. de la Rey doodgeskiet is het die rebellie in volle swang gekom en het De Wet 'n aantal dorpe ingeval en eiendom in beslag geneem in die Noordoos-Vrystaat. De Wet se seun, Danie, is saam met verskeie ander rebelle tydens 'n skermutseling te Allemanskraal gedood. Genl. Louis Botha se regeringstroepe het die rebellie baie vinnig onderdruk, De Wet het egter ontsnap en met 'n handjievol volgelinge na die Kalahari uitgewyk in 'n poging om by Manie Maritz in Suidwes-Afrika aan te sluit. De Wet is op die 30ste November 1914 op die Waterbury plaas naby Vryburg in hegtenis geneem. De Wet is 'n vonnis van ses jaar en 'n boete van 2 000 pond opgelê wat 'n baie ligte vonnis was. Na ses maande in die tronk is hy begenadig en vrygelaat. Kort na sy vrylating het De Wet sy plaas, Allanvale, verkoop en naby Edenburg gaan woon. Daarna het hy vir die laaste maal na die plaas Klipfontein naby Dewetsdorp verhuis. De Wet is op 3 Februarie 1922 op sy plaas oorlede en langs President Steyn en Emily Hobhouse aan die voet van die Nasionale Vrouemonument begrawe. In dié jaar het die beeldhouer Mendes da Costa in opdrag van die Nederlandse familie, Kröller-Möller, 'n groot standbeeld ter nagedagtenis aan hom in Nederland opgerig, wat nou in die nasionale park 'De Hoge Veluwe' staan. Tydens die herdenking van sy 100ste verjaarsdag is, in Suid-Afrika, 'n brons standbeeld deur Coert Steynberg van De Wet op 'n perd by die Raadsaal in Bloemfontein onthul. Daar is ook talle strate wat na De Wet vernoem is in Suid-Afrika. In Nederland dra in totaal 35 strate sy naam, in Vlaandere 1 (in Antwerpen).

Louis Botha

Genl. Louis Botha (27 September 1862 tot 27 Augustus 1919) het tydens die laaste twintig jaar van sy lewe 'n baie belangrike rol in die politiek vanSuid-Afrika gespeel, onder meer as die eerste eerste minister van die Unie van Suid-Afrika.

Vroeë lewe 

Louis Botha is op Greytown in die teenswoordige KwaZulu-Natal gebore en het as jongman in 1884 aan 'n ekspedisie onder leiding van Lucas Meyer deelgeneem om die hoofkaptein van Zoeloeland, Dinizulu, op sy troon te herstel. Dinizulu het uit dankbaarheid 'n stuk grond aan hulle gegee, waarvan Botha se deel die plaas Waterval naby Vryheid was.

Teen 1894 was hy 'n vooraanstaande lid van die gemeenskap en in 1899 is tot die Parlement verkies. In Oktober van daardie jaar het hy die uitreiking van die ultimatum aan die Britse regering, wat tot die Tweede Vryheidsoorlog aanleiding gegee het, teengestaan. Toe die oorlog kort daarna uitbreek, het Botha egter wel kommandant van die Vryheid-kommando geword onder aanvoering van dieselfde Lucas Meyer, toe 'n generaal, en hy is self ook later tot generaal bevorder.

Tweede Vryheidsoorlog

In 1900 is hy as kommandant-generaal van die Transvaal aangestel en was leier van die Transvaalse afvaardiging by die kongres wat op die Vrede van Vereeniging uitgeloop het. In 1906 is koloniale bestuur aan die eertydse Zuid-Afrikaansche Republiek toegeken. Botha het as leier van die Het Volk-party in 1907 eerste minister geword en met Uniewording in 1910 is hy tot leier van die pasgestigte Suid-Afrikaanse Party verkies, wat hom toe ook eerste minister van die land gemaak het.

Laaste jare 

In sy hoedanigheid as kommandant-generaal van die Unieweermag het hy in Junie 1915, tydens die Eerste Wêreldoorlog, die oorgawe van die Duitse magte in Suidwes-Afrika bewerkstellig. Hy was ook die leier van die Suid-Afrikaanse afvaardiging na die vredeskonferensie in Parys, Frankryk in 1919, wat die Vrede van Versailles tot gevolg gehad het. Hy is kort daarna op 27 Augustus 1919 oorlede.

Nalatenskap 

Botha het nou met lord Alfred Milner saamgewerk om Uniewording te bewerkstellig, waartoe sy matige sienswyse veel bygedra het. Sy pogings om die breuk wat weens die oorlog tussen die Afrikaners en die Engelssprekendes ontstaan het, te herstel, het grotendeels geslaag. Sommige lede van die eerste Uniekabinet, veral genl. J.B.M. Hertzog, was van mening dat hy Afrikanerbeginsels opgeoffer het. Toe Hertzog teen die einde van 1912 weier om te bedank, het Botha self bedank en sy kabinet opnuut saamgestel, maar sonder Hertzog. Hertzog en sy ondersteuners het daarna die Nasionale Party gestig.

Lucas Johannes Meyer

Lucas Johannes Meyer (19 November 1846, Sandrivier – 1902) was 'n boeregeneraal en die president van die kortstondige Nieuwe Republiek en was verantwoordelik vir die stigting van die hoofstad daarvan Vryheid.

Nadat die Nieuwe Republiek opgeneem is in die Zuid-Afrikaansche Republiek is Meyer verkies tot lid van die Volksraad van die Zuid-Afrikaansche Republiek. Hy was oënskynlik simpatiek teenoor die saak van die uitlanders en het soms met Kruger se beleide gebots. Hy het egter wel die wapen opgeneem toe die Tweede Vryheidsoorlog uitbreek en die boeremagte aangevoer wat Dundee in die Slag van Talana aangeval het. By die Slag van Modder Spruit het hy as gevolg van swak gesondheid ineengestort. Nadat hy in Pretoria herstel het, het hy na Natal teruggekeer en boeremagte op die Tugela aangevoer. 'n Gebrek aan vertroue deur sy manskappe lei egter daartoe dat hy van sy bevel onthef word en teruggeroep word na Pretoria. Hy het in die ZAR regering onder Schalk Burger, die waarnemende president, gedien toe dit na Tautesberg in noordoos Transvaal verskuif is in Desember 1901. Hy het ook die kongres tussen die ZAR en die Oranje-Vrystaat bygewoon wat gehou is ter voorbereiding van vredesamesprekinge in April 1902. Hy het die Vrede van Vereniging mede-onderteken in sy rol as lid van die Uitvoerende Raad van die ZAR. 

Hy is in Augustus 1902 oorlede en is in Vryheid begrawe.

Ben Viljoen

Generaal Benjamin Johannes Viljoen (gebore op 7 September 1869 op die plaas Varkiesdraai, distrik Wodehouse, Kaapkolonie - 14 Januarie 1917 La Mesa, Nieu-Mexiko) was 'n Boeregeneraal in die Anglo-Boereoorlog.

Hy het in 1890 na Johannesburg verhuis. In 1896 het hy die Krugersdorpse Vrywilligerskorps gestig en saam met hulle die Jameson-invallers en ander swart kapteinskappe teengestaan.

Hy was ook Krugersdorp se lid in die Volksraad en het Paul Kruger teengestaan oor sy siening aangaande die uitlandergeskil.

Tweede Vryheidsoorlog 

Met die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog het en sy korps eerstens diens gedoen in Natal, maar toe die front afbreek het hy hom aangesluit by die ander Boere om die opmars van die Britte na Pretoria te stuit. Met die einde van die konvensionele fase van die oorlog het hy 'n mag aangevoer saamgestel uit mense van Johannesburg, Kugersdorp en Boksburg in die Noord- en Oos-Transvaal. Hy was uiters suksesvol en is in November 1900 as assistent kommandant-geeneraal aangestel, die naas hoogste rang in die boeremagte. Hy is uiteindlik gevange geneem in lokval op 25 Januarie 1902 op Lydenburg.

Vanaf Januarie tot Mei 1902 was hy 'n gevangene op Sint Helena waartydens hy sy biografie "My Reminiscences of the Anglo-Boer War" geskryf het. Anders as die ander boere generaals was hy nie 'n grondeienaar nie en het hy gesukkel met sy terugkeer na Suid-Afrika. Hy het ook geweier om Britse burgerskap te aanvaar wat dit vir hom onmoontlik gemaak het om 'n openbare loopbaan te hê.

VSA 

Viljoen het in 1904 na die VSA vertrek, saam met genl. Piet Cronjé (van Paardeberg faam), om deel te neem aan die St Louis wêreldskou waar hulle die sogenaamde "Boere-sirkus" - 'n uitbeelding van gevegte tydens die Anglo-Boere-oorlog - aangebied het. Na afloop van die skou het hy hom in die VSA gevestig. Sy vrou Lenie (née Els) het egter geweier om Suid-Afrika te verlaat. Hulle is van mekaar geskei, maar hy het later weer getrou met 'n Amerikaanse dame, Myrtle Dickason. Hy is Amerikaanse burgerskap aangebied en het president Theodore Roosevelt in dieWit Huis ontmoet. Hy het probeer om 'n boerenedersetting in die noorde van Meksiko te stig, maar dit het misluk.

Sy ervaringe tydens die Anglo-Boere-oorlog het hy verwoord in sy boek "Mijne Herinneringen aan die Anglo-Boeren Oorlog", wat ook in verskeie tale vertaal is en beskou word as een van die mees realistiese weergawes van die ABO vanuit die Boere-oogpunt.

Daarna het hy teruggekeer na die VSA en hom gevestig naby La Mesa in die staat Nieu-Meksiko. Hy het Amerikaanse burgerskap aanvaar en in plaaslike politiek betrokke geraak. Hy was betrokke tydens die besprekings van 1912 waarna Nieu-Meksiko die 47ste staat van die VSA geword het. Tot en met sy aftrede in 1913 was hy vir 'n kort rukkie die Konsul in Duitsland asook die militêre adviseur vir die Meksikaanse rewolusionêr, Francisco Madero wat in 1913 in 'n teenrevolusie dood is. Hy is op 14 Januarie 1917 op sy plaas oorlede en in die Vrymesselaarsbegraafplaas in La Mesa begrawe.

Piet Cronje

Generaal Piet Arnoldus Cronje (1840 - 4 Februarie 1911) was 'n leier in die Zuid-Afrikaansche Republiek se militêre magte tydens die Eerste- en Tweede Vryheidsoorlog.

Cronje is in die Transvaal gebore en het in die Eerste Vryheidsoorlog 'n reputasie vir homself verwerf met die beleëring van die Britse garnisoen by Potchefstroom. Hy het 'n kenmerkende voorkoms gehad aangesien hy kort met 'n swart baard was en het 'n reputasie gehad van as iemand wat baie dapper was.

Hy was in bevel van 'n mag wat Jameson by Dorinkop omsingel het tydens die voltrekking van die Jameson-inval op 2 Januarie 1896. Gedurende die Tweede Vryheidsoorlog was Cronje meestal in beheer van die westelike oorlogsverhoog. Hy het die beleëring van Kimberley en Mafeking van stapel gestuur. By Mafeking het hy die dorp met 'n mag wat tussen 2 000 en 6 000 gewissel het teen 1 200 gewone troepe en militia onder bevel van Kolonel Robert Baden-Powell beleër. By die Slag van Magersfontein vroeg in Desember 1899 het hy die aanval op sy posisie suksesvol afgeweer en sodoende die noordwaartse vooruitgang van die Britse kolom vir twee maande gestuit. In Februarie 1900 weerstaan hy Lord Roberts se mag by Magersfontein maar kon nie daarin slaag om die bevryding van Kimberley te verhoed nie en moes hy terugval tot naby Paardeberg waar hy na 'n hardnekkige stryd moes oorgee. Na sy oorgawe met 4 000 man op 27 Februarie 1900 is hy as krygsgevangene in hegtenis geneem en na Sint Helena gestuur waar hy gebly het tot met die voltooiing van vredesamesprekinge in 1902. Met die oorgawe het byna 'n kwart van die Boeremagte in Britse hande geval en Cronje is veroordeel vir oordeel wat gelei het tot die nederlaag.

In 1904 het die sirkuspersoonlikheid, Frank Fillis, Cronje gewerf om na Amerika te reis as deel van die sogenaamde Boereoorlogsirkus (Engels: Boer War Circus). In 'n opvoering wat deur twee-miljoen mense by die World's Fair in Sint Louis gesien is het Cronjé opgetree in vertonings oor beroemde veldslae van die Boereoorlog insluitend sy oorgawe by Paardeberg. In wat 'n treurige einde aan sy loopbaan was, het Suid-Afrikaanse koerante hom die teen die einde van die World's Fair die sirkusgeneraal genoem en het hy na Coney Island gegaan waar hy in nog 'n skouspel tentoongestel is, eerder as om terug te kom na Suid-Afrika.

Boere Helde

Frederick (Fritz) Joubert Duquesne

Die Swart Luiperd, The man who killed Kitchener, FBI Most Wanted, Duquesne Spy Ring – hierdie is maar net ’n paar terme wat geassosieer word met een van die mees opspraakwekkende karakters in die Afrikaner se geskiedenis. 

Daar is heelwat verhale oor Fritz Joubert Duquesne (uitgespreek Doe-Kyn) geskryf en verskeie van die stories kom nie altyd ooreen nie. Ons het ondersoek ingestel om hierdie ongelooflike karakter se lewensverhaal vir u, die leser, bekend te maak. 

Frederick (Fritz) Joubert Duquesne was op 21 Desember 1879 te Oos-Londen gebore. Sy ouers was welgesteld en hy was familie van genl. Piet Joubert. 

Hy het grootgeword in Nylstroom en was op ‘n jong ouderdom na ‘n koshuis in Engeland gestuur. Op die ouderdom van 17 was hy by die London University ingeskryf en ‘n jaar later het hy na Brussels verhuis waar hy by ‘n militêre universiteit studeer het. 

Duquesne, nog net ’n seun, het gedurende hierdie tydperk bekend gestaan as die beste swaardvegter in die hele Europe en het in drie van die opgetekende gevegte sy opponente gedood! 

In 1899 keer hy terug na die Z.A.R., net betyds vir die uitbreek van Tweede Vryheidsoorlog. Hy word deel van sy oom genl. Piet Joubert se staf en was later naby Ladysmith gewond. Hy herstel egter vinnig en neem verder deel aan die oorlog. 

By die slag van Colenso word hy deur die Britte gevang maar hy ontsnap op heroïese wyse nadat hy talle soldate uitoorlê het en ’n wag in die proses noodlottig gewond het. Hy was later weer gevang en weereens ontsnap hy voor die aanvang van die kryg verhoor.

Tydens die slag van Bergendal word hy tesame met die Boeremagte oor die grens in Mosambiek ingedryf. Die Portuguese neem hom gevangene en stuur hom na ‘n tronk Lisbon, Portugal. 

Net voor hy gevang was het hy na bewering waens met onskatbare hoeveelheid goud iewers in die Laeveld weggesteek sodat die Britte dit nie in beslag kon neem nie. Hierdie goud was op pad na Europa om wapens en ammunisie vir die Boeremagte aan te koop. Die goud is tot op hede nog nie gevind nie. 

In Portugal verlei hy die tronkbewaarder se dogter en sy help hom ontsnap. Hy vlug na Parys, Frankryk, en hier sluit hy aan by die Afrikanervereniging. Duquesne besluit toe om die Britse magte te infiltreer. Hy sluit in 1901 aan by die Britse weermag en word vinnig bevorder as offisier. Spoedig reel hy dat hy terug gestuur word na die Z.A.R. op die Britte se onkoste! 

Op Transvaal s’ bodem tref hy reëlings dat hy na die Nylstroom-distrik gestuur word. Hier het sy haat vir Lord Horatio Kitchener ontstaan vanweë die geskroeide aardebeleid en die konsentrasiekampe. Hy vind sy familieplaas verbrand, sy suster verkrag en vermoor en sy moeder sterwend in ‘n konsentrasiekamp in Germiston. In latere jare erken hy dat hy vir Kitchener persoonlik verantwoordelik gehou het vir die ramp wat sy familie getref het asook die 27 000 Afrikanervroue en –kinders wat in die Britse helkampe gesterf het. 

Dit is nie duidelik hoeveel inligting hy op hierdie stadium aan die Boeremagte gegee het nie. As Britse offisier het hy sonder twyfel toegang tot heelwat waardevolle inligting gehad. Sy bynaam onder Afrikaners was die “Swart Luiperd” omrede sy donker hare en die heldhaftige wyse waarop hy die Britse Intelligensiediens male sonder tal ontduik het deur vertroulike inligting suksesvol aan sy Boere-kamerade te gee. Die Britte het geweet dat daar ’n Boere-spioen in hul midde was maar hulle kon Duquesne nooit vastrek nie. 

Steeds in Britse uniform, word hy na Kaapstad verplaas waar hy  besluit het om die hawe en groot dele van die stad op te blaas. Hy was ‘n man wat mense maklik beïnvloed het en kry dit reg om ‘n groep Afrikaners bymekaar te maak vir sy beplande sabotasie van Britse militêre teikens in die Moederstad. Sy planne word egter ontbloot nadat ‘n vrou van een van sy manskappe die Britte daarop attent gemaak het dat hy ’n sabotasie komplot beplan. Die Britte maak toe ‘n aanbod aan hom: indien hy die Boere se geheime militêre kodes ontleed sal hulle sy lewe spaar. Hy ontleed dit maar gee valse inligting vir die vyand. 

Daarna was hy na Bermuda gestuur as krygsgevangene. Kort na die Vrede van Vereeniging in 1902 ontsnap hy met die hulp van die jong Anna Maria Outerbridge, wie hy ook verlei het, na die VSA. 

In New York het hy gewerk as ‘n joernalis en omrede hy Russies magtig was, het die koerant hom gestuur om verslag te lewer oor die Russies-Japanese oorlog. Fritz kon onder andere ook Frans, Duits, Portugees en Hollands vlot praat. 

Hy het naam gemaak in die VSA as ‘n grootwildjagter en was ook bevriend met pres. Theodore Roosevelt, wie hy gereeld raad gegee oor jag. 

Ook het hy hom voorgedoen as ‘n Australiese soldaat, “Captain Claude Stoughton”, en het geld verdien deur op reis te gaan en lesings aan te bied oor verskeie oorloë waarin hy betrokke was. 

Gedurende die Eerste Wêreldoorlog verhuis hy na Brasilië as die wetenskaplike “Frederick Fredericks” om rubberbome te bestudeer. Hy het natuurlik geweet dat die Britte baie skepe het wat voorraad vanaf Suid-Amerika na Europa vervoer om sodoende hul oorlogspoging aan die lewe te hou. Na bewering het hy meer as 20 Britse skepe vernietig met die gebruik van tydbomme, o.a. HMS Salvador, HMS Pembrokeshire, HMS Tennyson en die HMS Vauban. 

In 1916 plaas hy ‘n berig in ’n Britse koerant dat “Fritz Duquesne deur die Amasone Indiane in Bolivia vermoor was”. Hy vertrek kortliks daarna na Engeland en doen hom voor as die Rus “Graaf Boris Zabrefski”. Dit is tot vandag toe nog onduidelik hoe Duquesne in aanraking gekom het met die Duitse Intelligensiediens maar hy was op hierdie stadium beslis ’n Duitse spioen. 

In Londen reël hy dat hy saam met Lord Kitchener aan boord die HMS Hampshire reis na Rusland. Op die hoë see gaan hy te werke om vir ‘n Duitse duikboot ’n aanvalsein te stuur. Hy verlaat die skip net betyds voor ’n torpedo-aanval die HMS Hampshire sink. Duquesne se lewensideaal word verwesenlik: Kitchener is dood! 

Duquesne ontvang later die Ysterkruis vir dapperheid by Keiser Wilhelm vir die rol wat hy gespeel het om van Lord Kitchener ontslae te raak. 

Omrede meeste van sy familielede in die Z.A.R. deur die Britte vermoor was het hy nooit weer teruggekeer na sy vaderland toe nie. Hy was later in Amerika gevang maar het homself voorgegee as ’n verlamde en na twee jaar in ‘n tronk vir gestremdes het hy weer ontsnap. 

In 1941, tydens die Tweede Wêreldoorlog, het die FBI hom weer vasgetrek nadat hy verantwoordelik was vir die grootste spioenasie komplot in die Amerikaanse geskiedenis: The Duquesne Spy Ring. 

Hy was skuldig bevind van sabotasie op Britse militêre teikens. Hy het homself verdedig  gedurende die verhoor en sy lewe was gespaar omrede die hof bevind het dat al sy teikens slegs teen Britse belange was en dat hy wraak gepleeg het teen die  Britte se oorlogsmisdade teen die Afrikanervolk tydens die Tweede Vryheidsoorlog. 

Op die ouderdom van 62 het Fritz nie weer ontsnap nie. Hy was 13 jaar later in die tronk oorlede. 

Dit gaan die verstand te bowe dat ons nie op skool geleer was van kapt. Fritz Joubert Duquesne se merkwaardige lewe nie

Cornelis Broeksma

Nog 'n onbekende held uit ons verlede is Cornelis Boekstra. Gebore op 13 Augustus 1863 in Assen, Nederland. Hy gaan skool in Holland en immigreer na Suid-Afrika gedurende 1882 toe 19 jaar oud. In die Oranje Vrystaat werk hy as 'n klerk in die Bloemfonteinse kantoor van die staats prokureur. Hy leer regte en kwalifiseer in 1886. Hy verhuis na Dewetsdorp en begin sy eie prakryk. In 1891 trou hy met die sewentien jarige Francina Vionel. Hul eerste kind word in 1892 gebore.

In 1895 na die geboorte van hul tweede kond woon hulle in Pretoria, daarna verhuis hulle na Johannesburg. Teen hierdie tyd was hy Staats aanklaer. Broeksma was 'n Republikein en 'n groot Ghristen wat homself teen die gebruik van drank uitgespreek het.

Gedurende die Anglo Boere Oorlog hoor hy van die konsentrasie kampe en gaan besoek die kampe in en om Johannesburg. Hy maak notas van die sterfte syfers en stuur dit in kode vorm na koeranta in Londen via Amsterdam, maar dit beland in die hande van die Engelse.

Hy word gearresteer en van hoogverraaad aangekla. Kitchener het aangedring dat hy in die publiek terreggestel word en Broekstra sterf voor 'n vuurpelleton by die Fort in Johannesburg op 30 September 1901. Hy word daar begrawe maar sy graf is op Nederlandse versoek opgegrou en hy is in die Braamfonteinse grafplaas begrawe

Piet Potlood

As magistraat het ek met kommandodag
op Prieska reeds baie mense met
die hand gegroet toe meteens ‘n klein
verskrompelde mannetjie voor my
staan. Hy word voorgestel: “ Mnr. Piet
Beukes.” “Mnr. Piet Beukes?” vra ek.
“Ja, burger Piet Beukes, of sal ek sê,
Piet Potlood?” “Piet Potlood, my
wêreld man, is dit jy?” Ek draai na die
kommandant. “Vriend, ek sal later
verder groet, nou moet ek eers gesels.”
Hy lag. “Daarom het ek vir Piet laaste
bekendgestel.” Ek druk die mannetjie
in ‘n stoel langs my: ” Warempel
kêrel, dis ‘n verrassing! Wat het van
jou geword nadat jy die tronk
opgeblaas het?”
Hierdie Piet was ‘n welgestelde met ‘n
gawe familie maar as kind het hy baie
swaar gekry. Ek onthou hom nog: ‘n
jammerlike voëlverskrikker van ‘n
kêreltjie, so krom en maer soos ‘n
verkluimde windhond. Met die
uitbreek van die Engelse Oorlog was
hy omtrent 15 jaar oud, met sulke ou
dun armpies en bene. As jy met wil
baklei dan hardloop hy weg. En tog
kon hy meer optel as die grootste seun
en twee groot seuns kon hom nie
vashou as hy wou wegkom nie. Sy
vernaamste kenmerke daardie tyd was
oë wat altyd rooi was en ‘n neus wat
altyd gedrup het. Eintlik was die
gedurige gesnuif maar van pure
senuweeagtigheid. Piet het by ‘n oom
gewoon, ou Carel Vlotsma, die dronklap
van die dorp. Maar nou moet ek
eers ‘n paar woorde oor ons ou dorp
Potchefstroom sê, die eerste hoofstad

van ons ou Republiek.
Dit was ‘n waardige dorp met ‘n goeie
landros. Wes-waarts het die pad na
Klerksdorp se kant toe verby die tronk
gegaan, toneel van Piet se kordaatstuk
toe hy....maar wag ons kom nog daarby.
Kort duskant die Noorbrug het daar ‘n
pad die dorp verlaat in die rigting van
Ventersdorp. Hierlangs het die
“burgerregte” gelê, watererwe wat
vroeër uitgedeel is aan burgers wat aan
die kafferoorloë deelgeneem het. Dit
was arm maar goeie mense wat hier
gewoon het. Dis hierv waar Piet
Potlood se vroue-kommando wat die
Engelse gestorm het toe .... nou ja, waar
hul vandaan gekom het.
Ou Carel en Piet het in die een
‘ondergedeelte’ van die dorp gewoon,
naby die Vlei, ‘n woesteny van water en
riet. Hier was ook die Duiwelsgat, ‘n
grusame plek met water so swart soos
ink en so dik soos etjiesop. Geen seun
wou ooit binne honderd tree van dié
plek af kom nie, behalwe..... Piet
Potlood. Dis hier waar Piet die berugte
Zulu-spioen Nyati ....
Ieder geval, kort voor die oorlog het
Piet sy eerste werk gekry as aflewerseun
by ou Garlick, die winkelier. Hy
was nou skoon, sy hare was gesny en
vir sy drupneus het hy ‘n behoorlike
sakdoek gehad. Maar alewig was daar,
nes die hoofklerk van die winkel, ‘n
potloodstompie agter sy oor. Vandaar
sy permanente bynaam ‘Piet Potlood’.
Met die uitbreek van die oorlog het
Garlick se winkel egter gesluit en Piet

was weer op straat. Gedurende die
eerste maande van die oorlog het ons
hoera geskree maar toe begin dinge
misloop. Eendag was die Engelse
daar. Die gewapende burgers in die
dorp was moedeloos en het ‘n eed
geneem dat hulle nie weer sou veg
nie. Voor die landroskantoor moes
hulle wapen neerlê en kon dan
huistoe gaan. Die hoop geweers is
met lampolie aan die brand gesteek.
Die houtkolwe het natuurlik verbrand
maar die lope en slotte was
ongedeerd. Weke lank het die hoop
ou yster daar gelê en stilletjies al
minder geword. Die Engelse het ‘n
aanval van Genl De Wet verwag en
was te besig om hieraan aandag te
gee. Een môre toe ons wakker word
was die Boere weer daar. Die meeste
burgers sluit dadelik weer aan.
Maar waar is die stukkende geweers
dan nou? Hulle kort tog net ’n kolf
om weer te kan skiet. Lubbe, wat
reeds een geweer reggemaak het, sê
skielik: “Piet Potlood moet weet. Hy
het elke dag daar rondgestaan.” Piet
word gehaal. “Ja, ek het hulle vir die
Boere gebêre!” Almal lag. Piet ‘n
volks-held? Maar die geweers is
herstel en drie weke later op die plein
aan Genl. De Wet oorhandig. Hy het
‘n kort toesprakie afgesteek en toe
roep hy: “Piet Beukes!” Van agter het
Piet deurgedruk tot voor die
Generaal. “Piet, jy het ‘n knap ding
gedoen! Potchefstroom behoort trots
te wees op sy seun!” Vir Piet was dit
die begin van ‘n nuwe lewe....

Bron: Volksbraandwag

Die vyf swemmers

Daar het 'n hele paar jaar terug 'n boek verskyn 'Die vyf swemmers' wat gebaseer is op 'n ware verhaal. Die gaan oor 'n groepie boere soldate wat in generaal de wet se kommando was maar deur die engelse gevang is. Hulle is toe op 'n skip geplaas oppad Ceylon(vandag Sri Lanka) toe. In die hawe by Ceylon het hulle 'n merkwaardige ontsnappingspoging van stapel gestuur. Hulle het van die skip af gespring en na 'n russiese skip toe geswem. Op die russiese skip is hulle soos helde ontvang. Met russiese en duitse hulp het hulle via europa weer teruggekeer Suid-Afrika toe en is deur suid-wes terug Noord-Kaap toe. Daar sluit hulle by generaal Maritz aan en veg weer teen die engelse!

Een van hulle is noodlottig gewond in die oorlog, maar die ander vier oorleef almal en die hoofkarakter, Willie Styen is meer as veertig jaar later oorlede nadat hy nog groot bydraes in Suid-Afrika gemaak het. Merkwaardige storie!

Indien u kan uitbrei hierop Kontak my asb.

Foto's

Klank en Video

 

 

&

 

 

Vlae

Voortrekker Vlag

Die vlag van die hertog van Boergondië was ‘n rooi oorhoekse St. Andrews kruis op ‘n blou agtergrond. Hierdie vlag is moontlik deur die Franse Hugenote na Suid-Afrika gebring en het dan ook as die “Kruisvlag” bekend gestaan. Dit het later ook as die “Voortrekker-”, “Potgieter-” en “Schoemanvlae bekend gestaan. Daar is bewerings dat die naam “Boer” van die staat Boergondië afkomstig is. Alhoewel daar nie van vlae by die Voortrekkers melding gemaak word nie, kan juis die benaming “Voortrekkervlag” aanduidend wees daarvan dat hierdie vlag moontlik deur die Voortrekkers gebruik is. Hendrik Potgieter was ‘n groot voorstander van hierdie vlag en sou dit sonder twyfel by hom op trek gehad het. Later het Stephanus Schoeman dit ook in Soutpansberg gebruik. Die Genootskap van Afrikaner Simbole het besluit dat die vlag “Die Voortrekkervlag” sal heet aangesien dit die mees neutrale naam van die vier is en dat die naam Voortrekker dan daardeur in ons heraldiese geskiedenis bewaar word.

Vlag van Natalia

Toe die Voortrekkers in Natal aankom, was die Nederlandse rooi, wit en blou heel moontlik by hulle. Maar hulle het gevoel dat dit eintlik die vlag van die stamland was en dat hulle 'n eiesoortige vlag moes hê. Hulle wou steeds 'n eie identiteit hê. Die gevolg was 'n baie mooi en unieke ontwerp: 'n rooi, wit en blou gepunte of swaelstert vlag wat eiesoortig in ontwerp in die wêreld is. Wie hierdie pragtige vlag ontwerp het, weet ons tot vandag toe nie. Op 3 Desember 1838 annekseer Maj. Charters egter die Natalse gebied namens Brittanje. Slegs 21 dae daarna besluit die Britte om hulle te onttrek. Toe die eerste Britse troepe die hawe van Port Natal op die skip die "Vectia" op 24 Desember 1839 verlaat, was daar 'n Franse handelsreisiger aan boord met die naam Delagorgue. Hy beskryf die vlag so: "The pole that carries the flag on the fort now bears a new unknown flag, a combination of French and Dutch colours, similar to the Dutch, but placed transversely." Toe die Vectia die hawe uitvaar het die Boere 'n saluut van vyftig kanonskote gevuur om hul heerskappy te bewys. Op 14 Februarie 1840 word die Republiek Natalia amptelik gestig en word die vlag van Natalia in gebruik geneem. Byna twee jaar later op 2 Desember 1841, annekseer Brittanje, Natalia weer. Hierna trek die meeste Boere weg na die gebiede van die Oranje Vrystaat en die Transvaal. Hulle moes egter hierdie vlag met hulle saamgeneem het, want later is dit as amptelike vlag van die Voortrekker jeugbeweging ingestel.

Vlag van die Republiek van die Vrystaat

SIMBOLIEK

Die Vrystaatvlag in die middel van die streekskruis simboliseer die vryheidstryd van die Vrystaters vanaf volksplanting tot vandag sowel as die geografiese gebied van die Vrystaat waarbinne Vrystaters hulself vandag demografies bevind.

GESKIEDENIS(1857 - vandag) Pres. Hoffman skryf in 1854 aan prof. U.G. Lauts, wat die Vrystaatse konsul in Nederland was, en aan koning Willem III dat die naam van die Huis van Oranje in die naam van die Republiek vereer is. Die koning se raadgewers moes nou besluit of die Huis van Oranje verteenwoordig moet word of die vlag of die stamland, Nederland. Intussen is Pres. Boshoff benoem as president en hy “weet glad niks van het verzoek” van Pres. Hoffman nie! Hy bestel ‘n vlag en ‘n grootseël van die Kaapse goewerneur. Intussen stuur Nederland ‘n gesant, ene Hiddingh na die Vrystaat met die vlag en die grootseël van die koning. Hierdie vlag en grootseël kom toe per ossewa na ‘n reis van ‘n maand in Bloemfontein aan saam met die vlag en die grootseël wat deur die Kaapse goewerneur vir die Vrystaat ontwerp is! Wat nou gemaak? Die koning kon nie beledig word deur sy ontwerpe te verwerp nie, net so min kon die goewerneur se ontwerpe verwerp word. Daar is toe besluit om die Koning se vlagontwerp te aanvaar en die goewerneur se grootseël. Die vlag wat aanvaar was het aanvanklik vier oranje bane tussen drie wit bane gehad met die rooi, wit en blou kanton bo teen die broeking maar is later verander na drie oranje bane tussen vier wit bane met die rooi, wit en blou kanton in die ereplek.

AMPTELIKE BESKRYWINGDie vlag is in die verhouding 2:3, en bestaan uit ewe groot, horisontale bane, waarin vier wit en drie oranje bane met mekaar af gewissel word. Bo teen die vlagpaal, verander die kleure van die eerste drie bane na rooi, wit en blou. Die lengte van hierdie anders gekleure bane, is 3:2 met die breedte daarvan.

Transvaalse Vierkleur.

SIMBOLIEK

Die Vierkleur aan die wapperkant van die vlag simboliseer die vryheidstryd van Transvalers sowel as Noord-Natallers, vanaf volksplanting tot vandag asook die geogafiese gebied van die Transvaal waarbinne Transvalers hulself vandag demografies bevind.

GESKIEDENIS(1857 - vandag) In 1855 is 'n komitee benoem om 'n grondwet en vlag vir Transvaal saam te stel. Op die komitee het o.a. gedien Jacobus Stuart as voorsitter met Ds. Dirk van der Hoff in 'n raadgewende hoedanigheid asook ’n jong seun met die naam Paul Kruger as lid van die komitee. In 'n onderhoud wat gevoer is met 'n dogter van Martinus van der Hoff, broer van Ds. Van der Hoff, het sy onthul dat die Vierkleur deur haar pa en Jacobus Stuart ontwerp is in opdrag van bogenoemde komitee. Volgens haar het haar vader hierdie gebeurtenis persoonlik aan haar meegedeel. Die vlag is dus deur Ds. vd Hoff se broer ontwerp en nie deur homself soos deur verskeie ander bronne aangegee nie. Die groen vertikale baan wat deur Van der Hoff en Stuart aangebring is, was om goeie hoop te simboliseer. Aan Sy Majesteit, die koning van Nederlande, skryf Pres. Pretorius op 10 Januarie 1857: Onze vlag is boven rood, midden wit, onder blaauw horisontaal en eene groene strook ter halver breedte an eene der drie kleuren, langs den stok perpendicular, aan deze vasgehecht. “Ons het goeie hoop, dat ons, met God se hulp in die reinheid en suiwerheid van bedoelings ons vryheid sal behou, en bid tot God dat geen menslike mag hierdie vryheid van ons sal ontneem nie! Op 6 Januarie 1857 is die vlag amptelik in gebruik geneem. Die Volksraad bekragtig dit dan ook met hierdie bewoording: "Is besloten dat eene vlag voor de Zuid-Afrikaansche Republiek aangenomen zal worden, bestaande uit de volgende kleuren: Rood, Wit en Blaauw, horizontaal - even breed en boven elkanderen gesteld en groen perpendiculair langs den stok”. Daarop zullen de woorden geplaatst worden; “EENDRACHT MAAKT MACHT” Die bepaling dat hierdie woorde op die groen baan geplaas moet word is later verander deur die woorde op die leuselint onderaan die staatswapen te plaas.

AMPTELIKE BESKRYWINGDie vlag is in die verhouding 2:3, en bestaan uit drie horisontale bane, almal ewe breed, waarvan die boonste rooi is, die middelste wit, en die onderste groen. Langs die vlagpaal, is 'n donker groen vertikale baan wat oor al drie horisontale bane gaan, en een en 'n kwart keer so breed is as die horisontale bane.

Nog Feite

Het u geweet dat die politieke figuur Mohandas Gandhi ook by die ABO betrokke was ?

Mohandas Gandhi

Waarskynlik die beroemdste persoon wat in die Anglo-boereoorlog diens gedoen het was nie ‘n generaal van die Britse mag nie, en ook nie ‘n oorlogsheld van die Boere magte nie. Hy het gedurende die beleg van Ladysmith as ‘n nie vegtende diens vir die keiserlike magte gedoen.

Baie Suid Afrikaners was vasgevang in die gebeure van die Anglo-boereoorlog. Tussen hulle was die Uitlanders wat na Johannesburg gekom het gedurende die goudstormloop van die 1860's en 1870's.

Baie van die Uitlanders het nie rondgestaan om onskuldige bystanders te word nie. ‘n Klomp het by die Boere aangesluit as simpatieke ondersteuners. Ander het by die Britse magte aangesluit in óf vegtende, óf nie vegtende hoedanigheid. Baie het net eenvoudig na Natal of die Kaapkolonie gevlug om beskerming en veiligheid op te soek.

Die Britse magte het vele probleme met die logistiek ondervind wanneer hulle teen die Boere magte gemobiliseer het. By verre was hul grootste probleem die beweeglikheid van die magte oor die ongetemde Suid Afrikaanse terrein. Om ‘n mag van 30,000 manne van Durban na Ladysmith te marsjeer het baie meer behels as om eenvoudig trein kaartjies te koop. Swaar kanonne moes vervoer word, terwyl ammunisie, klere, kos voorrade en ander basiese benodighede saamgebring moes word. Die Britse mag het die meeste van die tyd die toerusting en voorrade per trein vervoer. Muilwaens en ossewaens was gebruik om voorrade van die naaste stasie na die slagvelde te neem.

Die een aspek van die oorlog wat meesal misgekyk word deur die gewone man (en die Britse oorlog meesters), is die vervoer van die gewondes en dooies terug na die hospitale. Die Oorlog Kantoor se ambulans kon nie die modderige en klipperige terrein van die Natal hanteer nie. Buller het gou ‘n nuwe plan gemaak. Hy het 2,000 mense, meesal Uitlanders wat vanaf Johannesburg gevlug het, as “lyksgrypers” aangestel. As leier het hy ‘n ambisieuse 28 jaar oue Indiese man, wat sy gewilligheid om sy lojaliteit aan die koninklike magte te bewys, aangestel. Hierdie man was niemand anders as Mohandas Gandhi. 

En dan om mee af te sluit...........Hoe het die Engelse skrywer, Sir Arthur Ignatius Conan Doyle die Boerenasie opgesom?

Sir Arthur Ignatius Conan Doyle ... The Great Boer War

TAKE a community of Dutchmen of the type of those who defended themselves for fifty years against all the power of Spain at a time when Spain was the greatest power in the world. Intermix with them a strain of those inflexible French Huguenots who gave up home and fortune and left their country for ever at the time of the revocation of the Edict of Nantes. The product must obviously be one of the most rugged, virile, unconquerable races ever seen upon earth. Take this formidable people and train them for seven generations in constant warfare against savage men and ferocious beasts, in circumstances under which no weakling could survive, place them so that they acquire exceptional skill with weapons and in horsemanship, give them a country which is eminently suited to the tactics of the huntsman, the marksman, and the rider. Then, finally, put a finer temper upon their military qualities by a dour fatalistic Old Testament religion and an ardent and consuming patriotism. Combine all these qualities and all these impulses in one individual, and you have the modern Boer-the most formidable antagonist who ever crossed the path of Imperial Britain. Our military history has largely consisted in our conflicts with France, but Napoleon and all his veterans have never treated us so roughly as these bard-bitten farmers with their ancient theology and their inconveniently modern rifles.

Dis sommer LEKKER om 'n Boer te wees.

 

 

 

KONtak